Taxibestuurder deur taxi doodgery

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Taxibestuurder is Maandagoggend dood nadat hy deur ʼn ander taxi in Randburg getref is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Northumberlandweg plaasgevind. “Die taxibestuurder het glo uit sy taxi geklim om ʼn wiel op te tel wat van sy voertuig afgekom het,” het Botha gesê. “Die man was in die geel baan toe die ander taxi hom raakgery het.”

Paramedici het die man in ʼn kritieke toestand aangetref. Hulle het tevergeefs probeer om hom te stabiliseer en hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

nicolette ·

Taxis is n groot gevaar op ons paaie en moet sommer almal van die pad afgehaal word..

anet ·

Nicolette, Dit is elke dag se gebruik van die Taxi’s in Randburg om in die noodbaan(Geelstreep)
te ry. Ons het al baie gekla daar oor, maar die Ruiters van die Metro, skuil in ‘n sy straat naby ‘n wegneem ete plek, en is nooit sigbaar op die plekke waar ons hulle die nodigste het in Spitsverkeer nie. Almal weet waar hulle kuier plek is, dit is lagwekkend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.