Taxi-optrede veroordeel

Taxi’s in die Pretoriase middestad (Foto: Twitter)

Die Gautengse verkeerspolisie het die geweld, asook verkeersontwrigting en voorvalle van intimidasie wat Woensdagoggend tydens ʼn staking van die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) se een dag lange staking in Pretoria aangemeld is, veroordeel.

Betogers het in die stad amok gemaak deur paaie onwettig te versper en talle mense én leerders is gestrand gelaat.

“Die verkeerspolisie wil ’n ernstige waarskuwing aan taxi-operateurs wat onnodige padversperrings veroorsaak, rig. Die versperring van ’n openbare pad is ’n verkeersoortreding en strafbaar ingevolge wetgewing,” sê Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie.

“Die Gautengse verkeerspolisie en verskillende wetstoepassingsagentskappe sal nie huiwer om op te tree teen enige vorm van wetteloosheid op ons paaie nie.”

Maremane sê taxi-operateurs het alternatiewe opsies wat hulle kan ondersoek om hul griewe te lug, pleks daarvan om paaie en mense se lewe te ontwrig.

Die taxibedryf eis onder meer die vinniger uitbetaling van geld ingevolge die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se TERS-program wat toelae betaal aan diegene wat deur die Covid-19-afsonderingstydperk geraak word.

Taxi’s vroeër op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg. (Foto: @crimeairnetwerk/Twitter)

Hulle ruk op na die departement van vervoer asook die Uniegebou waar hulle memorandums aan onderskeidelik die minister van vervoer en die president oor hul griewe wil oorhandig.

Maremane sê die staking het ’n negatiewe uitwerking op die land se ekonomie, veral omdat Gauteng die ekonomiese middelpunt van die land is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn bus is in Orchards, in die noorde van die stad, gekaap – oënskynlik deur lede van die NTA.

Die volgende paaie is ʼn kort ruk gelede nog ernstig geraak:

  • Mabopane-hoofweg (R80)
  • Molotopad (R573)
  • Soweto-snelweg in ʼn noordelike rigting
  • N1 tussen die Buccleuch-wisselaar en die Samrand-afrit
  • R21 tussen Olifantsfontein en die afrit na Irene
  • N1 by Sefako Makgathorylaan

Die verkeerspolisie monitor steeds die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Genis ·

Wat van al die aanrandings van onskuldige mense in hulle motors? Met pangas en tonfas… Wie vat verantwoordelikheid daarvoor? Hulle is nes die EFF… Ja DA, julle beheer mos nou die stad, doen bietjie julle werk…

Dries ·

Ek wonder darem hoe daar opgetree sou word as dit boere was wat die snelwee so met trekkers geblokkeer het om te protesteer teen plaasmoorde.

Genis ·

Ek was vrby hulle in Lavender weg, daar was nie SAPS of Metro nie… daar was ook n swart BMW sonder nommerplate.. die insittendes het met “battons” uitgespring en wou iemand aanrand… Lekker in Tshwane… sou nie in die ou Pretoria gebeur het nie… Die Metro is seker erens besig om bribes onder n brug te vat…

Plaaskind ·

Is daar dan geen mense gearresteer soos in Senekal vir terrorisme en beskadiging van staatseiendom nie?

Stefan ·

Ek is baie bly om te lees ‘wetstoepassers sal nie huiwer om op te tree’
Maaaarrr, hoekom tree hulle dan nie op nie???

Keelvol ·

Want toe hulle in Senekal en in Brackenfell optree toe word hulle veroordeel. Nou kan Almal maar maak soos hulle lekker kry.

SomeOne ·

kyk maar wie ry voor in die “konvooi” metro en polisie, maar hulle wil skree oor versperring, pad regulasies, ens. hoekom doen hulle nie hul werk soos voorgeskryf

Kokerboom ·

Die Verkeersowerhede praat twak. Hulle het geweet wat kom maar is te bang om op te tree teen hul broers en comrades!! Laat dit nou net Wit wees dan sou jy sien!!Dis absoluut skandalig dat taxi bedryf toegelaat word om te maak soos hul wil in alle opsigte en skotvry afkom. Wie gaan skade aan ekonomie dra?Die regering is ‘n absolute “disgrace”

Dubbelloop ·

???? wee, ons landjie is vinnig oppad na ashoop status erger as rommel status met hiedie klomp spreeus in ons midde en in regerings poste. Die probleem is dat wetteloosheid hoogty vier met ń korrupte verdedigingsmag, SAPD, SAW, Metro polisie, ens.

Anoniem ·

@Dubbelloop, danksy die ANC is die land is lankal op die ashoop.

Kokerboom ·

Lê beslag op taxis en skenk aan skole en ander instellings met meriete wat geen vervoer het!!

Misky ·

Beste voorstel wat ek in n lang tyd gehoor het. Stem 100% saam

Genis ·

Hulle sal nie, dis dan reeds staats gesubsideerde voertuie vir hulle boeties

Stefaan ·

Praat praat praat. Die Metro is soos ‘n hond sonder tande. Ek wonder of die taxi drywers UIF betaal?

Maggies ·

PRAAT, PRAAT PRAAT… Tree dan nou op en arresteer die hele lot. Ek dink hulle is almal bang. Kies net altyd die sagte teikens, die minderheidsgroep.

George ·

Soos altyd, die taxi’s kan maak net wat hulle wil! Hoekom hulle waarsku na die optog, hoekom nie opgetree tydens die onwettige optog.

JM ·

Die taxis beheer mos die land, wys landswette die middelvinger! Net soos hulle die inperkingsreëls geïgnoreer het. Dit wil voorkom asof wetstoepassers vir die taxi-mafia bang is. Een van die grootste kankers wat ooit die land getref het!!

Misky ·

Ek raak al naar en praat in tale as ek lees hulle “veroordeel” iets. Maggies man, doen iets en arresteer hulle dan. Wys ons net een wat gearresteer is asb, net een….

Nie Verbaas ·

Waarskuwing rig, siestog hulle blabber net en doen niks.

Genis ·

Een van die grootste probleme is dat die regering hierdie taxi industrie te veel laat groei het.. Dis nou buite beheer… Hulle is om die minste te se, vrek bang vir hulle.. SAPD en Metro, nietemin in die bed saam ook nie…

LIEZL ·

Hulle kom in elk geval nie die padreëls na nie, so hulle sal hulle nie steur aan die feit dat hulle nou wetteloos is om die paaie te versper en mense se dag om ver te gooi. Julle mors jul tyd om dissipline toe te pas.

Persheks Adri ·

Almal is te bang vir die taxi’s ons weet dit tog! Wil sien of iemand toe gesluit gaan word… Hulle gedrag is onaanvaarbaar verby en ek sien nie eers dat die polisie iets doen nie pffft niks nuut nie

MAGRIETHA ·

Getroue belasting betalers word weerhou om paaie te gebruik waarvoor hul belasting betaal hoe onregverdig is dit nie , al hierdie optogte en strikery moet verbied word deur wetgewing want oral waar dit gebeur is daar geweld ,skade ens kan ons regering en howe dit nie raak sien nie

BOKKIEBEK ·

Tipies….NIEMAND sal ooit vooruitgaan nie…Hulle gee nie om of dit hul eie benadeel (skole) -is reeds so agter… Daarom sal daar nooooit vooruitgang wees nie…

Stefan ·

En dan word ons verkwalik dat ons nie so gretig is hom hulle na ons privaat partytjies te nooi nie.

Kerneels ·

As ek nou moes vas sit in daai gemors met my kind of n familie lid wat dringende mediese behandeling nodig gehad het, en hulle moes iets oorkom agv van die klomp….het SA nog n ”Wit Wolf” ekskursie beleef. Julle druk nou wragtig te ver en julle gaan nie van die uitkoms hou nie. Die mense is verby keelvol!

Apiebalie ·

Taxi’s – lang berig . En die Gautengse Verkeerspolisie sal nie huiwer om op te tree nie………….Dan die laaste sin: Die Verkeerspolisie MONITOR die situasie. Dit laat my uit-die-maag-uit-lag. Want sien – dit is presies net waar als bly. MONITOR???????? GEEN OPTREDE NIE!!!!!!!!

SomeOne ·

al monitor wat hulle doen, is die monitor skerm waarop hul tv kanale op vertoon

Riana ·

Seriously… wetoortreeding en kan gestraf word… en dan staan hulle en kyk en niks doen????

Matilda ·

Hier gaan dadels van kom. Hulle maak net soos hulle wil, ry soos hulle wil, intimideer soos hulle, kom geen verkeersreëls na nie, want hulle is die agtergeblewenes, siestog.

Regverdigheid ·

Hul mag mos hul reg hahaha ANC laat hul toe om te doen wat hul wil .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.