Taxi-ongeluk eis minstens 6

Die wrak van die taxi. (Foto: IPSS Rescue)

Minstens ses mense is vanoggend (Vrydag) in ʼn taxi-ongeluk noord van Durban in KwaZulu-Natal dood.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê in ʼn verklaring paramedici is omstreeks 06:44 na die toneel op die R102 in Umhlali ontbied.

Die bestuurder van die taxi het na bewering beheer oor die voertuig verloor en die taxi het omgeslaan.

Volgens Herbst is ses mense noodlottig beseer. Nog drie is in ʼn kritieke toestand en vier ander het matige tot ligte beserings in die voorval opgedoen.

‘n Teddiebeer het op die ongelukstoneel agtergebly. (Foto: IPSS Rescue)

ʼn Lugambulans is vanoggend na die toneel ontbied weens die aard van een van die beseerdes se beserings. Die ander beseerdes is met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Die nodige owerhede was op die toneel, sê Herbst.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.