Taxi-base in Mthatha afgemaai

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Die polisie is op die spoor van ’n onbekende aantal verdagtes wat Woensdagaand twee taxi-base in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet het.

Volgens ao. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 18:40 ontbied na ’n gastehuis in Slovo Park in Mthatha.

“Die polisie het op ’n wit Toyota-bakkie met twee insittendes – wat teen die gastehuis se hek gebots het – afgekom,” bevestig Nkohli.

“Die insittendes het skietwonde aan die bolyf opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens inligting het inwoners skote gehoor klap voordat hulle gesien het hoe die bakkie van die pad af swenk.

“Die voorval word ondersoek en die polisie volg alle leidrade op.”

Die slagoffers is as Masixole Gebengu (47) en Dumisani Bango (42) geïdentifiseer. Albei is lede van ’n plaaslike taxivereniging.

“Die polisie vra dat enigiemand met inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, die ondersoekspan by 082 393 1062 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Di ·

SO moor hulle mekaar uit – Taxi geweld het ook nou handuit geruk in die land.

Harley Davidson ·

Hulle kan so aangaan solank goeie ordentlike wetsgehoorsame burgers nie beseer word nie.

skurweberg ·

Dit kom daarvan as sake nie deur die regering gereguleer word nie. Dit geld vir alles. Die infrastruktuur moet instaat wees om dit te hanteer anders soek jy moeilikheid.

Witbaard ·

Die staat het mos bewys dat hy niks kan reguleer nie. (Herhinner jou aan Eskom,Poskantoor,SAL, Spoorwee, Denel………………….

Heinrich ·

Ubuntu uitgebeeld in praktyk, waar elkeen sy plekkie in die son gegun word solank ek jou son ook kan kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.