Taxi stort by brug af op N3 neer

Foto: Rescue Care Paramedici

Foto: Rescue Care Paramedici

ʼn Gru-ongeluk Woensdagaand in Durban is deur paramedici as “totale chaos” beskryf nadat ʼn taxi by ʼn brug afgestort en op die N3-snelweg te lande gekom het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedici, het gesê dit is nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie, maar drie mense is beseer van wie twee in ʼn kritieke toestand is.

Foto: Rescue Care Paramedici

Foto: Rescue Care Paramedici

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat ’n motor en ʼn minibustaxi omstreeks 21:00 op die Tollgate-burg gebots het, het Jamieson gesê. “Die taxi het beheer verloor, deur die brug se versperrings geploeg en op sy dak op die N3 in die rigting van Durban te lande gekom. Die bestuurder is binne die wrak vasgevang en het ernstige beserings opgedoen.”

Hy het gesê die bestuurder van die motor is ook ernstig beseer en die brandweer moes ontbied word om albei bestuurders uit die wrakke van die voertuie te sny. Nadat hulle op die toneel gestabiliseer is, is albei bestuurders en ʼn passasier na verskeie Durbanse hospitale gehaas.

Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Taxis is besig om in elke moontlike denkbare soort van ongeluk betrokke te raak. Op die pad word daar ook gery op plekke en maniere wat net ‘n taxibestuurder tot in staat is.

Ruby ·

Taxis ry en doen net wat hulle wil. Ek dink hulle geniet dit as hulle ander motoriste sien kook oor hulle bestuursgedrag.

Hoekom word daar nie ook gekyk dat hulle kontrakte en betaalstrokies in plek is nie soos wat ons moet “comply”.

Daar moet ook UIF en belasting afgetrek word, maar nee omdat die base swart is, is dit nie van toepassing. Of mag ek dit nou nie sê nie?

Deloris ·

Plaas doen die regering so biekie navorsisng oor die hoeveelheid van taxi ongelukke en die bestuurs vermoee van die taxi bestuurders. Ek kry daardie passasiers so jammer.

Nico K ·

Ek is net bly die bestuurder self het seergekry. Dit maak my altyd so vies as daar ‘n taxi ongeluk is en ons hoor pasasiers is dood, maar die drywer het niks oorgekom nie.

Lies ·

Ek wens die polisie wil met die fees seisoen meer konsentreer op die ry styl en pad reels dan op spoed. Veral taxi bestuurders is die grootste oorsaak van alle ongelukke

Eddie ·

Nog n doodskus van die pad af. Die klomp narre in die taxi het geen gevoel vir ander se veiligheid nie. 80% van hulle koop hulle bestuuderlisensies dit is hoekom die goed ry soos wat hulle ry.

Annie ·

Taxis ry soos hulle wil – weet glad nie wat ‘n robot, stopstrate of geel lyne beteken nie. is altyd oorlaai, elke ongeluk hierdie dae kyk maar is daar ‘n taxi betrokke.

Gerhard ·

Taxies is die heel gevaarlikste risiko op die pad. Die oorgrote meerderheid passasiers is wit Christene. Wit van vrees en biddend heelpad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.