ʼn Man is Maandagaand dood en nog ʼn persoon beseer tydens ʼn ongeluk in Kwadabeka in KwaZulu-Natal.
Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk in Kwamaseweg plaasgevind. “Volgens ooggetuies het ʼn taxi ʼn voetganger getref voordat dit teen ʼn paal langs die pad vasgery het,” het Botha gesê.
Die voetganger was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.
ʼn Passasier in die taxi het geringe beserings opgedoen, en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die polisie ondersoek die ongeluk.