Taxi-stilstand afgelas

(Argieffoto: Courtney Africa/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) se beplande taxi-stilstand sal nie meer Woensdag plaasvind nie.

Santaco het dié gevreesde stilstand Dinsdag afgelas ná ʼn suksesvolle vergadering met die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering.

Maroela Media het vroeër berig Santaco het verlede week die stilstand aangekondig weens die “onregverdige” wyse waarop die Kaapse metro glo met taxi-operateurs in die stad omgaan.

Santaco was ongelukkig met die metro nadat taxi’s aan die einde van Januarie vyf dae lank in Houtbaai afgetrek is om te verseker dat hulle aan die nodige wetgewing voldoen.

Rob Quintas, die Kaapstad-metro se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, sê daar is tydens die vergadering ooreengekom dat Ricardo Mackenzie, die nuutaangestelde Wes-Kaapse minister van mobiliteit, ʼn taakspan sal byeenroep wat bestaan uit amptenare van die Wes-Kaapse regering en die leierskap van Santaco in die Wes-Kaap.

Daar is ook ooreengekom dat die metro se amptenare vir stedelike mobiliteit die spesiale reguleringsproses in oorleg met Santaco sal bespoedig en verseker dat bedryfslisensie-aansoeke vir uitreiking binne so ʼn kort moontlike tydraamwerk verwerk word.

Die Wes-Kaapse regering se departement van mobiliteit sal ook saam met Santaco werk om ʼn projek in werking te stel om minibustaxibestuurders te registreer.

Santaco het intussen ʼn kennisgewing aan taxi-operateurs en pendelaars uitgereik dat bedrywighede Woensdag normaalweg voortgaan.

“Ons mense kan nie ontwrigtings bekostig om by die werk te kom en kos op hul tafels te sit nie, en ons gemeenskappe kan nie weer aan die risiko van openbare geweld blootgestel word nie,” het Quintas ná die vergadering gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Snowball ·

Dis tog onregverdig om te verwag hulle voldoen aan wetgewing – het die wêreld en Kaapstad nog nie die memo gekry nie?? – reëls is vir ander mense, taxi’s is vry van enige wetgewing, belasting, padetiket en padreëls; dis bloot net reg dat hulle maak soos hulle wil. Dis die uitgangspunt van al die vorig benadeelde wesens, met die ANC as voorbeeld en dis hoekom SA ‘n MISDAADHOOL is.

Marius ·

Wat maak taxis so spesiaal dat hulle kan ry en maak soos hulle wil.
Hulle kry alles teen half prys of verniet en wie betaal daarvoor ?????????????

Frikkels ·

En daarmee word die regering se onbevoegdheid om terroriste bedrywighede te bekamp opnuut bewys. If you cant win them, join them! Ba!

Waarnemer ·

In die pre ’94 jare moes al wat n taxi(huurmotor),8+1 of wat hulle ookal genoem wil wees,n padwaardigheids sertifikaat asook n openbare bestuurspermit (vi passasiers) te alle tye in sy voertuig beskikbaar he sowel as sy (geldige) ( nie n gekoopte) bestuurders lisensie.Vandag hoef hy net sy gekoopte bestuurderslisensie en/ of n minimum bedrag vanR200.00 byderhand te he.

Watsenaam ·

SA is ISM. Ek lees sopas die berig oor die toestand waarin ons eens trotse vloot verkeer. NIKS, van krag sentrales, hospitale, paaie, nood dienste, weermag, vloot, – basies alles waarvoor die regering moet sorg word in stand gehou nie, Daar is ook nie eers meer iets soos korupsie nie want die regeerders verdien gewetiglik meer as wat SA se Bruto Binnelandse Iinkomste is. Hulle salarisse en getal ministers is die hoogste en die meeste as in enige ander Afrika land. Ons is wel die wêreld ver vooruit wat betoging, “gender” geweld moord roof rasse haat ens. betref. Mooi so! hou so aan julle will mos dieselfde as die kommuniste wees.

Maritza ·

Dis sleg uit vrees vir wat die taxis gaan doen dat hulle ingestem het

JohanR ·

Dis taxi’s het geweet wat vir hulle wag. Stad Kaapstad het net gese soe ver en nie verder nie, en was bereid om krag met krag te ontmoet.

Shakespeare ·

Nasionale sportsoorte van die ANC/EFF en stemvee.
1. Korrupsie
2. Diefstal
3. Moord en doodslag
4. Brandstigting
5. Verwoesting
6. Verkragting
7. Bende geweld
8. Betogings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.