Taxi tref koeie: 9 mense verkool , 5 erg beseer

Foto: Verskaf.

Vyf mense is ernstig beseer en nege, onder wie drie kinders, verbrand toe die taxi waarin hulle gereis het drie koeie getref het.

Volgens Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die voorval Vrydag omstreeks 22:34 op die Nsumbeni-R538-pad tussen Hazyview en Witrivier plaasgevind.

Die taxi was volgens hom op pad na ʼn kerkdiens ten tyde van die voorval.

“Vyf ernstig beseerdes is na die Matikwane-hospitaal gehaas vir behandeling en nege  is verkool. Drie van dié wat dood is, was kinders,” het Mabuza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andre ·

Tragies. Maar beeste, varke, bokke en honde wat rondloop op paaie word nie meer geskut nie. Daar is nie meer heinings in die landelike gebiede langs paaie nie. Die regering sal weer die begrafnis betaal, die beseerdes besoek ens… Maar niemand sal die oorsaak aan spreek nie en ook nie die taxis nie. Dis gevaarlik om in Afrika in die aand te reis en veral in die areas.

Carel 2 ·

Dis diere hulle loop waar hul will die probleem is die diefstal van heinings……..

Jaco ·

nie net in “die areas” nie; ook langs die N2 snelweg BINNE die Kaapstadse Metropool. En die DA doen niks. So ek sidder om te dink wat aangaan in munisipaliteite onder beheer van ander partye…

Naar van my ·

Spoed, oorlaaide voertuig en moeë bestuurder… Waar is die verkeerdmense??? Gelikkig hulle eie beeste.

Donderstorm ·

Rondloper beeste is ooral n probleem en loop ooral oor die paaie tot in mens se jaart in en vreet jou plante op maar n mens mag niks daaraan doen nie waars die land wette oor dit? Hoeveel eiendom gan nog beskadig word en onskildage mense se lewens geneem raak voor daar indien ooit iets gedoen gaan word oor dit?

Johan. H. ·

Julle het gekry waarvoor julle gestem het,,,,n Piesang regering wat net in hulself belangstel…Hoekom is daar nie heinings nie…

Penellope Jones ·

Beslis nie lekker nuus om te lees nie.

As mens kyk hoe beeste deesdaein dorpe en in paaie rondloop omdat daar nie drade is nie , is dit seker onvermydelik dat sulke tragedies sal gebeur.

Wat dit uiteraard nie aanvaarbaar maak nie, dis die realiteit.

Penellope Jones ·

Tragiese nuus om te lees!

Probleem is net, met beeste wat nie meer agter heinings en drade is nie en die dorpe en paaie vol loop is dit verseker tragedies wat sal afspeel.

Uiteraard is dit totaal onvaarbaar, maar dit is die realiteit.

G.K ·

Die council most men’s e help so dat diere ongelukke nii plaasvind nie.help plaasboere en problem is oogelos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.