Taxi-bestuurder doodgeskiet in Pta-woonbuurt

Foto: Verskaf.

ʼn Taxi-bestuurder is in Centurion doodgeskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Woensdagmiddag in Hendrik Verwoerdrylaan in Centurion plaasgevind.

“Ons het die man aangetref waar hy ʼn paar meter weg van sy taxi in die gras lê. Hy het ʼn skietwond aan sy bors gehad,” het Meiring gesê.

“Die polisie was reeds op die toneel, besig om dit af te sper.”

Die man het geen tekens van lewe getoon nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Erg. Wonder of dit bende-/opstand-/wraakgedrewe was? Jammer vir die wat op hom staat moes maak as broodwinner.

Hannes ·

kan Maroela dalk net hul geografie regkry aub.
Centurion is nie ‘n Pta-Woonbuurt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.