Taxi tref koeie: ‘Kla die vee-eienaar aan’

Foto: Verskaf.

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakelwerk in Mpumalanga, het ʼn beroep op die polisie gedoen om die eienaar van die koeie waarteen ʼn taxi met kerkgangers aan boord gebots het, van strafbare manslag aan te kla.

Maroela Media het vroeër berig volgens Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die voorval Vrydag omstreeks 22:34 op die Nsumbeni-R538-pad tussen Hazyview en Witrivier plaasgevind.

Vyf mense is ernstig beseer en nege, onder wie drie kinders, verkool.

Ngomane het gesê hoewel die polisie steeds die voorval ondersoek, moet die eienaar van die koeie ook aan die pen ry omdat die persoon nie sy of haar vee goed opgepas het nie.

Foto: Verskaf.

“Vee-eienaars het ʼn verantwoordelikheid teenoor hul diere en moenie koeie sonder toesig laat rondloop nie, of hulle moet hulle in veilige plekke hou,” het Ngomane gesê.

Hy het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om, indien hulle weet wie die eienaar van die beeste is, dit by die polisie te gaan aanmeld. Hy het ook vir die vyf ernstig beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

Verder het hy ook by die families van die oorledenes gepleit om geduldig te wees omdat beamptes nog die slagoffers deur middel van DNS-toetse identifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Carl ·

Die beeste op die pad in die omgewing en ook tussen Hoedspruit en Hazyview bestaan al dekades lank en baie mense het al op die grusame wyse gesterf.

Adri ·

Wat ‘n grap! Wat van al die vee wat rondom lokasies los rondloop en dikwels ongelukke veroorsaak? As jy die eienaar van daardie vee soek, is hy dood!

Ben ·

O jaaaa Nou skielik moet die uienàar gesoek word ma as jy een raak ry en dis Van hulle sin Dan het daai ni baas ni ma oja as dit witman sin is da moet hy betaal vir wat as hy Soos n beskaafde mens ry en nie Soos n hoelgin nie Sal da nie iemand dood wees been simpatie ni

Steenkool ·

Ja ek stem saam. Maak sommer n saak teen die staat, want hulle hou nie die heinings langs die pad in stand nie. Baie plekke het nie eens heinings nie.

Sonja ·

Dit gaan nou niemand se vee wees ni. Werk so. Hier op platteland loop diere los en as jy in een vas ry is dit nou maar jo probleem.
Eienaar sal swyg soos die graf, want hy weet mos nou hy sal ook moet betaal vir skade.

Ander Annie ·

Ja ry maar deur die landelike gebiede en kyk hoeveel koeie, skape en bokke loop daar verby rond. Sekhukhune, Dennis ton, KwaMhlanga, die ou tuislande. Lewens verlies is tragies, maar is die taxi bestuurder onskuldig?

Penellope Jones ·

Is daar draadheinings wat veronderstel is om die beeste weg van die paaie af te hou?

Hannelie ·

Ons bly in ‘n klein plattelandse dorpie en moet partymaal dood stop in die middel van die dorp wanneer die beeste of bokke oor die pad loop. Hulle loop selfs partymaal hier in die strate tussen ons huise rond.

Mariaan ·

Op die N1 tussen Johannesburg en Kroonstad loop daar ook gedurig diere. Dis ook nie net daar nie, diere en vee loop gedurig los langs snelweë en wei. Verkeersbeamptes en polisie sien dit, maar tree ook nie voorkomend op deur die eienaars te soek nie.
Losloperhonde en katte is net so probleem in stede.

Net Ek ·

Beeste beteken seker twee of drie tenminste. Ek ry in daai area weekliks en weet dat jy versigtig moet wees…. veral in die nag..

Vermeende ·

Kom ek vlans gou n stote aan mekaar uit opskrifte uit MM die laaste 24 uur.

N boer wil n klag van betreding le by die SAPD maar word weg gewys en nie gehelp nie, sewe mense betreder wandel op sy privaat eiendom rond en is moontlike plaas moordenaars wat heel waarskeinlik drade knip om toegang te kry. N taxi ploeg tussen beeste in wat moontlik deur geknipte drade toegang tot die pad gekry het, uit die hoogtes uit word daar nou n beroep gedoen om die boer aan die pen te laat ry maar die boer weet dat hy borg by n polisieman kan koop vir R1200 en dan kan hy weer n ander polisieman nader om die eerste te vermoor wat graag van oog getuies ontsla raak.
Hoekom sal die boer dit wil doe, want die SAPD is daar tot sy diens in alle kriminele sake.

Die Staat en die SAPD is regtig nie daar vir geen burger se veiligheid nie!!!
Gaan lees maar die artiekels self hier op MM.

LV ·

Sjoe,jou storie n paar keer gelees,maar dit is nog steeds onduidelik wat jy wil se!

Francie ·

Dis algemeen by ons om beeste wat doodgery is, langs die pad te sien. Ernstige gevolge van die motoris volg, sy voertuig moet herstel word, ens, ens. Afhangende hoe die bees raakgery is, word die karkas die res van die dag “geoes” – dele word sommer so vel en al afgesny.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.