Taxibestuurder hou vol hy het nie advokaat gesleep nie

Kim McCusker en haar man, Lourens Grobler Foto: Facebook

Kim McCusker en haar man, Lourens Grobler Foto: Facebook

Die taxibestuurder wat Kim McCusker glo omgery en honderde meters ver gesleep het, het Dinsdag aangevoer dat hy nie geweet het sy is onder sy voertuig nie.

Matome Thamage het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en roekelose of nalatige bestuur. Die aanklagte hou verband met die voorval op 13 September 2011 toe Thamage McCusker glo omgery en sowat 700m ver gesleep het in Lonehill, Johannesburg.

Dit het glo gebeur nadat Thamage en McCusker se man (toe haar verloofde), Lourens Grobler, se voertuie in ʼn ligte botsing betrokke was. Die twee mans het glo in ʼn woordewisseling betrokke geraak, Grobler het glo een van die taxi’s se vensters geslaan en Thamage aan die keel gegryp. Thamage het glo in sy taxi gespring en weggejaag en McCusker glo omgery.

Thamage het Dinsdag onder kruisondervraging aan die hof gesê hy het eers in tru-rat gery ná die beweerde aanranding deur Grobler en dat hy in al sy spieëltjies gekyk het voor hy weggery het. Volgens hom het hy McCusker nie gesien nie en het hy eers agtergekom sy is onder die taxi toe ʼn veiligheidswag hom by die verkeerslig voorgekeer het.

Thamage beweer hy het weggejaag aangesien hy bang was Grobler gaan hom weer aanrand. “Ek was bang vir daardie man. Ek het nie geweet of hy gaan terugkom en my vermoor nie.” Volgens Thamage het hy niks vreemd gevoel toe hy weggery het nie.

Staatsaanklaer Samantha Manning het gesê dit is onmoontlik dat Thamage niks gevoel het nie. “Selfs al tref mens iets klein soos ʼn duif kan mens dit in jou motor voel.”

Manning het aangevoer dat Thamage met opset teen McCusker vasgery het aangesien sy reg voor hom gestaan het en daar geen manier is dat sy hom nie gesien het nie. “Jy het op ʼn roekelose manier bestuur met verontagsaming van lewe of eiendom,” het Manning gesê. “Dit is nie so nie. Dit was ʼn fout,” het Thamage geantwoord.

Grobler is van aanranding aangekla ná die voorval, maar die aanklag is later teruggetrek.
Die saak teen Thamage is tot 4 September uitgestel.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Kim McCusker op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

En jy gaan staan met jou volle 50kg lyf VOOR ‘n 2ton taxi…..en dink die taxi gaan stop? Waarom?

Martin ·

Kyk nou wat het meneer Grobler oor hulle gebring.
Hoe kan enige rêgdenkinde mens doen wat hy gedoen het? Daar is sekerlik ‘n saak teen die Taxie man, maar hoekom kom meneer Grobler nou los?
Ons kan nie die wetteloosheid in die land oordeel en ons tree ook verkeerd op nie.

zahn ·

Martin, ons het hier bo te doen met die beskuldigde se weergawe van gebeure. Grobler se vertoeë is nog nie aangehoor nie. Ek is ook oortuig dat Grobler nie homself “los” laat kom het teen die aanklag teen hom nie.
Ons het nog net een kant se weergawe, kom ons wag en hoor wat die ander kant sê?

Dave ·

Waar het jy gelees dat die taxi in beweging was en dat sy voor dit gaan staan het om dit te stop? My gevolgtrekking is dat die taxi stilstande was want daar was klaarblyklik ‘n ligte botsing. Lees gerus weer en stadiger die keer.

Martin ·

Zane, nie ‘n probleem nie. Ek is nie ‘n Rêgskenner nie, maar wat ek lees in die berig is die saak teen hom terug getrek. Of hy skuldig is of nie, volgens wat ek lees, bly dit wat hy gedoen het onverantwoordelik. Dan wil ek ook met Johan saamstem, hoe kan ‘n tingerige vrou van 50kg voor ‘n twwe ton voertuig gaan staan en dink sy gaan nie seerkry as dit sou begin beweeg nie. Ek glo ook die saak sal goed hanteer word en die staats aanklaer sal alle feite in ag neem. Hierdie is egter net kommentaar wat ons lewer op die berig.

Janine N ·

Sjoe…eerste lieg was dat hy ‘in al sy spieëls gekyk het’. Genade, onder die beste omstandighede ploeter hulle net voor ander verkeer in in klaar.

Theresa ·

Moet sê, spelling kan tog te snaaks raak met die outomatiese spell checker wat so wysneuserig als verander soos dit kamstig moet wees. Hier egter met nog ‘n geval van roekeloosheid te doen. Ek glo ook nie die man het enigsins in al sy spieëls gekyk nie (behalwe as hy himself bekyk het). Tensy hy een uit ‘n miljoen is wat korrek bestuur – taxi bestuurders doen dit net nie. Stoom voort en binne ander in; om goed wat dalk te hard gaan wees – bome, lamppale – maar selfs al is hul passasiers van vlees en bloed, pla dit hul min.
Arm hangend uit die venster; rooi oë starend – meestal orals behalwe in die pad; oor rooi ligte; oor sypaaie; ensovoorts. Ek is baie dankbaar dat ek nog nie deur een getref was of dat ek al een getref het nie. Nie doodseker dat ek nie ook sou uitspring en opgekropte irritasie en frustrasie teenoor die wettelose bestuursders sou uithaal nie. Sou selfs vergeet ek is ‘n pieperige ou vroutjie… Ek glo die taxibestuurder GLAD nie (my mening).

Ghost ·

Theresa stem met jou saam. Mens krop elke dag op oor hoe hulle bestuur dat die dag as hulle jou stamp is dit net die laaste strooi. As hulle soos beskaafde mense bestuur so die ongeluk 10 teen 1 nie gebeur het nie en so daar nie n bakleiery wees nie. Maar taxis bestuurders dink mos hulle is onaantasbaar en kan maak soos hulle wil.

Piet Pompies ·

Word genoen pad revolusie. Ons was so rukkie terug in JHB naby Golf Reef City in Main Reef road waar die Taxi’s sommer net in die linker baan stop en passasiers op en af laai, dieselfde met die inglybaan, blok die ingly baan, laai sy passasiers op en af net soos hy wil. Twee km’s verder staan die Metro Polisie, hier ry die Taxi wets getrou net om weer later te veral in sy pad revolusie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.