Taxi geskut wat 28 skoliere vervoer

Foto: ANA

Verkeersbeamptes het Woensdag, op die eerste dag van die nuwe skooljaar, ʼn taxi voorgekeer wat 28 skoliere vervoer het, alhoewel dit gelisensieer is om slegs 16 leerlinge te vervoer.

Verkeersdienste het “oorlaaide voertuie, onpadwaardige voertuie, ongelisensieerde bestuurders en bestuurders met uitstaande lasbriewe vir hul inhegtenisneming” hanteer tydens ʼn skoliervervoeroperasie in Kraaifontein, ʼn voorstad in Kaapstad.

ʼn Beampte het die skoliere skool toe geneem, aangesien die voertuig waarin hulle gery het, geskut is.

Owerhede het bestuurders ook beboet wat nie ʼn professionele bestuurspermit (PDP) gehad het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris Ws ·

Darem is daar wetstoepassing in die Kaap.Noord van die Vaalrivier is die paaie “slagpale” want wetstoepassing is net nog ‘n woord.Who cares?Minister van vervoer Joe Hoesenaam moet sy kantoor ‘n slag verruil vir ‘n voertuig en SELF bestuur deur die land.Hy sal hom vrek skrik as hy eerstehands SIEN hoe yl wetstoepassers langs paaie is en waarmee bestuurders wegkom.

WimpieO ·

Ek hoop daardie taxi word vernietig en NOOIT weer terug besorg aan eienaar nie. En dat die taxi bestuurder en eienaar albei bitter swaar gestraf sal word. Dis is tyd dat daar ‘n voorbeeld gemaak word van hierdie mense wat almal se lewens in gevaar stel.

lizl ·

Dink nou net as so taxi in `n noodlottige ongeluk is…. 28 passasiers… Wonder ek nou , hoeveel taxi`s is in die land ?

Jannie ·

voertuig gelisensieer vir 16 persone,nie kinders nie,16 volwassenes.Die wet bepaal kinders tussen 6 en 13 jaar tel jy so;3kinders 6tot 13=2volwassenes.Kinders 3 tot 6= 1 volwassene.Kinders ouer as 13 jaar tel as n volwassene.Ek kom nie op vir die taxi bestuurder nie maar baie keer word die wet op kinder vervoer verkeer verstaan,so daai bus se 28 skoliere val baie maklik in die raamwerk dat die bus 28 kinders kan laai,hang net af of daar kinders ouer as 13 jaar is.Regulasie 231

Susan ·

Dankie vir die uitklaring Jannie. Dis so maklik om die taxi’s te teiken (want ons almal weet hoe hulle bestuur) maar as dit die enigste rede is waarom sy taxi geskut is (hy het tog veilig bestuur), dat voel ek dis onregverdig.
Arme opgewonde kinders het nou hulle eerste skooldag gemis!!

nell ·

Een stoel per kind klink vir my nie na ‘n moeilike som om te maak nie.

Han ·

As die taxibestuurders nie wil hoor nie, dan moet hulle voel! Hulle reken mos om wette te gehoorsaam is nie vir hulle nie en hulle is onaantasbaar. Straf hulle waar dit saak maak!

Genieve ·

Julle kan gerus ook in Riversdal gaan kyk hoe lyk dit daar..meer as 30 onpadvaardige voertuie wat ook skookinders vervoer.Die kinders hang by die vensters uit vevoer kinders met karre wat oorlaai is.

sandra ·

Ek het al meer as 1 keer ‘n voertuig, wat op die Bottelary pad skoolkinders vervoer, aangemeld, Die registrasienommer, alles is voorsien. Die kar is so oorlaai dit swaai heen en weer oor die pad oor die oorgewig. Die verkeersafdeling bel my en bevestig dat dit uitgesorteer is, maar o wee, net die volgende dag is die ou terug, net so vol soos voorheen. Ek het al of mens nie die skool, waar die kinders afgelaai word, moet nader en dit onder hulle aandag moet bring nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.