Taxi-eienaars in Barberton aangeval

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Mpumalanga het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes ná twee taxi-eienaars Donderdag in Barberton, Mpumalanga, aangeval is. ʼn 34-jarige man is doodgeskiet.

Volgens berigte het ʼn taxi-eienaar sy Toyota Quantum by die huis van ʼn motorwerktuigkundige parkeer en toe hy uitklim, het ʼn gewapende man onverwags te voorskyn gekom. “Sonder om ʼn woord te sê, het die verdagte ʼn skoot op die slagoffer gevuur en van die toneel gevlug,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied en die 34-jarige man is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”

Hlathi sê die polisie versoek ene Andries Mdluli, wat hulle moontlik met die ondersoek kan bystaan, om so vinnig as moontlik met die ondersoekbeampte kontak te maak.

In ʼn afsonderlike, maar soortgelyke voorval, wat ook Donderdagaand in Barberton plaasgevind het, is ʼn taxi-eienaar se gesin aangeval. Een of meer verdagtes het skote na die man se huis gevuur. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

“Die polisie is in kennis gestel van dié voorval en ʼn saak van poging tot moord word ondersoek. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte die taxi-eienaar wou teiken, wat tydens die voorval nie by die huis was nie.”

Enigiemand met inligting kan kontak maak met kapt. Jabulane Mashiane by 082 373 9097.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.