Taxi-protes raak dié strate in Pretoria

unie-gebou-pretoria

Die Uniegebou in Pretoria se middestad (Foto: Falco/Pixabay.com)

Die Tshwane-metropolisie het Dinsdagaand gewaarsku dat ʼn moontlike taxi-betoging in die middestad van Pretoria Woensdag erge ontwrigting kan veroorsaak.

Sr. Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê dié protesoptrede sal as onwettig beskou word aangesien geen aansoek daarvoor by die metropolisie ingedien of goedgekeur is nie.

Volgens inligting wat aan Mahamba verskaf is, sou die taxi-bestuurders Woensdag reeds van 03:00 by die Denneboom-taxistaanplek bymekaarkom en dan beweeg in die rigting van Pretoria se middestad om eindelik weer te ontmoet op die hoek van Madiba- en Lilian Ngoyistraat om ʼn memorandum te oorhandig.

“As departement besef ons dat dit die mense se reg is om te protesteer, mits hulle die regte kanale gevolg het om dit te doen en ook die regte en veiligheid van ander mense respekteer. As wetstoepassers sal ons geen onwettige aktiwiteite nie duld nie. Diegene wat die wet oortree, sal aan die pen ry,” het Mahamba gesê.

Volgens hom sal dié strate deur die protesoptrede geraak word:

  • Tsamaya-laan (in Mamelodi)
  • Stormvoëllaan
  • Nico Smithstraat
  • Steve Bikostraat (Beatrix/Mears/Voortrekkerstraat)
  • Flowersstraat
  • Eskia Mphahlele-rylaan (DF Malanrylaan)
  • Strubenstraat
  • Thabo Sehumestraat (Andriesstraat)
  • Madibastraat (Vermeulenstraat)
  • Lilian Ngoyistraat (Van der Waltstraat)

Lede van die publiek word aangemoedig om enige onwettige aktiwiteite aan te meld by 012 358 7095/6 of 012 358 1906/05.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pik ·

As dit dan onwettig is en reeds bekend is hoekom word dit nie gestop nie?

Theresa ·

Onwettig = voorafkennis = polisie en ander veiligheidsmagte soos weermag = oplossing.
Onwettige mense moet ophou om dié wat normaal hul dagtaak wil en moet voortsit, te intimideer en weg te kom daarmee. Dwing wet en orde af ter wille van wetsgehoorsames.

Tersia ·

Die foto is die Unigebou en nie die munisiepalieit nie dink ek. Kry stootskrapers en stoot hulle tot waar hulle vandaan kom. Maak mens SIEK. Soveel wetteloosheid.

Mathilda ·

Die foto se beskrywing sê duidelik: Uniegebou! Wat is die stelling dus?

Lynni ·

En as jy iets doen word jy toegesluit. Hoekom doen jy nie iets nie? Nie nodig om mense swakkelinge te noem nie.

Will i am ·

Onwettig maar jul mag maar aangaan. Hoe werk dit? Ek wil ook my boetes laat afskryf waar doen ek dit?

CAROL ·

Snaak hoe dit is wanneer hul strike meeste van die tyd kry hul hul sin, maar ja laat ons strike dan word ons “gefire”!!!

Divan ·

Dalk moet ons almal maar ophou werk en by ons huise bly , lyk my jy kan nie eers meer soos n normale mens werk toe gaan en weer huistoe ry nie , skaam jou om te se jy bly in SA , wat nou gemaak Mnr Fikile l!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Meraai ·

Luister maar in die oggend na die verkeersverlae. Die laaste maande is daar elke dag iewers ‘n pad wat toe is en dit oor een of ander protes aksie. Stormvoel en Nico Smit is ons uitgaan pad N1 toe. Ek het toe Lynwood toe gery om dit te vermy. Verbasend baie karre gesien met mense in wat verseker taxis gebruik om by die werk te kom.

Johanna Botha ·

Al SO moeg vir die ewige stakings en ontwrigtings . .waneer word daar ooit gewerk …ons verdien regtig die junk status 110 %

Corine ·

“As departement besef ons dat dit die mense se reg is om te protester” Nonsens, wat van die reg van die mense wat werk toe gaan om belasting aan die wettelose land te betaal maar wat telkens verontrief word. Wat van die reg van vrye keuse watter vervoermiddel enige person wil gebruik. Wat van wie vat die verandwoordelikheid om op te ruim en skade te herstel na so ‘n betoging. Almal “demand” maar niemand vat verandwoordelikheid of stop hierdie alewige tydvermorsing betogings nie. As dit onwettig is dan moet dit nie toegelaat word nie, punt. Konstante betogings beinvloed toerisme en groei in die land. Hoekom kan party van ons dit besef en sekere mense weet nie van beter maniere om te kommunikeer nie?

Danie ·

toe ons ge strike het teen Zuma het ons enige motors met klippe gegooi of mense met stokke geslaan? nuwe berig op news24 se hulle rand mense aan en gooi motors met klippe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.