Tatjana, Netbal SA kry top-pryse 

Tatjana Schoenmaker. Foto: ANA.

Die swemsensasie Tatjana Schoenmaker en die Spar Protea-netbalspan het Sondagaand by die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings met talle gesogte toekennings weggestap.

Schoenmaker, wat vanjaar ongekende sukses in die swembad behaal het, is as Sportvrou van die jaar aangewys. Sy was saam met Caster Semenya en die netbalsuperster Karla Pretorius benoem vir die toekenning. Schoenmaker is ook as Sportster van die jaar aangewys. Sy was saam met Pretorius en Banyana Banyana se Thembi Kgatlana benoem. Semenya is in 2016, 2017 en 2018 as Sportvrou van die jaar en Sportster van die jaar gekroon.

Die Spar Protea-netbalspan. Foto: Facebook.

Die Spar Protea-netbalspan is ná hul sukses in die 2019 Wêreldbeker-netbaltoernooi as Span van die jaar aangewys. Hulle het met die 50 km-atletiekspan en Suid-Afrika se nasionale skaapskeerspan meegeding.

Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika, is aangewys as Administrateur van die jaar. Netbal SA is ook as Sportfederasie van die jaar aangewys.

Springbokkaptein Siya Kolisi het die “People’s Choice”-toekenning, wat deur stemme van die publiek beslis word, ontvang. Springbokafrigter Rassie Erasmus is as Afrigter van die jaar aangewys.

Siya Kolisi en Rassie Erasmus. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Die ander wenners is:

Sportman van die jaar:

Moruti Mthalana (boks)

Nuweling van die jaar:

Michael Houlie (swem)

Sportman van die jaar met gestremdheid:

Ntando Mahlangu (atletiek)

Sportvrou van die jaar met gestremdheid:

Anrune Liebenberg-Weyers (atletiek)

Vrywilliger van die jaar:

Mervyn Mooi (hokkie)

Ontspanningsliggaam van die jaar:

United Through Sports

Sportfotograaf van die jaar:

Philip Maeta

Anruné Liebenberg-Weyers. Foto: Wessel Oosthuizen / SASPA

Sportjoernalis van die jaar:

Nduduzo Dladla

Skolespan van die jaar:

St Benedict’s College

Ontwikkelende skolespan van die jaar:

Ikhwezilesizwe Primary School

Inheemse spelespan:

KZN Khokho-vrouespan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jakes ·

Wanneer gaan Chad le Clou die verering kry wat hy verdien? Die meeeste toekennings was voorspelbaar agv regstellende aksie. Gee maar solank al die toekennings aan Sya Kolisi want hy is mos die nuwe held in SA.

Devil ·

Ek is net bly dat ‘n ware vrou, en nie “iemand” wat soos ‘n vrou voel, die sportvrou van die jaar gewen het!

Amanda Bruwer ·

Ek kan nie verstaan dat Pieter-Steph Du Toit nie aangewys is as sportman vd jaar nie. Hy is aangewys as wêreldrugby speler vd jaar maar in ons land nie eers sportman vd jaar nie?

Amanda Bruwer ·

Ek verstaan nie hoekom Pieter-Steph Du Toit nie aangewys is as sportman vd jaar nie.
Hy is as wêreld rugbyspeler vd jaar aangewys maar in SA nie eens sportman vd jaar nie?

Springbok ·

Hoekom is siya a joke? Omdat die rugby kaptein nie aan jou kleurvoorkeur voldoen nie of is daar meer persoonlike redes?

Swartwolf ·

Die hele wereld van rugby erken PSD as die beste speler van 2019. Net in SA word die kleur speler as “sportman van die jaar” aangewys. Hoekom dan nie “leier van die jaar of kaptein van die jaar” nie ? Probleem is PSD is ‘n baie BETER speler en word ook so erken deur wereld rugby as die kwota held en hoe kan dit dan nou wees ???

Abe ·

jakes,
Dit is uiters swak smaak om toekennings in verband met poletiek te bring. Wees liewer bly saam met die voortreflike atlete wat op die manier uitgesonder is.
Onthou dat daar streng kriteria gegeld het toe op die wenners besluit is.

Sê ook ma net ·

Moenie my verkeerd verstaan nie, gee Siya sy eer wat hom toe kom, maar soos wat die publiek en die wêreld aangaan bestaan die hele Springbok span net uit Siya Kolisi uit. Mens hoor niks van hoe die span saam gespeel het en die ouens wat die drieë gedruk het of punte aangeteken het nie. Dis net Siya voor en Siya agter.

Piet ·

Whoa. Die hoof van netbal word ondersoek vir kwaadwillige tru- rassisme – en op ware ANC wyse kry sy toekenning.
Jho!

jakes ·

Springbok, ek het niks persoonlik teen Sya nie maar om hom op te hemel asof hy die groot rede is vir die oorwinning in die WB spreek boekdele. Rugby is n spansport en ons weet hoekom hy aangestel is as die kaptein, as hy n toekenning moet kry vir die WB dan is al ander 30 spelers ook geregtig op n toekenning. Reeds na die WB word politieke speletjies gespeel wat n ras aanklank het.

Kerneels ·

Presies my gedagte ook gewees, Piet. Kommitee wat toekennings maak se onderrok hang vêr uit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.