Taxi-staking (vir eers) verhoed

Argieffoto

ʼn Staking deur ontevrede taxibestuurders oor hoë terugbetalingskoerse vir hul voertuie is vir eers verhoed ná ʼn vergadering tussen die minister van vervoer en die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging (Santaco).

“ʼn Vergadering is gehou as deel van die toewyding van die regering dat ons met rolspelers in die vervoerbedryf, insluitend die taxibedryf, die spoorwegbedryf en busoperateurs sal vergader om die transformasie van dié belangrike ekonomiese bedryf te bespreek,” het minister Joe Maswanganyi Sondag aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Die bedryf is die hoeksteen van ekonomiese ontwikkeling.”

Hy het gesê Santaco en die regering het aangedui dat die beplande staking, wat op 12 Julie sou begin, opgeskort is om verdere gesprekke te voer oor kwessies wat Santaco aangeroer het. “Die regering en Santaco het ingestem om saam te werk aan die uitdagings wat die taxibedryf daagliks beleef.”

Die vergadering is Vrydag gehou toe taxibestuurders gedreig het om met nóg ʼn verlammende staking te begin ná betogings wat Gauteng se hoofweë en snelweë in Junie tot ʼn stilstand gedwing het.

Maswanganyi het gesê sy gesprekke met taxibestuurders het oor drie sake gehandel – die taxisubsidi, bedryfslisensies en toegang tot finansiering.

“Komitees sal saamgestel word om hierdie kwessies te bespreek. Die komitees sal lede van Santaco insluit asook lede van die nasionale en provinsiale sfere van die regering.”

“Bewyse” toon dat minibustaxi’s die voorkeur vervoermetode is, en maak deel uit van meer as 68% van daaglikse pendelaars.

“Dit is dus noodsaaklik dat die kwessie oor die subsidering van die bedryf dringend aangespreek moet word. Ons neem kennis van die agterstand by provinsiale regulerende entiteite wat bedryfslisensies betref. Die regering kon wetgewende vereistes verskaf om seker te maak dat taxibestuurders tot ʼn spesifieke gebied beperk word, in teenstelling met die vorige radiusgebaseerde bedrywighede,” het Maswanganyi bygevoeg.

“Die regering sien uit na ʼn gesonde verhouding met die taxibedryf, wat gereeld gebuk gaan onder geweld en anargie. Ons doen dus ʼn beroep op die taxibedryf om saam te staan teen geweld en enige vorm van anargie en kriminaliteit in die taxibedryf. Ons versoek die bedryf om standpunt in te neem en die paar individue, wat die land probeer ontwrig, aan die lig te bring.”

Boy Zondi, tweede adjunkpresident van Santaco, het gesê dié organisasie het die staking versoek wat op 12 Julie sou begin. “Ons het vir die minister gesê die normale stand van sake kan nie voortgaan nie. Ons het besluit om tekkies te koop, want ons het besef dat raadsale ons, die taxibedryf, nie help om ons kwessies aan te roer nie.”

Zondi het gesê hulle het dit ook aan die minister duidelik gemaak dat hy die sewende minister van vervoer is wat gesprekke het met die taxibedryf. “Ons wil dus hierdie keer sien dat daar vinnig oplossings kom vir die taxibedryf. Ons verseker intussen die publiek dat daar op 12 Julie nie enige staking sal wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johannes van Staden ·

Taxis ontwrig alles betaal geen belasting hou by geen reels en ry die paaie stukkend

Hens ·

Dalk moet ons ok strike. Betaal ok te veel vir my kar…. maar nee deesdae moet alles mos goedkoper wees vir hulle

rafel ·

Wens die bedryf staak v ewig.
…3x in een week amper in botsings weens hul onbeskofte onvermoe om by die padreels te hou.

Boswyk ·

Gelukkig as hulle staak gaan daar minder mense op ons paaie sterf wie se lewens baie, baie meer werd is as die geld waaroor hulle staak.

[email protected] ·

ek is seker hulle betaal minder vir daardie taxies se lisensie as ek vir my 1100cc karretjie se lisensie. hulle betaal nie inkomstelasting nie, het die een of ander ooreenkoms met die guvie oor petrol en tolgeld dan word hulle nog toegelaat om paaie te versper en vandalisme te saai omdat hulle n minibus wil koop vir R12,99. bolle man. dis mos n demokrassie. wat een kry behoort almal te kry.

Johanna Botha ·

Hullw betaal ook nie toll gelde nie so wat betaal hulle eintlik …

Justice ·

Johanna dit is `n baie goeie vraag – hulle betaal sekondere belasting – op miljoene liters se brandstof aankope per maand, BTW op bande, voertuig parte (hoe slytasie weens km`s afgele) en voertuie. Word glad nie gesubsideer soos die normale pendelaars busdienste nie. Kan nie BTW terug eis nie omdat daar geen BTW op die taxi fooie gehef word nie. Risiko van bedrae kontant in voertuig asook huis. Buitensporige kontant deponerings fooie wat die Banke hef en op belasting betaal. Maksimum rente koerse 28% soos berrig tydens vorige staking teenoor gewone lenings vir motors waarop die banke belasting betaal. Weens die lang ure en buitengewone aantal km`s per maand wat afgele word beslis nie `n bedryf waarin ek wil wees nie al is die tolgelde ook verniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.