Taxi-staking: Regering veroordeel gewelddadige optredes

Die R80. Foto: TMPD.

Sizakele Nkosi-Malobane, die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Donderdag die gewelddadige optrede tydens die taxi-staking wat wydverspreide chaos op die provinsie se hoofroetes veroorsaak het, veroordeel.

“Die geweld, intimidasie en wetteloosheid deur aksies van die taxi-vereeniging Santaco word streng veroordeel. Die staking het tot ontwrigting van dienslewering gelei, aangesien die meeste werkers nie na hul onderskeie werkplekke kon gaan nie. Skoliere en studente is ook die geleentheid ontneem om eksamens te skryf, aangesien verskeie paaie versper was,” het Nkosi-Malobane gesê.

Sy het gesê betogers het ook onwettig vragmotorbestuurders se sleutels afgeneem en die bestuurders met hul vragmotors op paaie gestrand gelaat.

“Ek is diep teleurgesteld oor die manier waarop Santaco-lede gedurende vanoggend se protesaksie opgetree het. Dit is ʼn grondwetlike reg vir gemeenskapslede om aan vreedsame betogings deel te neem, maar gewelddadige optredes en intimidasie van nie-stakende mense kan nie toegelaat word nie.”

Sy het gesê die staking het ʼn negatiewe uitwerking op die ekonomie gehad, aangesien Gauteng die ekonomiese kern van die land is.

“In die toekoms sal ons dit nie oorweeg om vir Santaco toestemming te gee om aan ʼn protesaksie deel te neem nie. Ons wetstoepassingsagentskappe werk onverpoosd om te verseker dat die skollies wat vragmotorbestuurders se sleutels onwettig afgeneem het, aangekeer word.”

Sy het gesê enige werker het kanale om te volg om hul besware uit te lig, in plaas daarvan om hulle tot intimidasie en gewelddadige betogings te wend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jan van riebeeck ·

so hulle gaan nie weer toestemming kry om te mag staak nie , yeah right !

Michael ·

Hulle het ook nie toestemming gehad vir vandag se staking nie.Ek hoop die mense wat skade gely het dagvaar santago en beslis die motorfiets bestuurder wat beseer is moet die saak nie daar laat nie.

CHRISTA ·

Die taxi’s het vooraf gewaarsku dat hulle die staking gaan uitvoer! Waarom was die hulp van die weermag nie ingeroep om op bystand te wees nie? Die metropolissie is nutteloos!! Selfs wanneer jy probleme aan hulle rapporteer is hulle kommentaar ” You whites always complain about everything”!!! Dis wat met my in Edenvale gebeur het en 4 dae later was my motor afgeskryf deur ‘n motor wat in my vasgejaag het!!!

stootskraper ·

as die revering so ontevrede is oor die staking kon hulle stootskrapers gekry het on die paaie oop te maak. en voordat hulle nou begin minibuses verkoop, drop sommer Prado’s se pryse ook. ek wil een he.

Pieterlewismuts ·

Hoeveel taxis is geskut vir obstruksie van deurgang.
Hoeveel taxis is aangekeer vir on padwaardigheid.
Hoeveel taxidrywers is aangekeer sonder GELDIGE lisensie
Vrae wat beantwoord behoort te word.
As die antwoorde. Op vrae is : Nie.een nie – dan het die.SAPS en die METRO polisie hul werk versus en moet ook HULLE aan gespreek word.

Andre ·

Minagting van die wet is mos maar aanvaarbaar in SA. Nommer 1 stel die voorbeeld,

A. Mac ·

En dit ook al wat die regering doen. Tot die volgende afbrand en padblokkasie en winkels plunder. Dan veroordeel die regering maar net weer. Die regering het geen wil of lus om hierdie optredes in die kiem te smoor omdat dit hulle stemme kan kos in verkiesings. So dis makliker om te praat en te veroordeel maar verder niks te doen. En deur niks te doen is dit ‘n stille bevestiging van die regering dat dit hul goedkeuring wegdra.

Marius ·

Ons weet almal wat hierdie land nodig het om van Die Probleem ontslae te raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.