Tandarts weer skuldig aan seksdade met kind 

Ian Venter. Foto: Facebook

Dr. Ian Venter, ʼn tandarts van George wie se naam reeds in die nasionale register van seksoortreders verskyn en op die oomblik onder korrektiewe toesig is, is in die streekhof skuldig bevind aan die seksuele aanranding van ʼn minderjarige kind.

Hy sal waarskynlik in Junie hoor wat sy lot is. Venter is reeds in 2014 in die streekhof in Thembalethu, George, vir ʼn ander voorval tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis. Hy is destyds skuldig bevind op ʼn aanklag dat hy seks met ’n 15-jarige seun gehad en ook pornografie aan hom gewys het. Van die voorwaardes van sy vonnis was dat hy nie minderjariges in sy praktyk as tandarts mag behandel nie.

Die jongste skuldigbevinding spruit uit ʼn voorval op die aand van 11 April 2015 toe hy ʼn 13-jarige seun wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het. Die seun het die aand saam by die Venters braaivleis gehou.

Streeklanddros Frances Makamandela het Woensdag, nadat sy Venter skuldig bevind het, die saak tot 6 Junie uitgestel vir ʼn voorvonnisverslag. Sy het Venter se borgtog verleng met streng voorwaardes.

Verteenwoordigers van die organisasie Green Hearts, wat hul beywer vir kinderbeskerming, het Woensdag se verrigtinge bygewoon.

Makamandela het in haar uitspraak ʼn oorsig gegee van die getuienis wat gelewer is en die redes vir die gevolgtrekking waartoe die hof gekom het.

Daaruit blyk dit dat daar die aand ʼn braaivleisete by Venter se huis gehou is. Die seksuele aanranding het later die aand plaasgevind nadat almal al gaan slaap het. Die klaer was ontsteld en is daarna huis toe, wat nie ver daarvandaan is nie.

Die klaer wou eers nie oor die voorval praat nie, maar het die saak tog later by die polisie aangemeld. Venter het tydens die saak ontken dat so ʼn voorval plaasgevind het.

Makamandela het gesê die seun het in sy getuienis intelligent oorgekom. Sy volwassenheid het deurgeslaan in van sy antwoorde en hy het homself nie weerspreek nie. Sy getuienis was nie gefabriseer nie en hy was eerlik.

Volgens die landdros het Venter homself weerspreek en was soms ook vaag in sy antwoorde. Voorts het hy by tye sy weergawe van gebeure verander.

Venter is in 2012 ook skuldig bevind aan dronkbestuur. John Gillespie, Venter se regsverteenwoordiger, het ná die skuldigbevinding aan die hof gesê Venter is die enigste persoon wat kan omsien na sy minderjarige kinders. Sy eggenoot het ʼn paar jaar gelede in tragiese omstandighede gesterf.

Staatsaanklaer JJ Marx het gesê Venter se ma kan help met die kinders. Die kinders is nie uitgelewer aan hulself nie.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

christa ·

hoe kan ouers toelaat dat kinders met grootmense verkeer. HOekom nie met sy eie porteer kuier nie. Deesdae is kinders meer in grootmens geselskap as tussen hulle eie maats. Skoolkinders gaan uit met girl/boy friends wat uit die skool is en ouers dink dis oulik. Ek glo laat kinders kind bly solank moontlik. Die lewe daar buite is woes genoeg vir die tyd wanneer hulle daarkom om te hanteer

KAS ·

Hy was reeds voorheen vir soortgelyke misdaad gevonnis.’n Jaarlater doen hy dit weer.Hoekom was hy dan toegelaat om nog te praktiseer want hy was verbied om minderjarige pasiente te behandel.Ek aanvaar die jongste slagoffer het by die dokter se kinders gekuier.Die ouers van die slagoffer moes seker geweet het van die vorige skuldigbevinding of nie

kas ·

Christa wat jy opper maak sin.Is daar regtig nie ‘n vrou daar buite wat die man kan help nie of is hy aangetrokke tot mans veral minerjarige seuns.Ek sal graag wil weet wat in sy kop aangaan.Was hy al sielkundig ge-evalueer?Nou plaas hy sy kinders op die voorgrond om tronkstraf vry te spring.Moes hy nie eerder aan die gevolge van sy dade gedink het voor hy die daad gepleeg het nie en toe aan sy kinders gedink het nie.

@kas ·

As n vrou wil ek nie my toekomstige kinders aan hom blootstel nie. Dankie maar nee dankie. As hy dit met ander se kinders doen doe die siek oh dit dalk met sy eie kinders oom

Psycho` ·

Hul het gese hy mag nie meer minderjariges in sy praktyk toe laat nie en toe gebeur dit buite ure. Die beste manier om weer so oortreeding te laat gebeur is maklik. SLUIT DIE LAFAARD TOE .

LEWENSLANK

Sê maar net ·

Hy is tog so ‘n handsome man. Kon hy rerig nie iemand van sy portuur kry.

Wonder maar net ·

Want seksuele aanranding van iemand van sy portuur is beter as seksuele aanranding van ‘n kind?

TRONKTOE ·

ASKIES?????? Nou bly julle iemand korrektiewe toesig gee en hy hou aan om kinders te molesteer. HOEKOM WORD HY NIE SOOS ANDER sekspeste TRONK TOE GESTUUR NIE? Is dit omdat hy ‘n tandarts is? Want SA is tog so SNOBBISTIES en KLAS en GELD BEHEP .. om nie eers van titels te praat nie.

Elle ·

Ek voel innig jammer vir sy eie kinders. En natuurlik vir die slagoffers ook.
Ek sê, ondersoek sy vrou se dood behoorlik en van voor af.
Sluit hom verewig toe in ‘n tronk waar hy wel van sy eie medisyne sal kry.
Walglik en siek verby!

Mrs H ·

Ek dink hy behoort glad nie kinderd (selfs van sy eie) naby hom te he nie! Wie weet wat sy eie kindertjies dalk het om te vertel en eerder swyg?

Denise ·

Dit is walglik wat hy gedoen het en al is hy hoe aantreklik is hy n siek man besef hy watse sielkundige probleme die kinders het wat so seksueel mishandel word en genees so iemand regtig?????

Piet Pompies ·

Ons as ouers het nie altyd beheer oor wie en wat ons kinders mee te doen kry gedurende ons afwesigheid. Maak jou kinders reg groot, wees lief vir hulle, bevorder kommunikasie en vertroue tussen julle, vertel hulle van die sort goed wat op hulle pad kan kom. Geen persoon het die reg om sy hande op jou kinders te plaas om sy slegte seksuele behoeftes te beoefen.

lee ·

Hierdie ou is SIEK. Hoeveel keer gaan hy nog sulke walglike dade pleeg om jong lewens te verwoes VOORDAT hy behoorlike tronkstraf kry en nie net wegkom met korrektiewe toesig nie.
DIS ABSURD VERBY

Elle ·

Ek lees sy vrou is dood in “tragiese omstandighede”.
Weet enige van die MM -lesers hoe sy aan haar einde gekom het?
Laat weet ons tog asseblief.

Se net... ·

Romy his wife suffered from ‘Locked-in-disease” and was bedridden at the time of her death….

marianna ·

Het iemand al gedink dat hierdie man berading nodig het, ek is seker iets het in sy kleintyd gebeur..

Maybe ·

Ja Marianna, maybe moes iemand seker gevra het in die 1ste plek, maar regtig as jy noual 1 keer skuldig bevind is, kindertjies het, moet jy besef ek het ‘n probleem en sorteer jouself uit. Hy is ‘n slim geleerde man. Verder kom hy weg met ‘n misdaad so erg soos moord. Almal vaal al die kinders en jongmense aan wie hy raak.

Nicolene ·

Ek wens mense wil ophou met hierdie dinge. Ek wonder of dit lekker is om dir vrees in die kinders te aanskou wanneer hulle dit doen. En weet wat is die ergste? Hierdie mense is rondom jou elke dag!! As jy skuldig is kry asb hulp!!!!

Gesiggie ·

Mnr die Tandarts… daai mooi smile van jou gaan niemand flous nie… jou hele loopbaan is nou vernietig, omdat jy nie jou hande tuis kon hou? en sulke walglike dade gepleeg het… Shine on, maar jy gaan gestraf word…. jy het n kind se lewe verwoes?? ( kan n mens nie eers meer veilig voel by n tandarts???

Leser ·

Die een wat korrektiewe toesig voorgestel het en nie tronkstraf nie ….. wat het hulle gedink.

Pim72 ·

Hy moet toegesluit word en hulle kan maar die sleutel weggooi. Siek, siek man.

Ek hoop sy foto word wyd en suid op sosiale media versprei.

Oujongvrou ·

Ergste is dat hy na sy eie kinders moet omsien. Nou daai slaan my dronk. Mens kan geen kind naby hom toelaat nie. Selfs nie sy eie nie. Ag nee man!!!

Johanné ·

As julle hom tronk toe stuur, stuur sommer die landdros ook wat dié langtand tandarts in die publiek gelos het om verder kinders se lewens te verwoes!!! Plaas dat hy liewer tyd spandeer om sy tande korte te maak en die kinders uit te los

Leana ·

Wat soek hy nog buite die tronkmure ? Sy soort hoort mos agter tralies.

Luister ·

So, sy kinders is nie uitgelewer aan hulself nie.
Maar hulle is uitgelewer aan ‘n pedofiel; hul eie pa!
Verwyder hom uit die samelewing!

Oom Kalahari ·

Wonder of die Dr Ian Venter nie ook as kind enige molesterings deurgemaak het nie en of hy al Sielkundig ge-evalueer is. Neem liewers sy kinders na sy Ma as permanente versorging. As hy regtig tot sulke neigings voel, glo ek daar sal heelwat volwasse mans in die tronk belangstel, waar onskuldige tieners nie misbruik kan word nie.

Wel wel ·

Indien jou 1ste sin reg is, is sy Ma beslis nie die veilige hawe nie!!!!! Wat my verstand te bowe gaan, is die feit dat hierdie man nie soos enige ander misdadiger hanteer word nie. As dit Jan alleman of by ‘n celeb was, was dit klaarpraat. Wat doen hy vir/aan/teenoor die Polisie en regter/landdros wat hom verhoor dat hul vir hom soveel kanse gee.

Ouma ·

Ek reken ook so, “Dan nie”. Presies waaraan ek gedink het. Ongelukkig kan pedofiele hulself nie keer nie. Dit is in hul DNS. Hulle kan nie verander nie. Daarom kan hulle nie naby kinders vertrou word nie. Hartseer storie.

Lena Jonk ·

Ek het geen simpatie met iemand wat sulke dade pleeg nie. Daardie verskonings om altyd te vra het daar nie in sy kinderjare iets verkeerd geloop nie. Ons Liewe Vader het ons almal verstand gegee om te weet wat reg en verkeerd is, ons almal maak foute maar die foute as volwassenes het geen verskonings nie. Jammer maar dit is my standpunt. Met God se Genade kan alles oorkom word. Die meeste van die mensdom vandag,( baie dankie vir die opregtes in Geloof wat daar nog is) bid nie meer nie en maak n bespotting van God.

Sue ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat die publiek GEEN toegang het tot die Nasionale register vir seksoortreders het nie….???? Kan iemand ons dalk meer hieroor inlig?

Siener ·

2. Curare (not used anymore but current dental sedatives evolved from it and work in the same way) poisoning mimics a total locked-in syndrome by causing paralysis of all voluntarily controlled skeletal muscles. There are some neurologic conditions in which a person has lost most if not all ability to move without impairment of consciousness. For example, blockade or damage of neuromuscular junction (as with severe myasthenia gravis or certain drugs and medications) and conditions that diffusely affect peripheral nerves (such as Guillain-Barre syndrome or porphyria) can prevent a patient from responding, although s/he may be perfectly awake and alert.
What is often unrecognized is that locked-in syndrome can result from dysfunction of lower motor neuron pathways or the neuromuscular junction. Demyelinating neuropathies (eg, Guillain-Barre syndrome, chronic inflammatory demyelinating polyradiculoneuropathy, and toxic demyelinating neuropathies) can occasionally present fulminantly with the locked-in syndrome. Disruption at the neuromuscular junction also can produce a locked-in state (though not often labeled as such); examples include (1) rare instances with myasthenia gravis and (2) toxins that cause either presynaptic (eg, botulinum toxin) or postsynaptic (eg, curare) blockade.
Sê maar net…

BB ·

“askies” maar ek sal net graag wil weet hoe die hof hom nog na sy eerste oortreding toelaat om toesig oor sy eie kinders te he??

Soek saam Maroela's ·

Siener, ek’t van die begin af gewonder oor die Tandarts se vrou se dood…
Locked In syndrome.
Curare meds …
Jy werp nuwe lig op die situasie. Hoop die Polisie volg dit op.

Lynne ·

Hierdie SIEK man moet so gou as moontlik uit die samelewing verwyder word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.