Taxibestuurder gevonnis vir passasier se moord

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 36-jarige taxibestuurder van Johannesburg is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn passasier.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê Mbuyiseni Mgaga is Maandag in die Johannesburgse streekshof skuldig bevind aan moord.

Mbele het gesê die taxibestuurder het Mhlonipheni Dlamini (32) op die hoek van Commissioner- en Von Wiellighstraat geskiet.

Die voorval het op 29 November omstreeks 23:30 plaasgevind.

Dlamini was ʼn passasier in die taxi en het glo stry gekry met Mgaga. “Hy het uit die taxi geklim en die bestuurder het hom een keer in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood.”

Die moord is met ʼn gelisensieerde vuurwapen gepleeg. Mgaga het homself op 30 November aan die polisie oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.