Taxi-voorsitter koelbloedig op sy rusbank doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die voorsitter van die Groter Stilfontein Taxi-vereniging is Maandagaand op sy rusbank in sy woonkamer doodgeskiet.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê Jeffrey Mbambane (55) het televisie in sy woonkamer in sy huis in Klerksdorp gekyk toe ʼn koeël deur die venster geskiet is en hom in die kop getref het.

“Ander familielede in die huis het ʼn harde geweerskoot gehoor en Mbambane in ʼn plas bloed in die woonkamer aangetref. Hulle het die polisie en die paramedici gebel. Mbambane is op die toneel dood verklaar,” het Ramaloko gesê.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Die motief vir Mbambane se moord is nie in hierdie stadium bekend nie, het Ramaloko gesê. “’n Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Ramaloko het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om kapt. Shadrack Mkhombo by 082 373 7781 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTAc ·

Noudat soveel taxi-eienaars vermoor word, sal ons regering en polisie dalk MOORD in ‘n meer ernstige lig beskou as tans!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.