Taxibestuurder vas ná tienermeisies se dood

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Die taxibestuurder wat Woensdagoggend drie tienermeisies wat op pad skool toe was in Durban doodgery het, is kort ná die voorval in hegtenis geneem.

Volgens lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, is die 33-jarige bestuurder op drie aanklagte van strafbare manslag by die KwaMashu-polisiestasie buite Durban in hegtenis geneem kort nadat hy die voorval by dié polisiestasie aangemeld het.

Maroela Media het vroeër vandag berig drie tienermeisies is dood en ʼn vierde kritiek beseer nadat hulle vanoggend naby die VN Naik Skool vir Dowes in Newlands-Oos in Durban deur ʼn taxi raakgery is.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-nooddienste, sê paramedici is omstreeks 07:15 na die toneel ontbied. “By hul aankoms het hulle ʼn slagting aangetref. Die vier tieners was op pad skool toe, toe hulle deur ʼn taxi getref is terwyl hulle die pad oorgesteek het,” sê Jamieson.

Volgens Zwane sal die bestuurder na verwagting binnekort in die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.

Mxolisi Kaunda, die KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, het sedertdien sy skok uitgespreek rakende die voorval. Kaunda het die polisie gevra om die ondersoek so spoedig moontlik af te handel.

“As provinsiale regering is ons hartseer oor die noodlottige ongeluk. Ons wil graag ons medelye aan die families van die oorledenes betoon en wens die beseerde leerder ʼn spoedige herstel toe. Ons gedagtes is met die ouers en die skool van die leerders gedurende hierdie tyd van rou.”

Kauna het ʼn beroep op motoriste en voetgangers gedoen om die padreëls na te kom aangesien statistieke daarop wys dat die meeste ongelukke aan menslike foute toegeskryf kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Piet ·

Ek dog hulle mag oor rooi robot ry want hul doen dit almal selfs in die teenwoordigheid van verkeers beamptes. Robots is mos in apartyds jare ingesit vir die wittes

Amanda Bouwer ·

Lalie waarvan praat jy? Ek het die onderhoud gehoor oor die radio met die 1 pa en hy is n swart man. Maar wat maak hul velkleur saak?! Dis n hengse tragedie!! Dai taxi moes baie vinnig gery het te oordeel aan sy voorkant!!

D B ·

Haal taxi’s van paaie af en siedaar, meeste probleme opgelos, maar nou ja…

IK ·

Te oordeel aan die taxi se voorkant moes hy ‘n merske spoed gery het.

IK ·

Te oordeel aan die taxi se voorkant moes hy ‘n merske spoed gery het. Links ver agter is die samedromming van mense.

Michael ·

Genade hy moes gejaag het kyk hoe lyk daai taxi dit lyk of hy in n trok vas gejaag het. Wanneer gaan hulle iets aan die taxis doen dit kan net nie so aan gaan nie vandag weer gesien hoe word n ou oom van sy fiets af gestamp en hy stop nie eers nie wys nog al middel vinger.maar hy ry oor die rooi lig.voel vir hierdie famielies

Karoodonkie ·

Dis regtig tyd dat daar regoor ons land weer verkeersbeamptes op ons paaie sigbaar is, en die taxies vasvat. Hulle doen net wat hulle wil op ons paaie. Hulle lok daagliks padwoede uit. Ry 20 km per uur in 60km per uur zones, om moontlike passassiers op te laai en lang rye voertuie hoop op agter hulle. Niemand kan verby ry nie want daars ‘n sperstreep en aankomende verkeer is baie. Dit veroorsaak ongelukke en padwoede wat soms lelike gevolge het. ‘ n Man het anderdag dwars voor taxi gestop en sy motor se sleutel afgevat en weggery. Ek eis as ek dink wat daardie dag kon gebeur het. Hou op om kameras oral te sit en mense te vang wat effens oor die spoed ry. Maak dit julle doel om die taxies vas te vat om sodoende ons paaie veiliger te maak. Of is die owerhede te bang vir hulle.

bosluis ·

Nee jong Karoodonkie, die verkeersbeamptes werk net kantoor ure en verder is hulle “seasonal workers” Plaas dat hulle sigbaar is tydens spitsverkeer soggens en in die middae, al is dit net om verkeersprobleme en bestuurders se gedrag waar te neem – dan sal bestuurders se gedrag ook verander en reg wees tydens die onderskeie fees seisoene – wanneer die verkeersdepartement weer werk

rooi ·

rerig, of die kinders rooi, wit geel of pers is. Drie lewens is ongelukkig geneem deur ‘n padvark

Stel ·

Almal is altyd jammer en betoon medelye maar niks gebeur verder nie. Dit beteken niks!!!! As wet en orde gehandhaaf word sou baie dinge nie gebeur nie. Dis te laat vir medelye.

leser ·

“taxi het hulle raakgery”, hy het hulle DOOD gery, hoop sy straf sal ook dit die moeite werd te maak

Hester ·

Nee dit is nie. Maak seker van die feite voor jy mense opstook

Cherokee ·

3 Aanklagte van strafbare manslag? Dit behoort 3 aanklagte van moord te wees plus poging tot moord mbt die 4rde meisiekind. Die rooilig is met opset verontagsaam en hy het geweet dat dit mense kan doodmaak. Dit het gebeur, so dit behoort moord klagte te wees.

Mari ·

Ek voel baie jammer vir die families van die kinders. Hulle was net oppad skool toe op ‘n gewone dag.
Ek ry self vroegoggend. net so na 6, deur Pretoria na my werk toe. Elke oggend, elke oggend moet ek versigtig oor die kruisings ry wanneer die verkeerslig in my guns groen is… want die taxi bestuurders het geen respek vir padreëls nie. Rooi beteken nie stop vir hulle nie. Busbane is ook tot hul beskikking, in verpligte draaibane mag hulle maar regoor ry, sit net hazards aan. Die 100 spoed plakker beteken seker dat hy nie onder 100 mag ry nie?
My vraag: waar is die Metro polisie? Sou hulle in Steve Bikostraat in Arcadia en by die kruisings van die hospitale wees, kan hulle baie, baie geld uit boetes verdien. O, ja, ek het vergeet, hulle slaap dan nog.

Sakkie ·

Ek dink die taxi is onskuldig wat soek hul op n snelweg te voet of hoekom kruis hul nie by n robot nie

KaterinaKat ·

Sakkie dit sou sekerlik nie hul veiligheid gewaarborg het nie want taxi’s steur hulle ook nie aan robots nie!!

Antjie ·

Ek wonder hoeveel van daardie taxi bestuurders het wettige lisensies….hulle ken hoegenaamd geen verkeersreels nie. Dit sal goed wees as hulle ondersoek word …maar dit sal seker nooit gebeur nie

Sanna ·

Sakkie jy is reg. Gewoonlik as iemand raakgery word was hulle voetgangers. So in hierdie geval mos ook. Die taxi bestuurder het dit gaan aanmeld by die polisie . So alle taxi bestuurders kan nie. onder een kam geskeur word nie. Dit klink of hy klaar skuldig bevind word. Dit help nie ons oordeel nie. Dit kan met enige een van ons ook gebeur.

IK ·

Volgens ‘n ander berig is hy deur ‘n rooilig waarna hy van die ongelukstoneel gevlug het en later by ‘n polisiestasie se opwagting gemaak het en daar in hegtenis geneem is.

Michael ·

IK dit is ook so op kyknet nuus berig.Hy was roekeloos!!!!!

Kanada ·

So as hy van die toneel gevlug het….. hoekom is daar n foto van sy taxi by die toneel? Of mis ek iets?

Kanada ·

Hulle kan mos sien aan wie die taxi behoort, so hoekom vlug?

wilma ·

Die hartseerste vir my was die gebroke lyfies onder die silwer komberse in die pad wat tydens ‘n nuusinsetsel vertoon is – so onnodig!

Willie ·

Wetteloosheid van die Taxi bedryf in SA gaan my te bowe! Gaan soek ook sommer die eienaars, van hulle is SAPD lede, Metro Polisie, ents… In Pretoria is die Taxi’s uit beheer… Hulle is mos soos die EFF in die land untouchable..

Veer ·

Lol Db. Die taxi kan nog op die toneel wees, hulle hardloop mos weg. Gewoonlik omdat hulle nie ‘n lisensie het nie en ook nie die eienaar van die taxi is nie. Hoe dit ookal sy, hy het homself gaan oorgee. Ja Sakkie en omdat die kinders op die snelweg was, waar hulle nie mag wees nie, verdien hulle om raak gery te word… Regtig, jy weet nie wat hulle omstandighede was nie. Ek haal my hoed vir hulle af om Suid-Afrikaanse paaie te trotseer en dit om ‘n opvoeding te kry, Hê bietjie empatie man, dit kan net van jou ‘n beter mens maak. Rus sag klein lyfies.

Mariana ·

Sanna en Sakkie jul siening van die saak maak my stom. Hy ry 3 kinders DOOD, beseer een, hardloop weg en gaan meld dan eers die ongeluk aan. Hy het miskien nie met opset die kinders raakgery nie maar hoe vinnig het hy gery dat hy hulle nie betyds gesien en gestop het nie. Hy het ook rooi robot oorgesteek. Nee hy het beslis roekeloos bestuur en moet nou die gevolge dra. Geen verskoning vir die optrede nie

Dries ·

Word mense getoets as hulle dagga rook? of net wanneer alkohol gedrink word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.