Taxi ploeg deur huis ná bestuurder geskiet is

Argieffoto

ʼn Taxibestuurder, vermoedelik 38 jaar oud, is Saterdag in Uitsig, Elsiesrivier in Kaapstad doodgeskiet.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 11:40 na die toneel ontbied. “Die taxi het deur ʼn huis geploeg. ʼn Man het op die voorste sitplek gelê. Hy het ʼn skietwond in sy kop opgedoen en het aan sy beserings beswyk. Hy is vermoedelik geskiet voor hy deur die huis gebars het.”

Die man is op die toneel dood verklaar.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie. Die polisie stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerrit ·

Wat is die rede vir die vae feite hoekom vermoedelik 38 is hy 38 of word daar net geraai dat hy miskien 38 is,hoe weet julle hy is vermoedelik geskiet voor hy deur die huis gery het gee asb feite en nie wilde raai skote nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.