Taxi sleep fietsryer meer as 500 m saam

Die fietsryer is meer as ’n halwe kilometer ver onder die taxi gesleep. (Foto: Netcare 911)

’n Taxi het Sondag twee fietsryers in ’n Johannesburgse woonbuurt getref en een van hulle meer as ’n halwe kilometer ver gesleep voordat lede van die publiek die taxi voorgekeer het.

Die fietsryer moes vanoggend van onder die taxi bevry word en is dood verklaar.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is kort ná 07:00 na Bowlinglaan naby Kelvinrylaan in Gallo Manor ontbied nadat ’n taxibestuurder na bewering te vinnig gery en twee mans op hul fietse getref het.

Die betrokke fietsryer wat saamgesleep is, was met paramedici se aankoms nog onder die voertuig vasgepen.

Van die fietsryers se besittings op die toneel. (Foto: Netcare 911)

Die man, vermoedelik 50 jaar oud, moes met hidrouliese gereedskap van onder die taxi bevry word. Die verminkte man het egter geen teken van lewe getoon nie en is dood verklaar.

Die ander fietsryer is op die toneel behandel voordat hy na ’n hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Herbst sê die toneel was van so ’n gruwelike aard dat selfs nooddienswerkers geskok was oor die voorval.

Die bestuurder van die taxi is nie gedurende die voorval beseer nie en in hegtenis geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Piet ·

Ek hoop nie dis weer wit persone wat raakgery is nie want die people gaan uit hul pad om ons te vermoor!!!!

Irene ·

Jammer maar ek wil nie lees die bestuurder van die taxi het geen beserings opgedoen nie. Ek wil lees dat die wetter gearresteer is!

Ian ·

Duidelik was dit mos nou nie n ongeluk nie…… Laat ek raai die taxi bestuurder is ook nie gearresteer nie.

Jacques ·

Hoekom is daar niks genoem van die taxi bestuurder wat gearresteer is vir moord nie. Sou hy dadelik gestop het sou dit n ongeluk wees maar om hem 500m te sleep is mos moord!!

Truthful ·

Taxi bestuurder nie beseer nie??na hy .n man op .n fiets vermoor het en .n ander beseer het??? En nie gearresteer is???500 meter .n man sleep ???en nie eens stop nie??? Klink of hy dit doelbewustelik gedoen het om fietsryers temoor!!!!!!!

Anel ·

Hoekom word daar nie gesê dat die taxibestuurder op die plek in hegtenis geneem is nie? Ons stel nie belang of hy beseer is of nie.! As ek nou ‘n fietsryer net raak gery het, was ek al in die tronk en die sluit weggegooi! Sterkte aan die naasbestaandes.

Marthsu ·

Dit gebeur so baie en in enkele gevalle gebeur daar werklik iets met die skuldiges? Dit kan mos nie so aangaan nie?

Carina ·

Hulle ry in elke geval of die pad aan hulle behoort. Moet van moord aangekla word.

Chris ·

Dit is so dat almal nie gelyk voor die hand van die gereg is nie. Juis daarom moet fietsryers en ordentlike mense eerder die minste wees en nooit die pad met ‘n taxi probeer deel nie. Gee pad en wees eerder die minste. Taxi’s se gedrag op die pad is wetteloos, roekeloos en selfsugtig en gaan nog baie padgebruikers se dood veroorsaak as niemand hulle kortvat nie.

Samuel ·

Dit is werklik uiters tragies!! Vanselfsprekend sou die taxi bestuurder niks oorgekom het nie. Hoe wreed om so ver te ry en dat ‘ n lid van die publiek hom moes attent maak op die voorval. Motoriste oor die algemeen is roekeloos in SA, maar min is harteloos soos taxi bestuurders.

Linx ·

Volgens ander berigte was die bestuurder glo dronk en wou weghardloop van die toneel hy is gearresteer vir dronkbestuur&strafbare manslag.

Cabytheron ·

As ek dit reg verstaan het die bestuurder ook nie gestop by ‘n ongelukstoneel nie. ‘n Tref en trap, wat die slagoffer saamgesleep het.
Hoe tragies! Sterkte aan die familie en vriende.

Phillip ·

Ek.lees gearresteer maar vir wat moord of manslaughter want n boer wat ip video homself moes vergedig word dadelik geaaresteer vir moord.

Swerwer ·

Die taxi drywers blyk om fietsryers met opset raak te ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.