Taxibestuurder in hof ná ‘motor-swendelary’

motorsleutels

(Argieffoto)

ʼn 31-jarige taxibestuurder het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Polokwane, Limpopo, verskyn op aanklagte van bedrog, vervalsing en die uitgee van vervalste dokumente. Hy het glo meer as ʼn jaar gelede ʼn motor met vervalste dokumente uit ʼn motorhandelaar geswendel.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, het Dumisane Jan Mbokodo glo in November 2019 aansoek gedoen om motorfinansiering by Polokwane se Toyota-handelaar. Hy het egter die aansoek met bedrieglike dokumente ingedien.

“Die onderhandeling is deur die bank goedgekeur en die handelaar het ʼn voertuig ter waarde van R450 000 vir Mbokodo in Mpumalanga laat aflewer,” sê Malabi-Dzhangi.

Mbokodo is Vrydag in Mpumalanga deur die Valke in hegtenis geneem nadat dit glo aan die lig gekom het dat hy nie sy motorfinansiering terugbetaal het nie.

Hy sal na verwagting weer op 9 Februarie in die hof verskyn wanneer hy dan om borgtog aansoek sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.