Taxibestuurder gee hom oor ná grubotsing

Micayla Victor is op slag dood in die ongeluk in Sydenham, Port Elizabeth. Foto: Facebook

ʼn Taxibestuurder van Port Elizabeth het homself aan die polisie oorgegee sowat sewe ure nadat hy glo in ʼn ongeluk betrokke was waarin twee vroue dood en een beseer is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het Maandag omstreeks 17:20 gebeur in Kempstonweg in Sydenham, noord van die Baai se middestad, toe ʼn bestuurder na bewering ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het. “Dis nog nie duidelik wie nie; dit sal in die polisieondersoek aan die lig kom,” sê sy.

Luidens mediaberigte het die taxibestuurder van die toneel af gevlug. Naidu sê egter dis nog onduidelik waarom hy eers wel stilgehou het, maar hom toe ná middernag by die Mount Road-polisiestasie gaan oorgee het.

Paramedici het hard probeer om Celine de Ridder se lewe te red. Foto: Facebook

Van die drie vroue in die ander voertuig, al drie werknemers van Atlas Security, is Micayla Victor (19) op slag dood en Celine de Ridder (21) op pad na die hospitaal nadat paramedici haar lewe vergeefs probeer red het.

Juanita de Villiers is al een van die drie vroue wat oorleef het. Foto: Facebook

ʼn Derde insittende van dié motor, Juanita de Villiers, is in die hospitaal vir haar beserings behandel, maar Dinsdagoggend ontslaan.

Die vroue was almal op pad om van 18:00 af nagskof in die veiligheidsmaatskappy se beheerkamer in die stad te werk toe die ongeluk ʼn hanetree van hul werkplek af gebeur.

Naidu sê die verdagte het Dinsdagmiddag nog gewag om in die Baaise landdroshof te verskyn. Dis nog nie bekend of hy om borgtog aansoek sou doen nie.

Wayne Hart, Atlas Security se groepsbemarkingsbestuurder, sê die beheerkamer is verpletter deur die dood van twee van hul kollegas. “Hulle is ʼn baie hegte span wat om veiligheidsredes afsonderlik van die res van die kantoor werk. Almal ken mekaar en werk 12 uur op ʼn slag nou saam,” sê hy.

Hy vertel laas nag sou die laaste nagskof gewees het vir die drie vroue wat in die ongeluk betrokke was. Daarna sou hulle ʼn blaaskans gekry het.

“Dit was baie swaar vir die span wat so kort ná die ongeluk nagskof moes werk, maar hulle het hulle uitstekend van hul taak gekwyt,” sê Hart.

“Ons moes ander werknemers kry om op kort kennisgewing in te staan en het ook toegesien dat almal die nodige emosionele ondersteuning kry en sterk genoeg is om te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ander Annie ·

Absoluut tragies. Die wetteloosheid van taxi bestuurders moet ongenadig behandel word. Te veel mense gaan dood agv taxi bestuurders se arrogansie en wetteloosheid. Innige simpatie aan die bedroefde families. Pragtige jong mense wat in die fleur van hulle lewens weggeruk is.

Karl ·

Homself genoeg tyd gegee om nugter die polisiestasie in te stap. Nogsteeds gevlug van ongeluks toneel, en erger, waar mense oorlede is. Mag hy die swaarste, hardste straf ontvang wat daar is.

Donderstorm ·

Ja 7we ure so wat nou van bloed toetse as hy onder die invloed was?

Nico ·

As sy bloed langer as 2 ure na die ongeluk getrek word het dit geen bewyswaarde. Selfs al is dit dan bo die wetlike vlak, kan hy sê hy het na die ongeluk ‘n paar doppe gevat van skok.

pieter ·

Nee man, taxi drywers koop hulle lisensie vanaf wie weet ook al. Meeste het geen kennis van reels ens nie. Toets almal met kastige lisensies in die taxibedryf ek wet julle 95% het dit gekoop

Willehond ·

Bestuurder van taxi vlug van toneel? En die polisie weet nie watter bestuurder het die robot veronagsaam nie? Reik n beloning uit asb! Ek soek n paar rand!!

EP ·

Dis verregaande dat die polisie eers moet ondersoek wie die rooi lig verontagsaam het. Dis voor die handliggend. Baie tragies.

Spike ·

Dis niks anders as moord. As die rasse andersom was, was die aanklag moord.

Jacques ·

Spike – Ek stem saam met jou , dan moet ons ook nie vergeet van die plunder , brand en vernietig van struktuur as die maasa ongelukkig is nie . Miskien moet ons dit ook probeer en kyk wat gebeur dan . Baie sterkte aan die friende en familie .

Bees ·

@ Jacques, moet ook nie vergeet van die omgekoopte oog-getuies nie.

Wilma ·

Toe Malema waar is jy nou
. Kom vraa ook hier vi swaarste straf vi oortreder soos jy vi coligny oortreder svra.

Willehond ·

Nee Wilma ons sal nie wag vir stouter kabouter nie. Ons moet self dit gaan doen maar ons kan nie. Ons is ruggraatloos! Ons moet nog baie bloei voor ons gaan wakker skrik!

Roger ·

Terwyl politici, wetstoepassers en korrupte regstelsel taxi-bestuurders pamperlang, sal daar niks gedoen word omtrent die gewoonte-oortreders.

Helene ·

So siek vir hierdie Goddelose Land!! RIV pragtige Engele!!

Natus Ferreira ·

Vlug van toneel en gee homself 7 ure later oor…..
Om eers nugter te word?
Of om n maatjie met n geldige lisensie te oorreed om namens hom te gaan?

Eddy ·

En dis sulke pragtige vroumense.baie tragies.Taxi bestuurders is n wettelose spesie en hulle steur hul aan niks of niemand nie.Baie keer is die taxi bestuurder n ongeletterde persoon,dalk n gangsterlid of een of ander sosiale misoes so dit word weerspieël in sy manier van taxi bestuur.Sodoende is hy n gevaar op die pad

Jepetto ·

Om a Taxi bestuurder te wees is harde werk dis maklik 12to 15 uur agter die stuurwiel ek praat van kort roetes nie langafstand roetes nie .En niemand wil die werk doen nie so Hulle word ook min betaal

Skool taxi. ·

Ek kry so R5 per kilometer. My huishulp betaal al oor die R50 om net 20km te ry. Maal dit bietjie met 22passasiers. Meeste taxi bestuurdera doen nie onderhoud van taxi nie en betaal ook nie versekering nie. Padreëls is glo net vir mense wat minder hard werk. O, ja hulle kan nog drink op die job ook. Ek mag ongelukkig nie drink nie, moet by padreëls en landswette hou. My opinie, uit eie ondervinding

Anoniem ·

Liewe skool taxi

Die probleem is daardie taxi bestuurder kry nie die R50 vir homself nie. Hy gee dit amper alles net so aan die taxi baas. Dis hoekom hulle die taxis so vol as moontlik maak en ook so vinnig ry. Hulle wil die mense vinnig aflaai en nuwes oplaai sodat hulle ‘n bestaan kan maak

Sandy ·

Dis letterlik om die draai van ons. Minstens ‘n blok weg. Het die sirenes gehoor maar aangeneem dis’ n rooftog. Min wetend van die tragedie. Innige simpatie met die meisies se ouers en nabye familie.

Gert van Wierdapark ·

Stem heelhartig met jou saam Yankee. Baie taxi-drywers (hul bestuur nie) asook padvarke wat sperstrepe en spoedgrense in beboude gebiede verontagsaam asook rooi verkeersligte. Sommer so op pad skool toe met kinders NIE vas met veiligheidsgordels. Een van ons groot probleme in SA begin op die paaie weens wetteloosheid van padgebruikers met GEEN wetstoepassing om dit hok te slaan nie. Nee die Speedies kruip eerder agter advertensieborde en transformators weg om ouens te “skryf” om hul kwotas vol te maak. Bv op die hoek van Willem Botha en Mulders Mile in Eldoraigne by die 3 rigtingstop. Hul kruip om die hoek 100m verder weg en dis hul woord teen joune. Nota:dis nie suur druiwe van my kant af nie, want ek self is nog nie daar “gevang” nie. Weet die politici op plaaslike vlak ooit wat wetstoepassing op ons paaie is?

Michelle ·

My innige simpatie aan die twee meisies se familie mag God jul styf vashou en beterskap vir die beseerde meisie, vir die taxi bestuurder ek hoop jy kom voor die regte landdros dat hy jou vat as voorbeeld vir die lewens wat jy weggevat het en nog gevoelloos kom weg vlug en maak van jou ‘n voorbeeld met ‘n swaar straf.

ELTON ·

Die Taxi Bestuurder is VRYGELAAT vandag en het NIE in die hof verskyn nie.
Jammer vir die Brits, maar sit is Col.Naidu se direkte publikasie:
“The suspect [Ndike] was taken to court *however the state prosecutor opted for the investigation to continue before enrolling the docket on the court roll*. The suspect was released without appearing subject to ongoing investigation,” she said.
“Once the investigation is complete the case will go back to the prosecutor for a decision to be taken.”

Elize ·

Ek woon in Australie en het onlangs in Suid Afrika gekuier. Iets wat ek nogal opgemerk het is hoe vinnig die verkeersligte van kleur verander. Jy kan amper nie oor ‘n oranje lig ry nie, dan is hy rooi en net daarna groen vir die ander verkeer. In Austaralie neem dit langer vir ‘n oranje lig om oor te slaan na rooi, die interseksie is skoon voordat dit groen word vir die ander verkeer, miskien kan dit die botsings by kruisings verminder as die verkeersligte se oorslaan met ‘n ekstra 5 sekondes vertraag word.

JohanL ·

Elize, in teorie is jy 100% reg. Maar in SA? As die taxi bestuurders dit agterkom, gee dit hulle ekstra tyd om oor die rooilig te ry. Van watter kant af ookal. Die inherente probleem is geen respek vir padreels nie. Daar is mense wat grootword in ‘n kultuur waar respek nie bestaan nie – sien dan hoe geweld die enigste opsie is tot ‘n oplossing.

RN ·

Daar moet spikes uit die grond uitkom as ‘n lig rooi slaan. Miskien sal die wettelose arrogansie dan stop.

AH ·

Elize, ek dink nie die mense in Australia verontagsaam die padreëls so blatand soos hier nie. ‘n Langer tyd vir die oranje lig gaan niks verander nie, net nog gesien as ‘n kans om te ry en beslus nie om die kruising “skoon” te kry nie. Ek sien daagliks hoe omtrent niemand vir ‘n oranje lig stop of spoed verlaag nie, eerder vinniger jaag om die rooi lig te “wen”. Vir dié wat wel stop word daar soms toeter gedruk omdat hulle durf stop terwyl die lig geel is. Dit is die arrogante houding van die oortreeders wat sal moet verander en ek kan nie sien hoe dit gaan gebeur tensy hulle baie swaar gestraf word nie.

GM ·

Nee Elize, in S.A. gaan dit net maak dat nóg meer motors oor jaag, dit het in die meeste gevalle niks te doen met hoe vinnig die robot oorslaan nie.

Mary ·

Die Taxi bestuurder is weer vrygelaat gistermiddag…. wil die saak eers verder investigate voor hulle dit op die hofrol plaas.

Ryan ·

Eers gestop seker om te kyk vir fone en beursies. Toe gevlug. Ons DRING AAN op die swaarste straf moontlik. Sy verontagsaming het lewens gekos.

Frikkie ·

askuus, maar my eerste gedagte, toe ek lees hulle al drie werk saam vir n’ sekuriteits maatskappy……”is die botsing toevallig…of beplan”….? Afgesien daarvan; Jammer aan die families en die oorlewende wat die trauma gaan saam dra, dit was nou so onnodig!

JohanL ·

Dalk moet alle blankes in die omgewing opruk hof toe en aandring dat die bestuurder in aanhouding bly en vir moord aangekla word. Die regter daarop wys dat geweld kan uitbreek as hy vrygelaat word op borgtog.

Derick ·

Alles gaan oor geld. Taxi wil so vining as moontlik sy passasiers aflaai om so vining as moontlik weer die volgende passasiers gaan optel. Daarom word alle verkeersreels verontagsaam.

bgj van der westhuizen ·

as hy wit was dan was hy aan gekla vir moord as dit swart vroue was wat gedood het maar dit is wit en hulle sal se dit was hulle wat oor die rooi robot gery het en hy gaan niks oor kom nie wat hy het wit mense gedood wonderlike suid afrika taxi kan maak net wat hulle wil die sapd en verkeers doen niks om trend dit laat my wonder wat kry hulle uit die deel omdat daar so min gedoen word om die taxi tot order te kry

Andre ·

In Suid Afrika kan jy nie net ry as die lig groen is nie jy MOET seker maak die ander motors stop vir die rooi lig.

JoeV ·

Baie hardseer storie, en gebeur so vinnig. Ouers is nie vir sulke tyding gemaak nie. Sterkte.

Heksie ·

Sekerlik nie sy gewete wat hom gepla het nie.
Hyt gewag tot die 2 ure verby is om sy alkohol vlak te toets, toe gaan gee hy homself oor …. baie slim …. nou gaan hy seker net van manslag aangekla word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.