Taxibestuurder vas wat teen dieretuinmuur bots

Die minibustaxibestuurder is in hegtenis geneem na die voorval. (Foto: ER24)

Die Johannesburgse metropolisie het ʼn taxibestuurder in hegtenis geneem nadat hy teen ʼn muur van die Johannesburgse dieretuin vasgery het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê 16 mense is beseer nadat die minibussie teen die muur in Jan Smutsrylaan vasgery het.

Die voorval het gebeur terwyl sommige paaie afgesper was vir ʼn padwedloop in die gebied.

Campbell het gesê paramedici was omstreeks 10:30 op die toneel.

ʼn Vrou is ernstig beseer en is na ʼn private hospitaal vir verdere behandeling geneem. “Vier ander volwassenes is deur ons paramedici behandel en na die Hillbrow-kliniek geneem. Nog 11 ander pasiënte, onder wie ʼn baba en ʼn kind, is deur ander ambulansdienste op die toneel behandel,” het Campbell gesê.

Dit is in dié stadium nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die polisie en metropolisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leser ·

nou kry die taxi “drywer” ‘n nuwe toyota wat nog ‘n doodskis op wiele is
as die taxi “drywer” nie eers die stuk hoenderhok op pad kon bestuur het nie, wat gaan hy met sy nuwe doodskis maak

JohanR ·

Wat gebeur met hierdie taxi bestuurders as iemand dood gaan in ‘n ongeluk wat deur hy/sy veroorsaak is? Is hulle 24 uur later weer uit op borg, en dadelik agter die stuurwiel van nog ‘n skorrie morrie, reg om nog passasiers dood te maak?

Seemonster ·

Haai Siestog Christa.
Die lewe is seker maar ‘n uitdaging vir jou want enige iets wat nie mooi in jou boksies pas nie is seker vir jou ontstellend.
Vat maar 2 prozacs voordat jy uit die huis uit gaan . . . .

Carien ·

Christa, ons betaal om die pad te gebruik vir die tydperk van die wedloop, dus het ons die reg om dit te gebruik! Dis ons keuse om hardlopers te wees, nes dit jou keuse is om seker ‘n couch potato te wees. Kretiseer ons jou, nee. Ons hou ook by die padreels en luister vir die polisie en marshalls terwyl ons hardloop, nes die res van die padverbruikers veronderstel is om te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.