Tatjana ontvang oproep van Ramaphosa

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese span vier Tatjana Schoenmaker se goue medalje by die Olimpiese dorpie. (Foto: Team South Africa/Twitter)

Tatjana Schoenmaker het Vrydag ’n oproep van pres. Cyril Ramaphosa in Tokio ontvang nadat sy die oggend ʼn goue medalje in die 200 m-borsslag by die Olimpiese Spele verwerf het en ʼn jare lange wêreldrekord in dié item verpletter het.

“Baie geluk, jy het die land opgebeur. Ons is almal in ʼn goeie bui,” het Ramaphosa aan die 24-jarige Suid-Afrikaanse swemsensasie gesê.

“Toe ek jou prestasie in die eerste resies [Schoenmaker se silwer medalje in die 100 m-borsslag] sien, het ek geweet jy beplan iets,” het Ramaphosa gesê.

“Ek is bly dat jy in my geglo het,” het Schoenmaker haar president geantwoord.

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese span vier Tatjana Schoenmaker se goue medalje by die Olimpiese dorpie. (Foto: Team South Africa/Twitter)

“Dit was ongelooflik. Ons eer jou. Dankie. Ons is verheug dat ons hierdie ongelooflike vertoning kon sien. ʼn Wêreldrekord? Jy het dit verpletter!” het Ramaphosa weer van hom laat hoor.

Ramaphosa het ook Schoenmaker se afrigter, Rocco Meiring, gelukgewens met sy aandeel in daardie goue medalje.

“Rocco, welgedaan en ek wens jou geluk. Jy het ongelooflike werk gedoen om haar voor te berei op die vlak waarop sy is … die beste ter wêreld, daar is geen twyfel daaroor nie. Om ʼn Olimpiese goud te wen en ʼn wêreldrekord te behaal, baie geluk aan jou!”

Maroela Media het vroeër berig Schoenmaker het vanoggend na 2 minute 18.95 sekondes eerste aan die kant geraak en die rekord (2:19.11) wat Denemarke se Rikke Moller Pedersen in 2013 opgestel het, verbeter.

Só klink ’n Suid-Afrikaner!

Schoenmaker is Vrydagaand net ná 22:00 by die Olimpiese dorpie deur die res van die Suid-Afrikaanse Olimpiese span ingewag. Die span het ’n erewag vir haar gevorm en “Shosholoza” uit volle bors vir haar gesing.

Bron: Team South Africa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

loddertjie ·

Ons is besonder trots op haar prestasie, en dié oproep sal haar by bly vir die res van haar lewe. Baie Geluk Tatjana!

Tiptol ·

Dis só lekker om dié video te kyk. Voel soos 1995. Die eenheid van ons reënboognasie. Die aelnc en eff is besig om alles te vernietig.

Ben ·

Baie geluk aan die dame met haar prestasie na eerlike harde werk.
Die hele berig laat mens net wonder hoekom dit so moeilik is om deur die soetsappige politieke spel te sien wat Maroela-media hier vrywillig aanhelp. Rama-super BEE verrykte ontplooide kader omring hom met onbevoegdes en praat heeltyd van ‘n ekonomie van ‘our people’. Dis een waarvan haar etniese groep uitdruklik uitgesluit word.
Hoekom help Maroela vrywillig om sy skynheilige propaganda woord vir woord te bevorder?

Thom ·

Mense soos jy is deel van die probleem en nie van die oplossing nie . Ons sal NOOIT weer ‘n wit president hê nie , kry dit in jou kop aub .

Jaco ·

Ek is seker daarvan dit gaan nie oor ‘n wit president nie. Dit sal net goed wees om ‘n president te hê wat alle Suid-Afrikaners van alle rasse met dieselfde respek en gelykheid behandel en wat hom weerhou van uitsprake soos:
1. Onteiening sonder vergoeding is dringend noodsaaklik
2. Radikale ekonomiese transformasie is dringend noodsaaklik
3. Inperking wys hoe ongelyk SA is, so wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop

Chrisp ·

Net so Ben,en daar beaam ons friend Thom presies wat jy se deur te se geen wit President ooit weer nie dws nie bevoegdheid nie maar velkleur.

Ongelooflik die liberals wat nie eens deur hulle eie rasistiese brille kan sien nie al is dit so ooglopend.
Maar nou ja ons antwoord maar vir die wat nog kan logies dink en die huigelaar in die newe liberaal kan insien.

Johnny ·

Tatjana se medalje is nuusweaardig. Die feit dat Ramageddon haar gebel het is NIE nuuswaardig nie.

Hennie ·

Wonder wanneer minister Nathi Mthethwa n ondersoek gaan gelas na “rassisme” in swem…..

Gideon ·

Gewonder wie gaan eerste negatiewe en politieke kommentaar lewer.

Samuel ·

Tatjana, jy is ‘n absolute ster en het met al jou harde voorbereiding, hierdie oorwinning verdien. As Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner, is ek baie trots op jou.

Dit moes ‘n voorreg wees om ‘n persoonlike oproep van die Staatspresident te ontvang, iets wat jou lewenslank sal bybly. Ek wonder net of hy verbaas was dat ons atlete by die Olimpiese spele het? Gewoonlik weet hy nie van sulke dinge nie.

Blomme ·

Pragtige prestasie. Ons kan so trots wees op haar. Sy verdien die gelukwensing. Mens besef nie altyd hoeveel tyd en energie ingesit moet word om soveel sukses aan die einde te kan smaak nie. Welgedaan.

gpsa ·

Baie geluk Tatjana baie wel gedaan. Dink ook dit was goed van die president om haar te bel.

gatgogga ·

‘n Mooi gebaar van Ramaphosa.
Baie onnatuurlik van hom om so gou te reageer. Ek het al gedink dat rigor mortis daar ingetree het.

Heinrich ·

O gaats, oppas Tatjana, die president van die stropingsparty weet jy het goud, pas maar mooi op!

Willem ·

Is Ramaphosa bewus van die feit dat hierdie ‘n Afrikaanse, wit vrou is? Normaalweg ignoreer en blameer hulle ons mos net! Jammer, maar hy en sy party beskou my en my mense nie as volwasrdige burgers van Suid-Afrika nie en gevolglik beskou ek hom nie as my president nie.

Jaco ·

Daars regstellende aksie en BEE en onteiening sonder vergoeding en radikale ekonomiese transformasie is op pad. So duidelik is wit mense se belastinggeld nie meer belangrik nie. Net vreemd dat ons nie na ons lande van herkoms gedeporteer word nie. Die ANC hou dan nie van ons nie. Ek wonder net, wats volgende: die Uganda oplossing van 1972: deporteer al die Indiërs na Brittanje, of die Rwanda oplossing van 1994: vermoor 1 miljoen van die welvarende ekonomiese minderheidsgroep binne NET 1 maand.

Niklaas ·

Die dametjie verdien alle lof en erkenning. Ten minste is aangeteken het ons een goud het tesame met 2 silwer. Nou hoop ek vir iets groots van Dwayne van Niekerk in die 400m

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.