Taxi tref meisie (8) toe sy pad oorsteek

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Agtjarige meisie is vandeesweek beseer toe sy die pad wou oorsteek en ʼn taxi haar raakgery het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het gesê hul paramedici is Woensdag om 15:38 na Pinestraat in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal ontbied in verband met ʼn voetganger-voertuig-botsing.

Die meisie is volgens Herbst op die toneel behandel vir matige beserings. “Sy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere ondersoek en sorg,” het Herbst gesê.

Die omstandighede rondom die voorval is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oujongvrou ·

Die omstandighede is dat mense net oor paaie loop en nie kyk nie. Die houding is dat motors net eenvoudig sal remme aanslaan.

OujongMan ·

Ek stem 100% saam, voetgangers maak soos hulle wil, moenie dat ek eens begin met die arrogante lot fietsryers nie.

Willie ·

Ek onthou in die 80’tigs, het jy n boete gekry as net oor die pad loop en die mannetjie was rooi… nie te praat van oor n pad loop in n stad, as dit nie n voetoorgang was nie… Ja en Taxi ry soos hul wil..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.