Taxibestuurder vas ná padgebruikers ingryp

Die motorfietsryer, glo ene Sean Nysschen, beduie in die video wat hy geneem en wat reeds amper 500 000 gekyk is, vir die taxibestuurder om terug te gaan en aan die regte kant van die dubbelpad te ry, nes almal anders wat in die oggendverkeer vassit. Skermskoot: Facebook

ʼn Video van ʼn motorfietsryer se volstrekte weiering dat ʼn taxibestuurder kortpad kies teen aankomende spitsverkeer, het daartoe gelei dat dié taxibestuurder vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is.

Maar Wayne Minnaar, hoofsuperintendent van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), sê sulke “heldhaftigheid” kan gevaarlik wees. “Die beste is om [wetteloosheid] aan te meld by die polisie in daai streek sodat die verkeersafdeling of metropolisie aandag daaraan kan gee.”

Sean Nysschen, wat glo die video geneem het terwyl hy standpunt ingeneem het teen wetteloosheid op die land se paaie, se Facebook-profielfoto verklap nie veel van sy identiteit nie. Foto: Facebook

Die video is Dinsdag op die Facebook-groep South Africa Uncut geplaas en intussen meer as 15 000 keer gedeel waarin die motorfietsryer, wat homself in die meer as 1 000 kommentare daarby as Sean Nysschen identifiseer, in Sloanestraat, Bryanston, langer as sewe minute botweg weier dat die taxibestuurder aan die verkeerde kant van die dubbelpad by hom verbykom.

“Waar de hel dink jy gaan jy heen?!” sê Nysschen aanhoudend vir die taxibestuurder nadat hy reg voor die taxi stilgehou het, terwyl die bestuurder onhoorbaar teëstribbel.

Later kan gehoor word hoe hy terugvloek, maar Nysschen staan vas: “Ons gaan heeldag hier wag. Gaan terug! Gaan terug! Gaan terug! Ek het baie tyd! Gaan terug!”

Enkele minute nadat die dooiepunt ontstaan het, kom hou ʼn bakkiebestuurder langs die taxi stil en sê vir die bestuurder: “Jy moet die reëls respekteer.”

Die taxibestuurder weier steeds om terug te gaan terwyl gesien kan word hoe druk verkeer skaars beweeg aan die teenoorgestelde kant van die dubbelpad, waar die taxibestuurder veronderstel was om te ry.

Ná langer as 7 minute draai die taxibestuurder teësinnig om en neem sy plek in die verkeer in. Facebook-gebruikers loof Nysschen vir sy kalmte en dat hy geen sweempie van rassisme getoon het nie. Skermskoot: Facebook

ʼn Vrouemotoris in ʼn silwerkleurige Polo kom hou ook langs die taxi stil en sê verontwaardig: “Jy stel ander mense se lewe in gevaar.” Weer verset die taxibestuurder hom teen hul versoeke, maar die Polo-bestuurder hou vol: “Dis nie regverdig teenoor almal op die pad nie.”

Eindelik, ná sewe en ʼn half minute, skakel die bestuurder die taxi aan en begin stadig agteruitry.

Duidelik kan gehoor word hoe Nysschen sê: “Dankie!” En nadat die taxibestuurder tot by die eerste sirkel agteruitgery het, sluit hy blykbaar daar aan die regte kant van die pad by die res van die feitlik stilstaande verkeer aan. Vir hoe lank hy daar gery het, kan nie op die video gesien word nie.

Johannesburg se metropolisie het bevestig die taxibestuurder is Woensdag in Sandton in hegtenis geneem en word aangekla van roekelose en nalatige bestuur. Foto: Facebook

Nysschen skryf in reaksie op die kommentaar op Facebook: “Dankie, almal, vir die positiewe terugvoering en ondersteuning. Verskoon my vuil mond; dit lyk my dit was net ʼn tydelike ding …”

Minnaar het Donderdagoggend aan Maroela Media bevestig dat die bestuurder Woensdag in Sandton in hegtenis geneem is en van roekelose en nalatige bestuur aangekla word. Hy sê beamptes het hom opgespoor op grond van die taxi se voorste nommerplaat, wat duidelik in die video gesien kan word.

“Ons soek nog na die [motorfietsbestuurder] in die video, want ons het ʼn verklaring van hom nodig,” het Minnaar gesê. “Hy het nog nie na vore gekom nie.”

Hy vra dat Nysschen ʼn verklaring by die polisie in Sandton aflê.

Facebook-gebruikers is in die wolke oor Nysschen se optrede. “Welgedaan, Sean, jy het ʼn wonderlike ding gedoen!” skryf ene Sarah Dawes Wardle. “Fantasties! Ek is mal daaroor! Welgedaan,” skryf die gebruiker Greg Thomas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Petrolkop ·

Dis goeie voorbeeld van: Gee hom gas, Pappie! Gee hom gas! I like, I like!!!

Lauren ·

Braaf, maar absoluut niks gaan met die taxi bestuurder gebeur nie. More doen hy dit maar net weer.

Cherokee ·

Nog een van daai ‘niks gaan gebeur nie’ kommentare.
Lauren, bly by die reëls en bly in jou baan. Moet nie teen die verkeer probeer verby jaag nie.

Elsje ·

Ek haal my hoed af vir die ou en die dame wat hom gehelp het. Die Taxi ouens doen dit oral, hul ry aan verkeerde kant van die pad en gee glad nie om vir ‘n ander se lewe nie. Die verkeersbeamptes trek karre af op die ou Jhb pad en 500meter voor dit maak ‘n taxi ‘n u-draai, stop in die “slipway” en ry aan die verkeerde kant van die pad??????

Leon ·

Ek het die video bekyk, en ja ek ondersteun die wat dit beveg.
Ongelukkig moet Wayne Minnaar op die regte plek begin – sy eie mense wat omkoop geld aanvaar of eenvoudig niks doen nie!
Hoeveel keer word sulke insidente dadelik aan die Metro lede gerapporteer, en daarkom net mooi niks van nie.
In Alberton by die afrit van Swartkoppies weg, sny taxis eenvoudig vanaf die links-draai eenvoudig voor almal in om dan regs te draai. Rapporteer dit, dan staan daar vir een oggend EMPD lede om te monitor, en daar gebeur niks nie. Môre is dit maar dieselfde storie.

Andrea van Vuren ·

Leon, ek ondersteun jou al die pad.Die arme Wayne Minnaar is gedurig besig om vure dood te slaan.

ANONIEM ·

Wel hou op om mense wat die fluitjie blaas se GESIGTE EN NAME EN ADRESSE EN TELEFOONNOMMERS in die media te verskaf .. as julle die mense se identiteite sal beskerm sal MEER mense vorendag kom . hoekom moet julle SELFS SY NAAM hier deurgee? Dit is onnodig .. wat gaan julle doen as die mense aangeval word omdat hulle die taxibestuurder gaan aangee het???

Annie ·

Presies! Hulle is wraaksugtig en sal hierdie man uitvat! Wayne Minnaar dis deur jou nikswerd amptenare dat hierdie situasies ontstaan! Wil sien of hierdie taxi bestuurder ooit aan die pen gaan ry

B-man ·

Ja. Ek verstaan ook nie hoekom hy ‘n verklaring moet gaan aflê as daar beeldmateriaal van die geval is nie? Enige konstabel kan na dit kyk en self die verklaring indien.

Willie ·

Jip en die metro polisie weet eindelik waar hulle so oortree… Taxi’s is uit beheer in die land… Hulle is mos bo die gereg… Ook nou vergeet baie geregsdienaars besit hulle ook…

Thys ·

Toy ek stem saam met jou WAAR het hy sy lesensie gekoop,as dit een van ons was is jy summier toegesluit en ni net soos hulle om di draai gery en weer afgelaai ni,jy mag dit ni doen ni hulle mag want die wet is teen ons en vir hulle is dit toelaatbaar

Grap Gat ·

Hy ry amper iemand dood en hy word aangekla vir roekelose en nalatige bestuur. Ek kan dink aan ander aanklagtes soos Poging tot moord, Wegjaag van ongeluks toneel, ens. Die Metro polisie stel die publiek teleur en kan beter doen as dit. Hoekom is hy nie toegesluit nie—-Omdat hy swart is?
Is hy getoets vir drank en verbode middels? Is sy taxi padvaardig?

GES ·

Die tyd het aangebreek dat die gewone burger nie meer apaties die toedrag van sake dophou nie. Dit beteken nie reg in eie hande neem nie maar weerstand teen wetteloosheid en korrupsie bied. Ek haal my hoed af vir die motorfietsryer wat sy eie lewe in gevaar gestel het om ander onskuldige padgebruikers teen hierdie boef te beskerm. Ons het meer sulke mense nodig. Politici gaan nie met hulle warm wind praatjies wet en orde herstel nie. Die mense op voetsoolvlak kan ‘n verskil maak deur weerstand te bied en te rapporteer.

Johnnie ·

In spits verkeer sal jy nooit n metro polisie beamte sien nie want hulle sit in die stasies en niks doen nie tot na spitstyd dan sal hulle besluit waar hulle gaan staan waar hulle die meeste bribe geld kan maak. Die meeste taxis behoort aan metro beamtes daarom kom hulle niks oor nie.

marous ·

As minnaar se mense hulle werk doen sal dit nie nodig wees vir gehoorsames om die gemors uit te sorteer nie

Charles ·

Hou ook ingedagte dat baie van die taxis aan verkeersmense behoort. Die bestuurder is net in HULLE diens en WEET daar sal nie teen hom opgetree word nie……

GES ·

Dit is ongelukkig ook waar. As dinge moes verloop het soos die verkeersdepartement dit wou hê sou daar absoluut niks van gekom het nie.

Tommie ·

Mnr Minnaar kan gerus kom kyk hoe wetteloos die taxibestuurders oor die rooi verkeersligte in Main Reefweg hier in Roodepoort ook oorjaag. Hulle sal geld kan maak daaruit! En as jy poog om as wetsgehoorsame te stop, wanneer dit oorslaan, moet jy oppas dat een van hulle nie nog binne in jou vasjaag nie. Al is die lig ook lankal rooi ry hulle net doodeenvoudig oor – sowat vir publieke vervoer, wat nog te sê veilig. Jy wat stilstaan en wag word sommer nog `n vingerteken ook toegevoeg!

Anna ·

Dit is nie slegs taxi bestuurders wat aan die verkeerde kant van die pad ry – sien gereeld in Wilro Park, Roodepoort ‘n verkeersbeampte – in sy amptelike voertuig – wat dit doen. Indien daar dan verkeer in sy pad is sit hy eenvoudig net sy sirene aan.

Stopstrate en rooiligte word glad nie eers meer raakgesien nie.

Aan die motorfietsryer en Polo bestuurder – DANKIE !!
dat julle standpunt ingeneem het.

honourable member ·

Waars die brawe motorfietsryer nou. Sonder daai verklaring gaan daar niks van hierdie saak kom nie en die polisie gaan nie eers n poging aanwend om n saak nommer uit te reik nie. En so kom hierdie mense maar weer weg met alles.

Foxi ·

N GOEIE VOORBEELD VAN HOE OM SAAM TE STAAN TEEN WETTELOOSHEID!
Dankie….my dag is gemaak.??

Staan saam ·

As almal net so sal saam staan soos daai vrou in die kar wat ook daar gestop het dan sal dinge hopelik begin verander.

christa ·

hy is maar een van die honderde wat bedags so roekeloos ry, want bestuur kan jy dit nie noem nie. As jy ‘n voertuig in die pad kan hou is dit nie bestuur nie. As hulle nie 20km ‘n uur voor jou aankruie nie, vat hulle kanse wat ander se lewens in gevaar stel.

Lee ·

Hierdie roekelose en nalatige gedrag is die norm deesdae! Dis absolute idiotisme.
Enige dorp, plek, straat, gebied.
Daar waar ‘n taxi ry gaan dit só. Daar word letterlik nie eers 10 meter gery met ten minste 5 oortredings nie !!
Ek sidder elke dag. My dogter moet gaan vir haar bestuurslisensie, maar ry saam my, sy is té bang om aleen op die pad te wees en ek vrees ook vir haar lewe.
Ek stem ongelukkig nie saam met Hoof-Sup Minnaar nie – en ek haal hom aan – :
sulke “heldhaftigheid” kan gevaarlik wees. Die beste is om wetteloosheid in daai gebied aan te meld sodat die metropolisie daar aan kan aandag gee.
Dit is nie die beste om dit aan te meld nie, want ONS ALMAL weet daar gaan niks van kom nie. Die taxi’s dink bloot net dat hulle UNTOUCHABLE is.
Waar is die wetgewing wat toegepas moet word – WAAR ??
Waarmee ek wel saamstem, is dat hierdie man HELDHAFTIG opgetree het en niks oorgekom het nie.
‘n soortgelyke situasie in Feb 2015. Vir die taxiryer gevra met handgebare wat dink hy doen hy deur verby my te skuur in die noodlyn, op ‘n reënerige dag nog voor sonsopkoms. Hy het gestop, na my toe gestap, my gevloek, my motor se fender ‘n duik ingeskop, en weggery. R7000 skade was vir my rekening. Saak aangemeld, ek WAG NOU NOG om iets van SAP te hoor.
Het ek reg opgetree deur dit aan te meld, Sup ??

Theresa ·

Absoluut. Die arrogansie van hierdie wettelose drywers (nie bestuurder se naam werd nie) voel ‘n veer vir lewens. Vuishoue teen motordak omdat hy nie toegelaat word om na jaagtog en klippe teen almal se voertuie geskiet van grondstuk links in te swenk toe padteken in sy pad is. AL my moontlike terughou moes uitgeoefen word. Hierdie drywers vier hooggety in ‘n land waar iemand wat net-net te vinnig ry, vasgevat word. Logika het verdwyn; dis ‘n reuse skande. Sies.

Manie ·

Pretoria het dieselfde probleem. Al meer en meer metro polisie word aangestel maar die probleem van bestuurders wat padreëls verontagsaam raak ooglopend meer. Die se vir my meer van die metro mense is besig om omkoop geld te vat. Ek hoor daagliks van mense wat omkoop geld betaal het by metro polisie

Jacques ·

Hy mag so ry want hy het die hele regering agter hom . Wat sal met hom gebeur , niks nie solank hy dit net nie weer doen nie . MMMMMMM

Gerrie ·

My voertuig is by n paneelklopper oor n taxi ongeluk en nou het ek n huurkar van die versekering maar verlede Donderdag staan ek op n robot toe stamp n taxi my van agteraf
sy baas se skakel die polisie en laat hulle maar met hom doen wat hulle wil needless to say ek het n accident report gemaak , Hy nie want hulle het nie versekering nie , ek moet nou die huurkar se bybetaling betaal .Dit is in PTA in stormvoel straat gebeur

Ryan ·

Die land het meer mense nodig wat opstaan teen mense wat die wet minag en andere se lewens in gevaar stel. Mooi gedoen, ek wens ek was daar om te help.

Staak saam ·

Privaat vervolging is die andwoord.
Alokeer 50% van die boete aan die lid van die publiek wat beeldmateriaal het met suksesvolle vervolging.
Werkloosheid sal afneem en ons paaie sal baie veiliger wees.

Bekkie ·

Nou vir watter rede sal sy gesig nie gewys word nie?
Hy was verkeerd en klaar.
Ek haal my hoed af vir die man op die motorfiets en die dame met die Polo.
Dankie julle.

Annelize ·

Vat hom Flaffie, vat hom!!!

Nie dat ek dink hier veel van gaan kom nie, maar dis nie temin ‘n goeie voorbeeld dat mens op jou regte KAN en MAG staan. My man het onlangs min of meer dieselfde gedoen met ‘n taxi. Die taxi bestuurder moes maar later noodgedwonge die aftog blaas en omdraai, my man het geweier om pad te gee vir die taxi, en gestaan waar hy gestaan het.

Well done Sean, I salute you!

Danie ·

Al daardie bestuurders wat verby gery het met hul groot bakkie en karre en nie gehelp het nie behoort hulle te skaam. As net 5 van hulle saam met die biker gestaan het sou daai taxi bestuurder homself en sy taxi vinnig verwyder het. Ons gewone gehoorsame padgebruikers kan baie vermag om hierdie tipe van gedrag te stop as ons net wil saamstaan maar nee ons het mos daai houding elkeen vir homself.

Antoinette ·

Vatso katvis!!!!!!
Sean jy verdien ‘n medalje!!! Well done!!!!! Ons het meer van joú gelyke op ons paaie nodig. Taxis het GEEN respek vir ander padgebruikers nie….

Zettie ·

Dit is so jammer dat daar so min mense was wat jou bygestaan het op die tyd toe die voorval plaasgevind het, maar ek skryf dit toe aan die feit dat mense te bang is om iets te doen en ook omdat hul dalk eers nie besef het wat besig was om te gebeur nie. Jy is ‘n held. Ek is net dankbaar dat jy darem niks oorgekom het nie, want dinge kon so anders uitgedraai het – mens verwag die ergste in SA deesdae……

Tannie ·

Wens ek kon vir Sean ‘n tjoklit koek bak om dankie te sê.

Johan ·

Danie – jy is heeltemal reg. Veral daai “groot sterk en fris” man in die groot bakkie wat stop, die taxi-bestuurder iets toesnou en dan…….. weer ry :) Kos toe ‘n vrou om die motorfietsryer te help. Maar ja, ek stem saam met jou.

Baie van JMPD se lede besit ‘n taxi – dit is hoekom daar so “sag” opgetree word teenoor taxis.

NouJaToe ·

Well done !! Dis al wat werk ,en ek stem 100% saam dis ń gevaarlike konfrontasie maar dis net so gevaarlik om brood en melk te gaan koop ..Iewers moet ons begin ..

thelsa ·

Metropolisielede is nie in spitstyd sigbaar nie. Verkeersbeheer is nie hulle prioriteit nie. Jy sal hulle vind waar daar vragmotors is waar hulle bribes kan neem. Het elke dag daarme te doen.

Theresa ·

Al dieselfde tipe ding gehoor. Paaie wat nie in voorstede is nie geniet nie voorkeur nie. Vanoggend in Pretoria – 3 taxis het na mekaar afgejaag verby ons wat stadig in die spitsverkeer maar wel beweeg het – oor die sperstreep die ander rigting se baan in.
Volspoed. Al daardie aankomende verkeer moes padgee. DIS ONREGVERDIG TEENOOR WETTIGE LANDSBURGERS!!! Meneer Minnaar, kan jy die klagtes wat ontvang word hanteer asb.!! Mens is waaragtig moeg, siek en sat vir hierdie argwaan van ‘n klomp publieke vervoer drywers. Swak. Dit moet ‘n werk wees waaraan sekere vereistes gekoppel word. Definitief sal byhou van padreëls en padhoflikheid en respek vir lewe vooraan die lys wees. Bring respek vir die verkeersbeampts terug asb.

Jaap ·

Nice.
Ag kom verkeersmanne en vroue.
Elk oggend op snelweg word daar in die sperstreep gejaag terwyl ons maar in verkeer moet sit om gehoorsaam te wees en orals anders.
Maar wat gebeur met hulle?
Niks nie.

Janosh ·

Dis nie die waarheid nie Wayne Minnaar. Ek het al by verskeie geleenthede aangemeld van presies dieselfde oortredings deur verskeie taxioperateurs in Main, tussen Witkoppen en Lonehill waaraan julle nog absoluut niks aan gedoen het nie.

Tokkolos ·

Sean as ek jy was sou ek nie eers n verklaring gaan afle nie
Hy gaan anyway niks oorkom nie
Maar ek luv die manier van jou dink en doen
Onthou jy is wit hul gaan jou toesluit

Tokkolos ·

Sean as ek jy was sou ek nie eers n verklaring gaan afle nie
Hy gaan anyway niks oorkom nie
Maar ek luv die manier van jou dink en doen
Onthou jy is wit hul gaan jou toesluit??

Johan H. ·

Nee. Wayne minnaar. Die publiek is gatvol vir julle wat jul gedra soos die kabinetskelms. Daarom begin wetsgehoorsame burgers rebeleer. Dit is ook hoekom ons jungle justice meer sien. Want as n witman iets aanmeld beteken dit nie veel nie. Maar hier MOES jule nou ongelukkig van jul alies af opstaan want dit is op die web!!!

Anti Taxi ·

Wayne Minnaar die publiek doen dit want julle doen niks. Gaan praat bollie op ‘n ander plek. Ek sien daagliks hoe die verkeers polisie lekker teen hulle motors rus met hulle dik agterente en kyk hoe die taxi’s oortree. En elke keer as hulle oortree en dit word op FB of die nuus geplaas dan gooi jy wette rond wat sê hoe onwettig die oortreder opgetree het. Ons weet dit is teen die wet Wayne Minnaar. Hou op wette kwoteer en doen iets daaraan.

Johan ·

Wayne Minnaar doen een ding goed en dit is praat, praat, praat, praat en nogmaals praat. Van optrede teen taxis? Zilch. Nada. Niks.

Jr ·

Ek het die video gekyk en in die begin gaan die motorfiets ryer om n skerp draai. Wat as hy hom teegekom het op die draai. Kon dalk n anderste storie gewees het. Kop aan kop? These people’s licenses should be taken away

Johan ·

Minaar se wense is net daar waar hul omkoop geld kan vat. Ek het geen respek vir speed kops nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.