Tandheelkunde-vleuel beskadig tydens brand

Tambo-gedenkhospitaal (Argieffoto)

Tambo-gedenkhospitaal (Argieffoto)

Toerusting en medisyne is verwoes toe ʼn brand by die tandheelkunde-kliniek van die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg uitgebreek het.

“Die brand het Vrydag in die tandheelkunde-kliniek, op die grondvloer langs die hoofingang van die hospitaal, uitgebreek,” het Steve Mabona, woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê. “Geen pasiënt is deur die brand geraak nie. Die werknemers van die hospitaal het die brand geblus. Die ontruiming is binne ʼn uur afgehandel.”

Volgens ʼn voorlopige ondersoek het ʼn elektriese fout ʼn kortsluiting veroorsaak en die brand het ontstaan. Die hospitaal bied geen tandheelkundige dienste nie tot verdere kennisgewing.

“Drie kamers is hierdeur geraak. Alle tandheelkunde-toerusting, materiaal en verbruiksartikels is vernietig,” het Mabona bygevoeg.

ʼn Ondersoek is reeds van stapel gestuur om te bepaal of daar enige strukturele skade is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.