Taverne-slagoffers gegroet

Leë kiste is by die gedenkdiens vir die slagoffers van die Enyobeni-taverne-tragedie uitgelê. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het die raaiselagtige dood van 21 tieners by ’n taverne in die Oos-Kaap verlede maand Woensdag op die “plaag van minderjarige drinkery” gepak.

Ramaphosa het tydens ʼn gedenkdiens vir die slagoffers gepraat en belowe om op “gewetenlose” kroegeienaars toe te slaan wat regulasies verontagsaam en winste voor kinders se lewens plaas. Hy het ook voorgestel dat die wettige drinkouderdom in die land van 18 tot 21 verhoog word.

“Kinders moes nie in daardie plek toegelaat gewees het nie, alkohol moes nie aan hulle bedien gewees het nie,” het Ramaphosa aan ’n skare gesê wat by ’n stadion in Scenery Park, ’n township in Oos-Londen, byeenkomgekom het.

Leë kiste is by dié seremonie uitgelê om die gemeenskap se enorme verlies te simboliseer. Die meeste van die begrafnisse sal gedurende die week plaasvind.

Ramaphosa het voorts gesê dat Suid-Afrika een van die hoogste syfers van probleemdrinkers ter wêreld het.

“Ons gaan nou die streep trek… Ons verloor ons toekomstige geslag aan die plaag van minderjarige drinkery.”

Maroela Media het vroeër berig dat altesame 21 jongmense, tussen die ouderdomme van 14 en 17, wat by die Enyobeni‑taverne gekuier het onder omstandighede dood is wat steeds nie heeltemal duidelik is nie. Luidens sommige berigte is die tieners moontlik vergiftig. Daar is intussen bevestig dat die jongste slagoffer 14 jaar oud was. Die uitslae van hul nadoodse ondersoeke is egter steeds nie bekend gemaak nie.

Talle rouklaers het ’n groot markiestent gevul waar die leë kiste uitgelê is terwyl nog honderde buite saamgedrom het om die seremonie te volg. Sommige het in trane uitgebars en ander het gebede gesing terwyl ’n polisieorkes die volkslied gespeel het.

Leë kiste is by die gedenkdiens vir die slagoffers van die Enyobeni-taverne-tragedie uitgelê. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Ramaphosa het bedroefde families gevra om die polisie tyd te gee om hul ondersoek af te handel, terwyl owerhede versoek word om die proses te bespoedig.

“Die gesinne wil wel afsluiting hê. Hulle wil weet wat met hul kinders gebeur het. Laat ons hulle nie te lank laat wag nie.”

Bheki Cele, minister van polisie, het ook by die geleentheid gepraat en gesê dat iemand verantwoording vir die treurspel moet doen.

‘Nasionale krisis’ 

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, het Woensdag gesê die nasie is “seergemaak” deur wat gebeur het.  Hoewel drankgebruik in die land slegs vir persone ouer as 18 toelaatbaar is, word dit nie altyd in township tavernes toegepas nie. Dieselfde geld vir veiligheidsregulasies.

Nolitha Tsangani, ’n inwoner van Scenery Park wat naby die Enyobeni-taverne woon, het egter gesê die skuld vir die gebeure moet gedeel word. “Ons is almal verkeerd … die ouer was verkeerd, die kind wat dood is, jammer om te sê, was ook verkeerd,” het sy aan AFP gesê. Sy het egter ook die eienaar van die taverne en die polisie as skuldiges in die tragedie uitgewys.

Ramaphosa het voorgestel dat ʼn nasionale debat gehou word oor die vraag of die drinkouderdom verhoog moet word en alkoholmisbruik as ʼn nasionale krisis beskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Johan ·

Nou vra ek uit my hart uit: Hoe gaan die verandering van die wet na 21 jaar iets doen as die huidige wet van 18 jaar nie hier gehelp het nie. Dissipline is in hierdie land die probleem want die voorbeeld wat vir kinders gestel word is nie goed nie.

Nie Verbaas ·

My vraag presies. Hulle kan nie eers enige wetgewing oor meer ernstige oortredings toepas nie. Die nar rek altyd sy mond maar niks gebeur nie.

annie ·

Cyril gebruik nou selfs ander se trane om sy aansien te probeer herstel. Nou gaan SA die ou plan ook probeer om die drink-ouderdom te verhoog. Groot show soos sy vriend Oom Sonder Hoed. Cyril het almal aangespreek buiten die oorledenes se ouers en die nog-lewende kinders. Dit moet die ‘ander’ wees wat gaan les opsê. Die land gaan onder weens die ignoreer van die werklike oorsake van probleme. Cyril wil hê die polisie moet gou die saak uitklaar, net nie dié een oor sy plaas nie.

Nie Verbaas ·

Cyril kan probeer wat hy wil en sal nooit sy aansien herstel nie. Hy het homself al telkemaal bewys as ruggraatloos en nou korrup ook.

Theuns ·

Daardie ouers het waarskynlik mog kinders op straat waaroor hul nie omgee nie. Al die kinders by die ouers van die oorledenes behoort verwyder te word om hul te beskerm teen liefdelose ouers wat geen discipline toepas en het nie. Hul sal ook struggle en suffer. Niks van waarde buiten uitbui5 van situasie. Skandvelk op onvevoegde ANC President en sy CADRES.

Snowball ·

Hou liewer ‘n nasionale debat oor die afwesigheid van wetstoepassing deur die polisie onder leiding van daai gek Cele. Hou nog ‘n indaba oor morele verval – kinders wat kinders het en drank gebruik op 12 en 13. Hoe spreek jy dit aan met strenger wetgewing en ontspanningsareas vir die jeug as die regering die beste voorbeeld is van immorele gedrag wat nie vervolg word nie? ‘n Korrupte regering baar wetteloosheid, vernietig verantwoordbaarheid en dit weerspieël uiteindelik op elke vlak van ‘n samelewing.

Nico ·

Die verskaf aan minderjariges sal nie stop nie, die probleem lê by die drankwinkels, as die jongmense wil drink sal niks hulle stop nie, nie eers ‘n wetgewing nie.

Theuns ·

Probleem.is ouers. Hul gee nie om vit kinders of waar hul is nie.

Irene ·

Ouers sowel as kroegeienaars is skuldig aan dit wat hier gebeur het.

Theuns ·

Presies. Verantwoordelike ouers se kinders is NIE deel van die groep nie. Sluit ouers toe en verwyder kinders na weeshuise.

Chris dupreez ·

Cyril, die kinders wat dood is was tussen 13 en 17 jaar oud, jonger as die huidige ouderdomsperk op drank, wat gaan dit help as jy die ouderdomsperk hoër maak. Begin by opvoeding van jou mense.

Delia ·

Van ons mense. Dink jy wit kinders drink ook nie te veel nie

Nozi ·

Dit gaan mos nou nie help hul maak die ouderdom 21 nie. Daardie kinders en ouers het dan nie eers die wet van 18 gehoorsaam nie. Gaan terug soos dit in die ou dae was, jy moet jou id kan wys om in te gaan. Stel dit sommer ook by die drinkplekke in nedersettings gebiede ook in en laat die SAP gereel in die aand gaan ondersoek instel, sonder om self gekletter te raak terwys hul aan diens is.

Busy Body ·

En ewe skielik is die kinders die helde in die verhaal. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek voel baie jammer vir die naasbestaandes en gemeentskap. Ek voel egter ouers was te volle bewus van hul kinders se kom en gaan. Baie gemeentskap lede het mos getuig dat dit nie n eenmalige gebeur te is is nie. Die kuier van minderjariges is aan die orde van die dag. Nou moet die belastingbetaler weer die onkostes dra. Was die Lee kiste met ruikers op werklik nodig. Ek voel wat van misdaad slagoffers wat sterf. Word hul families besoek? Word hul begrafniskostes betaal. Nee! Ouers moet begin verantwoordelik heid aanvaar vir hul kinders en opgevoed word in toesig en beheer. Dan sal hierdie tipe insidente nie plaasvind, minder klein kindertjies sal ook weg raak, verkrag en vermoor raak. Ouers moet weer beheer vat.

Dorkie ·

Moenie vergeet dat meeste van daardie kinders nie hul ouers se toestemming gehad het om na die ‘Tavern’ toe te gaan nie. Kinders wat jok, ouers wat nou nie verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Daar is meer skuldige partye hier as slegs die kroegeienaars.

Miena ·

“Hulle wil weet wat met hul kinders gebeur het” – Meneer en Mevrou – Indien jy jou 14jarige kind by die huis gehou het sou jy nie vandag gesit en huil het nie. Punt. Jy het toesteming gegee dat jou kind na n sogenaamde “pens down” partytjie toe gaan. Daai ouderdom kind hoort by die huis in die aand as ma of pa gaan slaap. As hulle dan so graag na n partytjie toe wil gaan hou dan n verdompte partytjie tuis. Ouers – kry jou huis in orde!!!

Manie ·

Ai Ramaphosa, asof ouderdomsbeperking nou sal help. Dis so goed jy sê mense moet eers grys wees alvorens hulle mag drink.

Antie Sarie ·

Die dood was ni eraaiselagtig. Tensy jy n enkel syfer ik het. En van wanneer af word n klom dronkies, ongeag ouderdom, nationale helde?

Harley Davidson ·

Ou Cyril sit heel voor by die gedenkdiens maar weier om te erken dat plaasmoorde bestaan, hy weet nou dat plaas rooftogte bestaan en dat jy nie geld in ‘n matras moet wegsteek nie,hy sien duidelik dat hierdie land net vir sy mense is.

Kobus ·

Mnr die president, ek het nuus vir jou. Al maak jy die beperking 50 gaan kinders steeds drink. Waarom vervolg julle nie die oorlewende kinders ook nie? Hulle gaan verseker by ander kuierplekke uithang. Die ouers is na my mening die skuldiges hier. SAPD het genoeg werk, onbillik om hulle nou die skuld te gee

Elene ·

Baie jammer vir die families. Ek wonder net hoekom minderjarige kinders nie deur hul ouers vergesel is nie. Tot wanneer word ‘n ouer verantwoordelik gehou indien sy/haar kind sterf en nie onder toesig was nie? Nog ‘n mening is dat ander persone heel moontlik die kinders van drank voorsien, hetsy dit in die publiek of by ‘n huis is. Hoe word wetstoepassing hier gedoen? Opvoeding ontbreek.

Antie Sarie ·

As n minderjarige deur sy ouers vergesel word na n sjebeen, is dit nog erger. Drankmisbruik met of sonder toesig is nog steeds drank misbruik.

Annelize ·

Nou vra ek met trane in my oe: As die perk van 18 jaar, nie 13jariges kon gekeer het om te gaan drink nie, hoe presies dink Ramaphosa gaan ‘n perk van 21 dit regkry? Ek het eerlikwaar kliphard begin lag toe ek daardie stukkie “intelligente wysheid” hoor.

Die wortel van die probleem le by dissipline, of die totale gebrek daaraan. Oorgrootte meerderheid grootmense het nie eens hulself dissipline of selfrespek nie, nou wat verwag hulle dan anders van die kinders wat hierdie voorbeeld gade slaan? Knock on effect of note, is al wat gaan gebeur.

Jack ·

Ek glo vas dat die probleem van die kinders se dood was nie die ouderdomme nie maar die kroegeienaar wat giftige konkoksies aan die kinders verskaf het. Doelbewus of uit gierigheid is nie vir my om te raai nie maar ons ken almal die land se korruptes en ons weet hoe min hulle voel vir die inwoners van die land. So verander die wet en niks gaan verander nie klink soos die covid maatreels. Kinders leer in die gemeenskap misbruike en dis waar mnr ramaphosa moet begin nie die aansit van boeie nie.

Papsak ·

Hou op die drank die probleem te maak leer julle kinders maniere laat hulle nie in teverns rond le nie dan sal sulke dinge nie gebeur nie maar weereens our people ken nie van opvoeding nie dit is nou maar so oor en uit

Delia ·

Daar is baie wit kinders wat ook te veel drink. Hierdie is nie n velkleur probleem nie

Witbaard ·

Tree op teen die taverne eienaars. Hoe moeilik is dit om dit te verstaan?

My siening ·

CYREL jy neem selfs n begrafnes om politieke punte te score, skaam jou om so skynheilig te wees!

Hennie ·

Wie betaal vir hierdie simboliese nonsens? Hierdie is korrupsie op steroids! Daar sit ou swartgallige Squirrel, besig om verskonings uit te dink vir wishy washy gate!

Willie ·

President Ramaphosa julle laat toe dat huidige wette oortree word sonder optrede. Die taverne het verskeie kinders onder 18 toegelaat. Ek is seker daarvan dit het al in die verlede gebeur en mense het daarvan geweet.
Maar ouers kan nie kinders dissiplineer nie. Sonder die dissipline, hoe gaan hulle leer om die reels na te kom. Kinders kan in skole doen wat hulle wil en maak die lewe hel vir onderwysers. Onderwysers se hande is afgekap.
Julle gaan niks regkry met nuwe wette nie. Maak reg wat julle in die gemeenskap vernietig het. My geslag het baie liefde en bietjie dissipline gekry. Min dissipline want ons het geweet wat gaan gebeur as jy oortree.
Die huidige geslag oortree want daar is geen gevolge nie. Nuwe reels/wette gaan niks help nie.

Theuns ·

Hoe tragies. Wat van doe ouers van die minderjariges? Hul breek nou gebou af maar huislike omstandighede word ignoreer. Hoeveel ander kinders het die ouers waar hul nie weet waar hul kinders is en hul nie soek nie… al die ander kindrs is in gevaarm . Baie emosie min substance. Niks sal verander nie.

henndrik ·

Die ANC wil net al die wette strenger maak, wat van pas net die huidige wette toe.

Meisie ·

Het hulle nou wragies my belasting geld gebruik om kiste te koop as ‘n “simbool”?
Terwyl hulle daar staan en regulasies uitdink wat niks gaan help nie, sit ek by die werk sodat hulle net weer my geld maand einde kan vat..ugh

Leana ·

nee wat om die ouderdom te verander gaan absoluut geen verskil maak nie. alles begin gewoonlik by die huis. swak omstandighede, blootstelling en ouers wat nie betrokke is nie…

Andre ·

Drank en Dwelms is presies dieselfde ding. Die een rook jy, die ander een snuif jy en die ander een drink jy. Daar is vir my geen verskil tussen n drank slaaf en n dwelm slaaf nie. n Slaaf bly n slaaf. Waarvoor wil mense in elkgeval gesuip of gerook of gesnuif raak? Drank behoort ook onder die dwelm wet te val.

gpsa ·

Probleem is nie wette nie, dis die toepassing daarvan- dink almal in SA weet dit al behalwe die ANC

Dink baie bewyse was weg gery toe drank verwyder was, voor ondersoek afgehandel was, wys net: nie in staat om misdaad perseel reg te hanteer nie.
Ouers moet beheer kry oor hulle kinders en verantwoordelikheid vir hulle aanvaar dan behoort dinge beter te gaan

Swerwer ·

Die drank wet kan verander na enige ouderdom, as hul wil suip sal hul suip. Die ouers van daardie kinders moet gestraf word want dit is waar die voorbeeld vandaan kom en tweedens laat jy nie jou kinders na ‘n partytjie gaan as jy nie weet waar dit is nie of die mense ken waarheen hul gaan nie. Kultuur en opvoeding speel ‘n groot rol in ‘n kind se lewe net jammer hierdie Regering van ons land het dissipline weggeneem.

Ria ·

Cyril moet nou ophou teem oor drankmisbruik om die aandag van die krag en brandstofkrisis af te trek. Doen vir n slag iets vir volk en vaderland

Mathys ·

Meer as 83,000 skoolmeisies het geboorte gegee aan verkragters se kinders. Die jeug plus 8 generasies van die toekoms sal slawe wees om jou en die ander politikusse van die ANC se skuld af te betaal. Universiteite is onbekostigbaar, kwaliteit van onderrig is power. Kinders word deur enkelouer families grootgemaak en baie word sonder ouers grootgemaak. As jy die drinkouderdom verhoog, sou al die sterftes onder drinkouderdom gewees het in plaas van net die halfte. Dis ‘n tipiese voorbeeld van anc denke, ons maak veranderinge in die verlede. Ons straf almal, ongeag die skuld of onskuld van die individue waaruit “almal” saamgestel is. Die hartseerste is die weiering om verandwoordelikheid te aanvaar en vingers te wys. Wie moet wette toepas? Dis natuurlik die minister van polisie se werk, maar o tog! Sal ons nou rekenskap eis van iemand wat blykbaar tronk toe was vir blykbaar politieke redes om blykbaar armsalige mensies se red van hulle onverdiende lot? O, toggie, my brein kry sommer seer

Astrain ·

Politieke rally….there ain’t no thing like bad press…kom ons melk ander se pyn en verlies om ‘n platform te skep vir ‘n politieke agenda…sies man!

Wonder ·

Omw en wie gaan seker maak dat kinders onder 21 nie in die taverns is nie daar moes gesorg gewees het dat die kinders onder 81 nie daar mag wees nie… DIE MAAK GLAD NIE SIN NIE…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.