Tandeborsel in hand help paramedikus ná taxi omslaan

Die voertuig het op sy dak op die sypaadjie voor ‘n huis in die buurt te lande gekom. (Foto: ER24)

ʼn Paramedikus van die nooddiens ER24 was nog besig om reg te maak vir werk, toe sy haar Sondag omstreeks 05:30 – tandeborsel in die hand – na buite gehaas het waar sy ʼn groot slag gehoor het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die paramedikus, wat in Vanderbijlpark woon, het ʼn taxi op sy dak aangetref. Die voertuig het ná ʼn draai teen ʼn boom op ʼn sypaadjie tot stilstand gekom nadat die voertuig ook deur ʼn heining van ʼn huis in die buurt gebars het.

Omstanders het haar gehelp om die beseerde taxibestuurder uit sy voertuig te help, waarna die 36-jarige man op die toneel behandel en daarna na ʼn hospitaal gehaas is. Sy beserings wissel van matig tot ernstig.

Die polisie en brandweerdiens was op die toneel om die voorval te ondersoek.

Die paramedikus was nog besig om reg te maak vir werk, toe sy die slag van die ongeluk hoor. (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marius ·

Wat sal ons doen sonder die manne en vroue wat ons moet bystaan in ons nood ?

Cherokee ·

Nou niè regtig dat die tanneborsel as lewensreddende preperaat gebruik is, maar okay.

Samuel ·

Altyd paraat. Dit is hoe dit moet wees. Gee haar ‘n Bell’s.

Cherokee ·

Maklik om net te sê ‘gee haar..’
Weet jy wat kos Bells?
Gaan jy bydra?

Mickey ·

wat beteken matig to ernstig. is dit nie een of die ander. vra net?

miavos ·

Paramedikus, tandeborsel nog in hand, help ná taxi omslaan.
NS. Ek soek ‘n proefleeswerk by Maroela, asseblief.

Nie Verbaas ·

En daar maak Lewis Sipho Hamilton Zuma toe alweer nie die draai nie.

Kweperlat ·

By hoe baie van ons ontbreek doodgewone gesonde verstand? Natuurlik het die tandeborsel niks uit te waai met haar hulpverlening nie!! Dit dui bloot op die feit dat sy besig was om gereed te maak toe sy die onverwagse slag hoor en uitstorm, tandeborsel in die hand! Sy het vinnig reageer. Die kern is egter nog n ongeluk veroorsaak deur nog n blatant roekelose taxibestuurder wat eerder agter tralies hoort as agter n stuurwiel!!

Elmarie ·

Hoop ook sommer sy boedalkoholvlak is getoets. Ons weet hoe ry die ouens – elke liewe dag! Hy moes erg gejaag het om SO ‘n ongeluk te maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.