Taverne-treurspel: ‘Waak teen bespiegelings’

Ondersoekers op die toneel (Foto: AFP)

Die bestuur van die Oos-Kaapse polisie het dit Woensdag pertinent en duidelik gestel dat die oorsaak van die dood van die 21 tieners wat die naweek onder geheimsinnige omstandighede by ’n taverne omgekom het, steeds onbekend is.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, sê die provinsiale polisiebestuur het met kommer kennis geneem van bespiegelings in die media rakende die oorsaak. Dit sluit in bespiegelings dat die tieners moontlik vergiftig is.

Kinana stel dit egter duidelik dat die polisie se forensiese ondersoekers steeds ondersoek instel.

Intussen is alle bewysstukmonsters wat tot dusver by die taverne sowel as tydens die lykskouings geneem is, reeds na die polisie se forensiese laboratorium geneem vir toksikologiese ondersoek.

“Tot tyd en wyl die werk van die forensiese laboratorium afgehandel is, moet enige informele en nie-amptelike inligting wat nie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens bekend gemaak word nie, as vals en misleidend beskou word.”

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, provinsiale polisiekommissaris, waarsku teen die verspreiding van vals stories wat moontlik verwarring en twyfel oor die polisie se ondersoekvermoë kan veroorsaak.

“Soos vroeër aangedui, sal die familie en lede van die publiek op ’n gepaste tyd en wanneer ’n amptelike verslag deur die deskundiges beskikbaar gestel is, deur die betrokke owerheid ingelig word. Ons doen ’n beroep op mense om hulle daarvan te weerhou om riskante aannames te maak wat nie tot ons ondersoeke bydra nie.”

Maroela Media het vroeër berig 17 tieners is Sondag in die Enyobeni-taverne in Scenery Park in Oos-Londen dood en die ander vier op pad na of in hospitale in die omgewing. Altesaam nege meisies en 12 seuns, tussen 13 en 17 jaar oud, is in die treurspel dood.

Talle tieners is in die hospitaal opgeneem met simptome wat onder meer rugpyn, ʼn toegetrekte bors, braking en hoofpyn ingesluit het. Die oorledenes het geen sigbare beserings gehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vexed ·

Tieners hoort nie in ‘n taverne waar drank bedien word nie. Punt. Die res is regtig nie so belangerik nie.

Jessica ·

Wat op aarde soek kinders tussen 13 en 17 in so n plek? Die eienaar en ouers moet geroskam word. Punt

marius ·

Dit is beslis nie natuurlike oorsake nie . Bespiegel ek nou ?

Snowball ·

Daar heers reeds verwarring en twyfel oor die polisie se ondersoekvermoëns (kyk maar na die ondersoeke tydens plaasaanvalle en veediefstal) Doen julle werk en kommer minder oor julle ‘image’. Polisieer wat julle kan en moet – dit sluit nie die publiek se opinies of bespiegelings in nie.

Lindi ·

Nou word ALLE begrafniskostes en grafkostes alweer verniet gegee!! Nee heng, hoe langer die storie draai om minder simpatie het ek. Het gister fotos gesien van die drinkende kinders wat “gepose” het vir fotos. Nee man – hulle hoort nie daar nie. Die forensiese verslae? SERIOUS? Ons het SEWE jaar gewag! Gaan dit regtig so gou gedoen word of is dit weereens ‘n bewys dat gewone mense beteken NIKS!!!!

Elmarie ·

Die groot sondebokke in hierdie treurspel is die ouers. Hulle moet verantwoordelikheid aanvaar vir hulle kinders. Geen 13 jarige hoort in ‘n taverne nie. Teen 3vm moet hulle slaap, of ten minste by die huis wees. Nou will die ouers huil na die tyd, Ag nee man.

Boon ·

Hoop die tragedies last SAPD wakker word dat forensiese afdeling asook DNA laboratoriums en ordentlike rekenaarstelsels om dokumente te bewaar alles absoluut noodsaaklik is. Die geval, wat min. CELE tot trane gebring het, is uitstekende bewys daarvan.

Olly ·

Is iemand nou weer bang daar is betogings teen loadshedding en generators en die gasse wat dit vrystel in ‘n toe gebou met kinders onder die invloed, wat voor hulle weet te swak is om te beweeg en buite te kom…. Bespiegel nie, wonder maar net?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.