Taxibestuurder in hof oor padwoede-voorval

Argieffoto ter illustrasie. 

’n Taxibestuurder verskyn vandag in die Johannesburgse landdroshof op aanklag van poging tot moord wat verband hou met ’n padwoede-voorval wat die naweek plaasgevind het.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn man (39) is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy op ʼn motoris geskiet en in die proses ʼn omstander raakgeskiet het.

Volgens Mbele het polisiebeamptes op patrollie ʼn geweerskoot gehoor waarna hulle ondersoek ingestel het.

ʼn Man in ʼn Toyota Corolla het glo parkering gesoek.  Die bestuurder van ʼn minibustaxi was agter hom en het op sy toeter gelê en op die motoris geskree.

“Die man het uit sy voertuig gespring om aan die taxibestuurder te verduidelik dat hy ʼn parkeerplek soek. Die taxibestuurder het ʼn vuurwapen uitgepluk en ʼn skoot afgevuur. Die motoris het egter in die proses sy hand weggestamp en die koeël het ʼn omstander getref,” het Mbele verduidelik.

Die omstander is in die voorval gewond en op die toneel behandel voordat hy vir verdere behandeling na ʼn hospitaal geneem is. Hy is later weer ontslaan.

Twee mense het glo op die toneel oor die vuurwapen baklei waarna hulle aangesê is om die vuurwapen neer te lê. Die polisie het ook op die taxibestuurder se bestuurslisensie beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

thelsa ·

Ons gaan nou nie ons asem ophou oor die verloop en uitkoms van hierdie aangeleentheid nie

se maar net ·

suid afrika is erger as aksie rolprente met ouderdoms beperkings van 18

erika ·

As hy ooit ‘n wettige bestuurslisensie het! Taxi bestuurders ry soos maniake..verontagsaam elke stop, sperstreep etc. sal seker op borgtog vrygelaat word.
Hy moet gestraf word dat hy nooit weer in sy lewe ‘n taxi mag bestuur nie. Die arme mense indie taxi, hoe moes hulle gevoel het!!

KG ·

So moeilik soos wat dit is probeer ek maar kalm bly wanneer ek bestuur, veral as dit by die taxi bestuurders kom, want hulle is waaragtig maniake met geen respek vir enige iemand nie!!

Jakalas ·

Wonder of die taxi bestuurder ‘n lesensie vir die wapen gehad het. By die manier hoe die artikel verloop, lyk dit hy het aan gesien hulle hom net aan kla vir poging tot moord en nie besit van ‘n vuurwapen sonder ‘n lesensie of ongelesensieërde vuurwapen nie.

Spark Plug ·

Dit wat julle nou lees sal vlg week nooit gebeur het nie…alles gaan verdwyn soos mis voor die son

Annakapat ·

Ek en my man was gister agter n motor waarin die vrouebestuurder en haar vroulike passasier deur n taxidrywer met n hamer aangeval is. Ons het probeer help deur toeter te blaas en is daarna geviktimiseer deur dieselfde taxidrywer wat op ons motor gespoeg en ons gevloek het … tot groot vermaak van sy passasiers. Mens is magteloos en uitgelewer aan hulle aggresie

Verskoning ·

Poging tot moord op twee mense! Padwoede se dinges. Hy het n skoot afgetrek om dood te maak!

Trojaanse Donkie ·

Gaan hy enige punte verbeur met nuwe AARTO wet, wonder maar net.

Jeremia ·

Padwoede is baie algemeen in SA. En géén verduideliking of redelik is betrokke by die aggressor nie.
Dié persoon soek net ‘n plek om te ontplof want die lont is superkort en vloek, skreeu, intimidasie en geweld is aan die orde van die dag.
Wees egter verseker dat bullebakke altyd sagte teikens soek.

Chris Ws ·

Hier sal niks van kom nie.Ek glo daai taxi bestuurder is reeds weer op straat .Ons sal nooit weer iets verder van die saak hoor nie.As hy ‘n wit vel gehad het was daar nou betogings ens ens ens en hy sou agter tralies gebly het.

Karolis ·

Die interresantste deel van die berig is dat die beamptes ‘n geweerskoot gehoor het.

Michelle ·

Hy gaan niks oorkom nie hulle is die wet hulle mag ry soos hul wil, staan soos hul wil, sonder lisensie ry soos hul wil, met skietgoed ry ook as hul wil, en as hul ongeluk maak dan verlaat hul gou die voertuig ook en bel die eienaar. Hulle het in dorpe vir hul eie staan plekke gevat betaal nie belasting nie daar is so baie om te noem maar hul kan as hul wil want die regering laat dit toe.

Julie Jansen van Rensburg ·

Veral taxibestuurders verkeer blykbaar onder die indruk dat hulle die pad waarop hulle droogmaak saam met hulle voertuig gekoop het en kan derhalwe maak en breek soos hulle wil. My vriendin en ek ry eendag winkels toe en moes regs draai, en die groen pyltjie flikker vir “regsdraaiers” terwyl die hoofrobot rooi was. Terwyl ons die draai begin vat, pyl hierdie taxi reg op ons af en moes my vriendin die stuurwiel nog meer na regs ruk, anders het hierdie meneer ons getref… van die ander motoriste wat gestaan en wag het vir die “reguit” ligte om na groen oor te slaan het hulle “toeters” laat hoor toe hulle gewaar wat kon gebeur het….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.