Taxi-optog bring Rustenburg tot stilstand

Taxioperateurs het na die Rustenburg-munisipaliteit opgeruk (Foto: Molaole Montsho/ANA)

Taxioperateurs het Donderdag in Rustenburg betoog en die plaaslike munisipaliteit twee weke gegee om te reageer op ʼn memorandum van eise.

Die Bojanala1-streekstaxivereniging het ʼn vreedsame optog gehou en na die munisipaliteit opgeruk om hul memorandum te oorhandig. Die optog het ook ten doel gehad om lig te werp op die taxibedryf se standpunt oor geslagsgeweld en xenofobie.

Bruno Yelani, woordvoerder van die taxivereniging, het gesê die munisipaliteit moet binne 14 werksdae op hul memorandum reageer, anders sal hulle “meer ernstige aksies oorweeg”.

Die taxivereniging eis dat die munisipaliteit die taxistaanplekke moet opknap en ligte moet installeer. “Ons eis ook dat die openbare toilette by die taxi- en bushaltes herstel moet word. Ons eis dat al die nyaope-mans [dwelmverslaafdes] in en rondom die taxi- en bushalte verwyder moet word,” het Yelani gesê.

Die taxivereniging versoek ook dat diegene wat onwettige taxiondernemings bedryf, in hegtenis geneem moet word en dat Uber en Taxify verwyder moet word.

Taxioperateurs het na die Rustenburg-munisipaliteit opgeruk (Foto: Molaole Montsho/ANA)

Pendelaars is gestrand gelaat en ondernemings moes sluit toe die taxibedryf die strate ingevaar het. Pendelaars op die R510-roete moes ryloop en persone in Paardekraal, Sunrise Park en Ramochana moes 10 km ver stad toe loop. Persone wat van nagskof af gekom het, het geen taxi’s by die taxistaanplekke gevind nie.

Die polisie het die optog gemonitor en ʼn polisiehelikopter het in die lug bly sirkel. Ondanks ʼn vreedsame optog, het meeste ondernemings in die middestad sy deure gesluit.

Daar was ʼn oproer toe Lucky Kgaladi, LUR vir tegniese- en infrastruktuurdienste, die memorandum namens burgemeester Mpho Khunou in ontvangs kom neem het. Voorsitter Serame Sebego het egter verduidelik dat Khunou nie beskikbaar is nie, omdat hy nie tans in die land is nie. Kgaladi het bevestig dat die munisipaliteit binne twee weke sal reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Martin ·

Stem saam behalwe dat die ander taxis verwyder moet word. Die minibus taxis het nie alleen reg nie. Tyd dat hulle self in die bek gedruk moet word oor hul ignorance met verkeers reels.

Outoppie ·

Taxis regeer mos die land. Hul maak net soos hul wil en kom weg daarmee

Hennie ·

Tipies Afrika mentaliteit… Wil alles hê maar sal niks uit hul eie sak bydrae nie. Nee wat die wêreld skuld my want my ou velletjie is mos getint! Swakkelinge!

Michael P ·

Die Taxies kan jy dit oor vertel demand deman & demand What if we demand to remove them from our roads ek wonder wat nou gaan gebeur met die een wat die advokaat dood gery het?

Klara ·

Dis ons verbruikers se reg om te kies – taxi, uber of taxify!!!!
Demokrasie jy weet!!!

Pieter ·

Die taxioperateurs doen nou die polisie se werk om die klomp dwelm smouse te verjaag wat n grap hehe

Pottie ·

Dan kry hulle nog brandstof supsidie ook die land en sy regering is een groot grap

Von ·

Taxis is deel van die wetteloosheid, nou wil hulle eise stel…genade hoe blind kan satan n mens maak….Here wees ons genadig in hierdie land wat beheer word deur kriminele

phillip ·

Ek stem saam met die taxsies oor die toilete beligting en opknaping van die bus haltes en waar die texsies mense op en af laai . Hulle het n punt en staaf hulle optreede op die paar punte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.