Taxibestuurder voor passasiers doodgeskiet

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo is tans op die spoor van twee verdagtes wat ʼn 37-jarige taxibestuurder Saterdag, ten aanskoue van ander passasiers, op ‘n kort afstand doodgeskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes het by Beitbrug saam met ander passasiers in die taxi geklim en reg agter die 37-jarige bestuurder gaan sit. Die taxi was na Polokwane onderweg.

“Toe die taxi nader aan Louis Trichardt kom, het die verdagtes die bestuurder aangesê om die Fort Edward-afrit te neem. Toe die bestuurder weier, het hulle hom in die kop geskiet. Hy is op slag dood,” het Mojapelo gesê.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die verdagtes het daarna uit die voertuig gespring en die bosse in gevlug sonder om enige iets uit die taxi te roof.

“ʼn Polisiehelikopter is dadelik ontplooi om te help met die soektog na die verdagtes. Die polisie is steeds op die toneel en die vermoede is dat die verdagtes nog êrens in die bosse wegkruip,” het Mojapelo gesê.

Hy het gesê alternatiewe vervoer word intussen vir die gestrande passasiers gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Wat word van ons mensdom, het hulle werklik soos diere geword, eintlik moet ou uitroep erger as diere geword???

Katryn ·

Die wilde weste is op ons!! En wat van die gremlins in Zim??? Snaakse dinge is besig om rondom ons te gebeur! Ons moet ons oe en ons ore wyd oop maak!! Goel en toor vir ‘n vale. Sangomas? Wie sal weet!

Penellope Jones ·

En dit net omdat die bestuurder geweier het om af te draai soos die verdagtes beveel het!
Wat ‘n skok vir die passasiers.
Dit het die bestuurder darem nou nie verdien nie.

wonder maar net ·

Nou wat is fout met limpopo??
Daar gebeur baie dinge in ander provinsies maar dit haal nie nuus ni???

Christa ·

Spaar die helikopter en kry polisiehonde. Hulle is vrekbang vir enige hond!! En hulle sal baie gouer uitgesnuffel word!!!

Ceward Thornhill ·

Moet asb nie ons diere te na kom nie, diere kan nooit vir die barbaarsheid van die mens verantwoording doen nie.

Ouvrou ·

Johann geen dier tree so op nie. Hierdie is n spesie op hulle eie.

piper ·

ja dit is nie net witmense wat gemoor word nie, swart op swart moord en ge weld is baie erger. vra maar enige swarte hoe dit daar in hulle woonbuurt gaan. lees maar net die koerand op maandae en sien hoeveel moorde was daar oor die naweek in die transkei. die meeste gevalle was drank en of dagga betrokke. so dis nie net limpopo nie, dis n landsprobleem. kry die buitelanders uit en dit sal al help.

Katjie ·

Stem saam ons diere baie meer beskaafd en hou hulle asb uit die prent uit
Die diere kyk mooi na mekaar en meer liefdevol en sommer voorbeeld vir huwelike vir baie van ons. Die mense wie so misdaad pleeg en moor…word meer dierlik by die dag. Skokkend en uiters skokkend!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.