Taxibestuurder ry metrobeampte dood

(Argieffoto)

ʼn Taxibestuurder is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn in verband met die dood van ʼn beampte van die Tshwane-metropolisie.

Die voorval het Saterdagoggend in Summitweg by die R55 net voor Midrand plaasgevind.

Volgens sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het die beampte ʼn motor omstreeks 10:30 voorgekeer toe hy deur ʼn minibustaxi doodgery is. Die taxi het agter die motor gery wat van die pad af getrek is.

Die beampte is op die toneel dood verklaar en die taxibestuurder is onmiddellik in hegtenis geneem. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Mahamba het gesê die beampte se identiteit sal bekend gemaak word sodra al sy naasbestaandes in kennis gestel is.

“Die Tshwane-metropolisie wil graag ons meegevoel betuig met die beampte se familie, vriende en kollegas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Persheks Adri ·

Hierdie vervlakse taxi’s maak my sooooo kwaad! Regtig nou ry hy mense dood omdat hy kan, want die paaie behoort mos aan hulle pffft skraap die goed van die pad af!!!

Die Goodwoodianer ·

Gistermiddag op die h/v Voortrekkerweg en Vanguard-rylaan staan 5 taxis netjies in ñ ry agtermekaar bo-op die sypaadjie. Om dit te kroon, parkeer nog 2 ander sommerso in die linkerbaan op die hoofpaaie in die verkeer net ñ ent verder. Absoluut geen respek vir enigiemand nie. Dit bou op en bou op…

Persheks Adri ·

Hulle gee niks om vir ons mede pad gebruikers nie! Die paaie behoort mos net aan hulle en ons kan maar wag. Maak vir my naar verby ek kan nie ander taal hier gebruik nie glo my ek sal hulle soos ‘n sprokie laat klink pffft

Die Goodwoodianer ·

Doodstraf vir moord, verkragting en ontvoering. Tensy ñ moord uit self-verdediging en beskerming van onskuldiges is, en nie met voorbedagte rade uitgevoer is nie, móét en mág daar nie goedsmoeds uitsonderings gemaak word nie!

Wayne ·

Wat van die berig mens irriteer, is dat wanneer taxibestuurders blankes doodry of raakry, word hulle selde indien ooit onmiddellik gearresteer. Wat is die polisie en metro se verweer vir die oënskynlike diskriminasie?

Diertjie ·

Ek stem saam jou Wayne n rukkie terug is n skoolkind op die ou Johannesburg pad deur n taxi raakgery en die polisie ( 3 blokke van daar af) het 2 ure later eers opgedaag die taxi was glo haastig en het die toneel verlaat!!

Pieter J ·

Ek wonder ook hoekom kan taxidrywers nie altyd so vinnig gearresteer word as hulle mense soms met opset omry of doodry nie. Hierdie twee regstelsels wat bedryf word raak nou ń bietjie dik vir ń daalder.

Zombie ·

Ek het al dikwels gesien dat verkeersbeamptes motoriste op gevaarlike plekke aftrek, byvoorbeeld op ń draai en dan staan die beampte half in die pad wanneer hy/sy met die bestuurder praat. Dit kan bydra tot ongelukke.
RIP

Mariana ·

En taxibestuurder gaan heel waarskynlik niks oorkom nie want hulle word ook mos beskerm. More klim hy maar weer in taxi om sy volgende slagoffer te tref….

Anel ·

Ek wil graag hieroor komentaar lewer. Ek weet nie hoeveel van die mense hier ken daardie pad nie? Wel, ek ry nogal gereeld oor daardie kruising. Daar is weerskante van Summitweg ‘n middelman, op die R55. Nou, gereeld staan daar verkeersmotors en trek mense af. Hulle motors staan soms op die middelman of partykeer langs die pad. Dit is ook baie gevaarlik om daar af getrek te word, want die teer is baie hoër as die pad. Nou, verder spring die beamptes voor jou in. Die pad word dubbeld in die rigting van Pretoria maar is dubbeld in die teenoorgestelde rigting. Almal ry vinnig daar en daar is gewoonlik GEEN aanduiding dat daar ‘n padblokkade is nie. Alhoewel ek ook geen goeie woord vir taxi het nie, moet daar eers na hierdie omstandighede gekyk word. Ek glo nie die verkeersbeampte was so onskuldig nie. Maar ek voel ook jammer vir sy familie. Maar soos ek sê, ek ken daardie kruising en ek weet hie dit daar gaan.

Pieter ·

Verban alle Taxi’s en hulle unies. Daar is beter opsies.

Genis ·

Persoonlik dink ek die Taxi’s in SA is erger as die EFF.. hulle is wetteloos, onbeskof, rassiste, so kan mens heel dag met n lys aangaan… Ek stem as hulle wit skoolkinders dood ry, of raak ry, kom hulle letterlik weg met moord…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.