Taxi tref koeie: Dodetal styg verder

Foto: Verskaf.

Die dodetal in die gru-ongeluk waarin ʼn taxi teen drie koeie gebots het, het gestyg.

Maroela Media het vroeër berig vyf mense is ernstig beseer en nege, onder wie drie kinders, is doodgebrand.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê ná deeglike ondersoek van die oorskot wat in die taxi aangetref is deur patoloë by die lykshuis is dit duidelik dat daar 11 en nie nege oorledenes is nie.

“Dit is vier kinders en sewe volwassenes. Die ondersoek na die saak duur voort omdat die saak nog ontwikkel,” het Mabuza gesê.

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakelwerk in Mpumalanga, het vroeër  ʼn beroep op die polisie gedoen om die eienaar van die koeie waarteen ʼn taxi met kerkgangers aan boord gebots het, van strafbare manslag aan te kla.

Mabuza het vroeër gesê die voorval het Vrydag omstreeks 22:34 op die Nsumbeni-R538-pad tussen Hazyview en Witrivier plaasgevind.

Ngomane het gesê hoewel die polisie steeds die voorval ondersoek, moet die eienaar van die koeie ook aan die pen ry omdat die persoon nie sy of haar vee goed opgepas het nie.

“Vee-eienaars het ʼn verantwoordelikheid teenoor hul diere en moenie koeie sonder toesig laat rondloop nie, of hulle moet hulle in veilige plekke hou,” het Ngomane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Poppie ·

Nogal nuuskierig om te weet wie(of wat) die boer is. Duidelik nie die lokasie wat net buite ons dorp is se koeie nie. Want aan hulle word niks gedoen. Ons moet gereeld stop vir die boerbokke varke skape en beeste. Selfs op die snelweg is waarskuwingsborde van beeste…

msp ·

Vir soveel jare loop die beeste en bokke in die strate rond sonder toesig. Dalk doen die regering nou iets daaromtrent. Net jammet dat dit altyd ten koste van lewens moet wees.

Ai tog ·

Boere jaag mos moedswillig hulle vee in die pad.
Seker het die mens nog nie gehoor van vee wat deurbreuk nie.
In sekere woongebiede loop hoenders, bokke en beeste oral rond en niemand sê ‘n woord daaroor nie.
Hoeveel persone mag nou weer in ‘n taxi gelaai word ?

Dirk ·

Gangdrade word mos weggedra. Mense wat die paaie afkamp is mos dom en mors net geld. Kom ons leer die les

Johan Willemse ·

In die vorige bedeling het die Provinsiale Paaiedeparrement toegesien dat padreserwegrensdrade gespan word. Met die hulp van plaaseienaars is dit in stand gehou. In die huidige bestel is padreserwegrensdrade ‘n rariteit. Daar word nie grensdrade gespan nie en instandhouding, soos begroting daarvoor, is ‘n mite.
Die onderskeie LURe van Paaie in die onderskeie Provinsies behoort aangeklae re word. Hulle het nie die politieke wil om die paaie veilig te hou nie.
Op die Nasionale Padnetwerk, wat nie onder LURe se beheer val nie, is die situasie aansienlik beter.

Ben ·

Mmmm Nou wonder ek Tel dit net vir wit mense Wan t swart mense se koeie loop hele wereld vol

Sê maar net ·

Hulle wil die eienaar van die beeste aankla, maar wat van die taxi bestuurder? As ek my somne mooi maak is 11 oorlede en 5 ernstig beseer. Dit 16 mense en daardie taxi. Hoeveel sitplekke was in die taxi? Was dit oorlaai?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.