Tatjana Schoenmaker maak geskiedenis

Tatjana Schoenmaker in aksie tydens die finaal. Foto: (AP Photo/Mark Schiefelbein)

Tatjana Schoenmaker het Vrydag die eerste Suid-Afrikaanse swemmer geword om ʼn medalje te wen by ʼn Wêreld-langbadkampioenskap.

Schoenmaker het die silwermedalje in die 200 m-borslag gewen in ʼn tyd van 2:22,52. Die Rus Yuliya Efimova het goud gewen met haar tyd van 2:20,17.

“Ek kon voel ek was baie moeër as gister. Gister was baie meer ontspanne. Ek het nie my beste tyd geswem nie, maar ek het gelukkig steeds silwer gekry en ek is baie bly,” het Schoenmaker gesê. Kaylene Corbett het agtste geëindig.

Schoenmaker het Donderdag ʼn nuwe Afrika-rekord opgestel op dié byeenkoms in Suid-Korea. Sy het met haar nuwe rekord van 2:21,79 in die 200 m-borsslag ʼn plek in vandag se eindronde van dié item verseker.

Chad le Clos het intussen sy plek in Saterdag se halfeindronde van die 100 m-vlinderslag verseker. Caeleb Dressel het die vinnigste tyd in die uitdunrondes aangeteken en met sy 49,50 sek. Michael Phelps se rekord in die slag laat bly.

“Dit was goed maar baie stadig – ek weet nie wat gebeur het nie. Ek is baie opgewonde oor môreaand. Ek sal ʼn goeie resies hê en sien hoe dit gaan.”

Yuliya Efimova en Tatjana Schoenmaker wens mekaar geluk. Foto: (AP Photo/Mark Schiefelbein)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rupert Ashford ·

Ek verstaan ook nie. Chad het al medalje gewen hier, en daar is al baie medaljes gewen vorige jare, of was alles by die olimpiese spele?

Yankee, ·

Vra net. Is dit dan moontlik om n Afrika rekord op te stel as een meeding in a ander Land buite Afrika?

Ekke Dink ·

Yankee, Miskien moet ons n kommisie van ondersoek aanstel en die geval te ondersoek en dit dan na die konstisionele hof neem vir uitspraak?
Viva, Mej Schoenmaker. You go girl! Viva .
Mej Corbet welgedaan met jou poging, hou so aan. Onthou aanhouers wen.

Johannes ·

Seker net ‘n kwessie van tyd dan word daar beveel dat ‘n swarte moet deelneem en die medalje wen…

kolla ·

Blykbaar eerste SA VROUE medaljewenner by ‘n FINA langbad-wêreldbyeenkoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.