Tannie gevonnis vir verkragting van 13-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 44-jarige vrou van KwaZulu-Natal is gevonnis vir die verkragting van ʼn 13-jarige familielid.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting wat op 20 Desember plaasgevind het. Die seun was tuis saam met sy ma toe sy tannie hom gevra het om saam met haar huis toe te stap aangesien dit laat was.

Die seun het eers die volgende dag teruggekeer huis toe en vir sy ma vertel wat gebeur het. Hy kon daarin slaag om te ontsnap toe sy tannie aan die slaap geraak het.

“’n Saak van verkragting is by die Maphumulo-polisiestasie aangemeld. KwaDukuza se eenheid vir gesingsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die ondersoek oorgeneem en die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem,” het Zwane gesê.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom. “Dit is ʼn skande dat die persoon wat die seun moes beskerm die een is wat hom mishandel het. Ons hoop dat die vonnis ʼn sterk boodskap sal uitstuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

kietsie ·

Ek is teen verkragting. Maar was dit n man wat n meisie verkrag het, sou die straf baie ligter gewees het of net n opgeskorte vonnis, Daar word baie teen vrouens gediskrimeneer.

Martin ·

Hoe is so iets moontlik in die praktyk? Daar moes samewerking wees tussen byde partye. Ek vra verskoning vir die detail, maar vir my maak dit nie sin nie.

SD ·

Martin, Net gou ‘n paar Vragies: 1. Het jy kinders ? 2. As jy Kinders het en jou seun kom na jou toe en vertel jou so iets baie ontsteld, wat gaan jy doen? Gaan jy dan die selfde se?

Dit is werklik ontstellend hoe van die mense Kommentaar lewer op die berig. Dit is ‘n Kind ‘n 13 jarige Kind. DInk jy vir een oomblik hy sou so iets vir sy ma loop en vertel as hy saam gewerk het?

Shannon ·

As jy bloot aangewese is op jou eie beperkte wyse van dink dan sal jy seker so iets vra.
“Verkragting” is nie gedefiniëer soos jy daaran dink nie ou perd.

Martin ·

SD. Jy verstaan my verkeerd. Ek wil nie in die detail ingaan nie, maar ek vra weer – hoe is dit moontlik in die praktyk? Ek het kinders ja, ek gaan beslis baie ontsteld wees en ek gaan definitief optree.

Martin ·

Shannon, jy is heeltemal te haastig. Ek vra ‘n vraag, ek het nie gesê ek keur dit goed nie. Miskien kan jy my beperkte kennis omtrent die ding vir my vergroot, en sonder om te diep in die detail in te gaan vir my verduidelik hoe is dit moontlik in die praktyk.

Marietjie ·

Ek dink nie Maroela gaan toelaat dat enigiemand besonderhede hier opsit nie. Maak Google oop en dan tik jy “can men be raped” en dan is daar vir jou ‘n hele wikipedia artikel wat sal verduidelik.

SD ·

Dan Stel ek voor jy goon google dit soos Marietjie voorgestel het.

Muller ·

Martin ‘n man is ‘n snaakse spesie. As daar aandag gegee word sal dit respond met of sonder die goedkeuring van die eienaar. Dit bly verkragting al lyk dit of die slagoffer gewillig is. En op daai ouderdom het die arme kind seker nie eers geweet wat tref hom nie

Martin ·

Dankie Marietjie, baie insiggewend. Al die faktore wat kanbydra tot dit het nooit eens by my opgekom nie. Ek het na die definisie van verkragting gaan kyk, en nooit besef die ding loop so diep nie. Baie dankie weereens.

Christell ·

Martin, gaats, nee ek weet darem nie van dié ‘as daar aandag gegee word, dan gaan dit respond’-storie nie. As ‘n man nie wil nie, dan gaan of kan hy nie. En die vrou kan dan maak nét wat sy wil, daardie orgaan sal nie links of regs, op of af nie.

BoereBikerBaby ·

maak nie saak wat nie, dis ‘n tannie en ‘n kind, dis flippen siek maak nie saak hoe jy daarna kyk nie…

Martin ·

Muller dit maak vir my sin. ‘n Seun van daai ouderdom staan aan die begin van ‘n ontdekkingstog in sy lewe, en ek sê ook as dinge op daai stadium verkeerd benader word, kan dit gevolge hê vir die rês van sy lewe. Ek moes die ding vir myself kon uitwerk en nie die verkeerde vraag gevra het nie. Ek vra verskoning aan almal op wie se tone ek getrap het.

Christell ·

Nee, gits, dit verstaan ek nie. Hoe kan ‘n vrou ‘n man/seunskind verkrag? Ek keur verkragting glad nie goed nie, hoor my hard en deeglik! En as ek ‘n kind gehad het en daardie kind is deur enige mens seksueel mishandel, het daardie persoon dit nie eens tot by die hof gemaak nie; hy/sy sou lankal ses-voet onder gewees het.

Verkragting behels tog penetrasie op een of ander manier – behalwe met haar vingers, hoe kan ‘n vrou ‘n man dan penetreer? En ek glo darem nie ‘n man (of seun dan, in dié geval) sou kon as hy nie wou nie (sonder om nou te grafies te raak).

Martin ·

Christell, gaan lees gerus soos wat Marietjie so ‘n bietjie boontoe voorstel. Ek was verbaas oor hoe oningelig ek is. Ek het dieselfde idee as jy gehad. Gaan Google “Can a man be raped”
Baie interessant.

Martin ·

Christell, gaan lees gerus soos wat Marietjie so ‘n bietjie boontoe voorstel. Ek was verbaas oor hoe oningelig ek is. Ek het dieselfde idee as jy gehad. Gaan Google “Can a man be raped”
Baie interessant.

E.K. ·

Wat altyd vir my erg is van verkragtings van kindrs is dat in MEESTE gevalle daar NIE enige sielkundige hulp aan die slagoffer agterna gegee word nie. In baie areas in ons land net glad nie. Dis jammer mens kan nie uitvind hoe dit so persoon in die latere lewe laat optree nie, mens sal dalk skrik as jy weet HOE dit so arme kind se lewe en optredes beinvloed.

Peet J ·

Volgens die inhoud van die artikel dink ek dat die vrou nie vir verkragting aangekla moes word nie maar eerder vir verleiding die vrou het sekerlik nie die seun aangerand nie en 15 jaar tronkstraf vir seksuele oortreding is belaglik.

tamboti ·

‘n Ongelukkige voorval, nie die eerste nie die laaste. Dit bewys egter dat die sagte teiken oortreder (vrou en moontlik heel eerste oortreder) baie meer effektief vervolg en gestraf word. Die moeilike kalante kom dikwels eerder los.
My vraag is; wat van die ma? Kon sy nie eers bel of ondersoek instel waarom haar kind nie huis toe kom nie????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.