Taxi-skietery: Spesiale aksieplan om moordenaars vas te trek

Argieffoto: SAPD

ʼn Spesiale aksieplan is beraam om die moordenaars vas te trek wat Saterdagaand 11 mense in ʼn taxi in KwaZulu-Natal doodgeskiet het.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die aksieplan strek oor 72 uur en lede van die SAPD, misdaadintelligensie, die Valke, die spesiale taakspan en die polisie se speurdiens is daarby betrokke.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Saterdag omstreeks 20:00 naby Colenso in die KwaZulu-Natalse Middelande plaasgevind. Die taxi was op pad van ʼn begrafnis in Matimatolo in KwaZulu-Natal na Johannesburg toe onbekende mense uit die bosse langs die R74 te voorskyn gekom en op die taxi losgebrand het.

Volgens Naidoo is 11 mense doodgeskiet en vier ander gewond. Die beseerdes is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Twee insittendes van die taxi is nie beseer nie. Naidoo het gesê die slagoffers was almal lede van die Ivory Park-taxivereniging in Gauteng.

Genl. Kehla Sitole, nasionale kommissaris van die polisie, het die voorval ten sterkste veroordeel. Hy het gesê die waarnemende provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, en sy bestuurspan is opdrag gegee om beheer te neem van die ondersoek na die moorde.

“Ons sal wag vir die ondersoek om te vorder voordat ons bespiegel oor die motief vir die voorval,” het Sitole gesê.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan word versoek om dit by Stop Misdaad by 08600 10111 aan te meld. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Koos ·

Dalk moet ons eerder in taxi’s ry as op plase bly. Blykbaar spring die SAPD op aandag sodra mense in taxi’s vermoor word…

Janosh ·

Koos, jy van die woorde so uit my mond. Die reaksie van die owerhede is verstommend as dit by hul eie basse kom.

ferdi ·

Geen misdaadintelligensie ni as di eenheid bestaan het sou di voorval voorkom word net soos di plaasmoorde

De Villiers ·

Hoekom word daar nie ‘n spesiale taakspan aangestel om die plaasmoord epidemie te ondersoek en hok te slaan nie?

Anoniem ·

Ah ! Nou moet die Regering begin om konsekwent te wees en alle misdade prioriteitsmisdade maak ook PLAASMOORDE ! Gaan vir my ‘n paar taxi’s kry om op die plaas, in te woon ! Sodat die nuwe aksieplan vir Taxi’s my ook ondervang !!!!!!!!! Regering en almal met hulle dubbele standaarde ! Misdaad speel kat en muis met Julle want die kanker het reeds te ver gevorder daar is nie meer keer nie en als sal vernietig word OOK DIE WIL VAN BUITELANDSE BELEGGERS !!

Ella ·

Lyk my dit is die eerste gedagte wat ons koppe dink as ons dit lees. Myne ook.
Hoekom stel die ANC regering nie n taakspan aan vir plaasmoorde? Omdat hulle weet wie agter dit sit, geen taakspan nodig net n opdrag van die ANC om dit te stop.
My hart huil vir SA.
Ek weet party van julle gaan my voorstel aflag maar ek dink ons moet n groot gebedsaksie loods en alle gelowiges kry om n week, twee weke, hoe lank dit ookal verg, vir vrede en n hartsverandering in ons land en regering te bid.
Die krag van gebed word onderskat.

ne ·

Ja, asseblief. Die Here slaap nie. Kom ons begin vir SA bid!!!!!!

Hanna Hoekom ·

Taxi base skiet al vir jare die wit waks uitmekaar uit en dit sal heelwaarskynlik nooit verander nie. Prioritiseer eerder plaasaanvalle en stel taakspanne aan as wat julle net julle tyd mors met die “mafia” in die taxi bedryf.

KoosGrapJas ·

Terwyl hulle nou taakspanne saamstel, stel sommer een op vir die plaasmoorde of is voedsel sekuriteit en boere lewens dit nie werd nie? Die regering moet hierdie wetteloosheid hok slaan, almal in SA is al verby keelvol vir kriminele.

grapkas ·

jy weet mos een of ander slim regering beampte het reeds laat hoor dat die groot geraas oor boere oordrewe is. mens koop immers jou kos by pnp, checkers, spar ens.

Sdl ·

Daar was nie n boer op die taxi nie. Wtee.
White taxi economic empowerment…… !

Se maar net ·

Kan daar asb n spesiale aksieplan beraam word oor plaasmoorde.

Sies ·

STEEDS GEEN PLAN OM PLAASMOORDE TE STUIT NIE? DIT IS VER MEER AS DIE TAXIMOORDE …hoekom kry dit nie aandag nie .. alweer ‘n man deur die kop geskiet . ‘n ander een se oe is met tange verwyder .. IS DIT REG?? IS dit gewone misdaad??? maar nee kom ons gee die TAXI aanvalle meer aandag as die PLAASMOORDE wat heeltemal hande uitruk . SKAAM JULLE!

Aksieplan ·

Gaan daar ‘n “spesiale aksieplan” ook ingestel word vir die plaasmoorde? Of vra ek nou hopeloos te veel Brig. Naidoo en Genl. Sitole?

Afrikaanse Knaap ·

Skaf regstellende aksie in die polisie en gesondheids industrie af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.