Taxibestuurder probeer met R20 omkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Minibustaxibestuurder is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte met R20 probeer omkoop het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die taxibestuurder is Maandagaand in Soweto in hegtenis geneem.

“Die beampte het die bestuurder in Elias Motswalediweg van die pad af getrek. Die bestuurder het nie sy taxipermit by hom gehad nie en het probeer om die beampte met twee R10 note om te koop toe die beampte hom wou beboet,” het Minnaar gesê.

Die man is op die toneel in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Orlando-landdroshof verskyn op aanklagte van omkopery en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

m ·

Wonder ma net as dit R2000 was of hy nog in hegtenis geneem sou word. R20 darem bietjie min vir bribe…… wat n grap!!!!

GES ·

Dit wys maar net hoe verrot ons samelewing geword het. Daar is geen respek vir die wet meer oor nie, gemeet aan die omkoopbedrag wat aangebied is. Die volgende taxie-bestuurder sal seker aandring om nie vervolg te word nie omdat hy ‘n voorheenbenadeelde persoon was.

Tonginniekies ·

“What was he thinking?” … dit neem gewoonlik R100 of meer. Laat dit nou vir hom ‘n les wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.