Taxibestuurder ʼn barmhartige Samaritaan ná ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Taxibestuurder het Saterdag twee seuns, 11 en 12 jaar oud, bygestaan wat deur ʼn motor getref en waarskynlik gesleep is in Pinetown, KwaZulu-Natal.

“Paramedici het omstreeks 13:00 by die toneel opgedaag waar die twee seuns in ʼn taxi gesit het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Hulle het glo met hul fietse gery toe hulle geval en ʼn motor hulle getref het.”

Vermaak het verduidelik die seuns is waarskynlik deur die voertuig in Circlerylaan in Wyebank gesleep. “Een van die seuns het verskeie brand- en skraapwonde opgedoen. Die tweede seun het ʼn erge snywond aan sy kop en ʼn moontlike fraktuur in sy arm opgedoen.”

Die taxibestuurder het kort ná die voorval by die toneel opgedaag en die twee seuns bygestaan. Hy het hulle in sy taxi in gehelp en nooddienste ontbied.

“Paramedici het die seuns behandel en na RK Khans-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Vermaak bygevoeg.

Die bestuurder van die motor is nog in skok oor wat gebeur het.

Die volle besonderhede van die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees gee my weer moed en ek haal my hoed af vir hom. Hy het nie vir ‘n oomblik gedink aan inkomste wat hy gaan verloor. Hoevele bestuurders van voertuie ry met oogklappe soos karperde verby ‘n ongeluk. Dis ook hulle wat dan naarstiglik kla wanneer hul nie gehelp word tydens ‘n insident selfs as dit net ‘n papwiel is.

Cherokee ·

Tinktinkie is reg – dit behoort nie nuuswaardig te wees nie want dit behoort die default optrede te wees van enige mens.

SNEL ·

So stukkie nuus gee mens weer hoop. Bly daar is sulke goeie mense daar buite, voel party keer of mens net omsingel is met boosheid.

KarooKlong ·

Dit is opbeurende nuus gemeet aan van die ander nuus op die blad.
Stywe handdruk aan die taxi bestuurder, hoop jy stem reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.