Taxibestuurder vrygelaat ná grubotsing

Micayla Victor is op slag dood in die ongeluk in Sydenham, Port Elizabeth. Foto: Facebook

Die taxibestuurder wat homself aan die polisie oorgegee het ná Maandag se grubotsing in Port Elizabeth waarin twee vroue dood is, is vrygelaat.

Die ongeluk het omstreeks 17:20 gebeur in Kempstonweg in Sydenham, noord van die Baai se middestad, toe ʼn bestuurder na bewering ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het.

Die taxibestuurder het van die toneel af gevlug, maar homself ure later by die Mount Road-polisiestasie gaan oorgee.

Van die drie vroue in die ander voertuig, al drie werknemers van Atlas Security, is Micayla Victor (19) op slag dood en Celine de Ridder (21) op pad na die hospitaal nadat paramedici haar lewe vergeefs probeer red het.

ʼn Derde insittende van dié motor, Juanita de Villiers, is in die hospitaal vir haar beserings behandel, maar Dinsdagoggend ontslaan.

Paramedici het hard probeer om Celine de Rider se lewe te red. Foto: Facebook

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die saak is nie op die hofrol geplaas nie en die taxibestuurder is gevolglik vrygelaat. Sy het gesê die ondersoek na die voorval duur nou voort.

Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die dossier weer na die hof gestuur word vir aanklaers om ʼn besluit te neem.

Die vroue was almal op pad om van 18:00 af nagskof in die veiligheidsmaatskappy se beheerkamer in die stad te werk toe die ongeluk ʼn hanetree van hul werkplek af gebeur.

Wayne Hart, Atlas Security se groepsbemarkingsbestuurder, het vroeër gesê hulle is verpletter deur die dood van twee van hul kollegas. “Hulle is ʼn baie hegte span wat om veiligheidsredes afsonderlik van die res van die kantoor werk. Almal ken mekaar en werk 12 uur op ʼn slag nou saam,” sê hy.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Ryan ·

“…..aanklaers om ‘n besluit te neem…..” – Besluit te neem oor wat?! Hier is ‘n man wat twee blanke dames vermoor het (ja, MOORD, ons weet almal hoe ry taxis) vs Die Coligny twee wat onskuldig was en al die pad in aanhouding bly OMDAT IEMAND IN DIE HOF GELIEG HET?

sweiz ·

Sal Afriforum nou weer moet sorg dat geregtigheid seëvier, ek ondersteun Hellen Zille 100% met n belasting boikot want ons belasting word vir die verkeerde redes nl misdaad befondsing gebruik.

Cherokee ·

Julle mense met belasting-boikot stories bly in gebreke om te antwoord elke keer as ek vra hoe werknemers hul werkgewers gaan oortuig om nie belasting van hul salarisse te verhaal nie. Moet nie ‘n storie hoor en dit versprei sonder om daaroor na te dink nie.

Phillie ·

Stem 200% saam.
SARS gee nie ‘n flenter om as jy boikot nie hulle sit net elke maand wat jy uitstaande is boete rentes bysit

Arrie ·

Dit breek ‘n mens om so iets te lees.Dan kyk jy na die gevak waar die man die buurplaas se werker in die nag per ongeluk dood skiet en hy kry 6 jaar tronk straf???

Elsabe ·

Waarom is die saak nie op die hofrol geplaas nie?? Die taxibestuurder het dan gaan erken hy het oor die rooi lig gery. Is dit nie ‘n bekentenis nie?? Nou kan hy kans kry om te vlug en hierdie pragtige mense het gesterf!! Dit is absurt hoe die wette verdraai word !! Sterkte aan die familie

Gogga ·

Ai dis so hartseer. En dans die vrouens dames nog bloedjonk ook. Shoe mikayla maar 19 jr en celine 21. N jonge dame wiese lewe nou eers begin het.

Sterkte aan die dogters se ouers. Mag jul berusting vind in God se lefde en sy vertroosing.

Koos ·

Soos ek verstaan is daar nie n saak gemaak nie. Hoekom maak die ouers van die vroue nie n saak oop teen die taxi bestuurder nie. Dan moet hy vervolg word nie waar nie!

Adrian ·

Daar is ‘n saak van strafbare manslag geopen. Die staat is die klaer in enige geval waar ‘n persoon sterf weens ‘n motorbotsing. Waarom die saak nie op die hofrol geplaas is nie is ‘n besluit wat deur die aanklaer geneem word wanneer hy/sy die saakdossier lees. Indien die aanklaer van mening is dat die ondersoek onvolledig is en dat daar nie genoegsaam getuienis is om ‘n skuldigbevinding te verseker nie kan die dossier na die ondersoekbeampte terugverwys word met versoeke om addisionele inligting in te win en die dossier dan weer voor te le vir bevinding.

leser ·

@ koos;
dis die staat se plig om taxi bestuurder aan te kla vir roekelose, nalatige bestuur en van n ongeluks toeneel te vlug
wys jou net wat se gemors die wet stelsel in die dem land is

Anel ·

Die staat moet die saak open, strafbaremanslag. Aangesien die 2 dames dood is en hulle nie self die klagte kan lê nie. Dis die polisie se werk. As dit nou anders om was, was daar nou weer betogings.

James ·

Iemand spring van n bakkie af en sterf, 2 witmans vir moord aangekla. Taxi ry 2 witvrouens dood en word vry gelaat. So dis hoe dit van nou af gaan werk…

Boerseun ·

Toe die Boere detyds gevra het vir die herstel van die Boererepublieke, is hulle verguis deur wittes en die media. Vandag kan almal baie duidelik sien hoekom daar territoriale selfbeskking vir die Boervolk moet wees – ons word uitgemoor teen die spoed van wit lig!

H ·

Die staat moet bewys wie die bestuurder van die taxi was. Deur homself oor te gee het hy nie ‘n toelaatbare bekentenis gemaak nie en hy hoef ook nie enige erkennings te maak die. Die staat soek na ooggetuies wat hom op die toneel kan plaas. Die aanklaer het nie genoeg getuienis om die saak op die rol te plaas nie. Daar is getuienis van ‘n taxi en ‘n registrasienommer, maar niks oor wie bestuur het nie. Hierdie het niks met ras te doen nie. Daar is net eenvoudig nie genoeg getuienis om die taxi drywer met die ongeluk te verbind nie. Hopelik kry hulle die bewyse.

Koos Ubuntu ·

Ag twak man niemand het gesien dat die skelm van die bakkie af gegooi is nie, hulle word van moord aangekla. Rassistiese regstelsel

JohanL ·

H, as dit wat jy skryf korrek is, dan is ons in ons peetjie in. Maw ek kan ‘n moord pleeg, polisie toe gaan en myself oorgee. Maar omdat daar geen getuienis was wat die moord gesien het nie, gaan ek vrygelaat word?

Ek erken ek is nie ‘n regskenner nie, maar “oorgee” vs “bekentenis” vs “erkenning”. As die bestuurder wel ‘n bekentenis/erkenning gemaak het, het die staat mos nie getuienis nodig nie? Sal sekerlik help as hulle het, maar dit is nie nodig nie. Tensy die man natuurlik lieg en ‘n ander storie gaan gorrel het?

hercules ·

as voormalige Moord & Roof speurder is ek so dankbaar niemand kan my gedagtes lees nie

baie sterkte aan die twee families :-(

riaan ·

As hy wit was en hulle swart sou hulle hom vir seker nie laat gaan het nie.Belasting terug hou sal werk maar dan moet almal dit doen en dit sal moelik wees aangesien my werk klaar my belasting af trek.Nou vra ek waar is die DA ANC en al die groot bekke oooja dis wittes wat dood is hulle gee nie om nie.

tamboti ·

Hercules ek kan dit nie lees nie maar ek kan dit raai, of in meer formele taal: ek het ń sterk vermoede! Vandag se SAPD het nie die vaagste benul nie.

Genoeg ·

Ongelukkig woon ek te ver van Coligny en PE om hoegenaamd iets te kan doen of sê, maar ek wil tog vra, hoekom sit EFF 2 rye banke vol in die Coligny saak, maar ons wittes skitter in ons afwesigheid. ‘n Taxi drywer veroorsaak die dood van 2 pragtige jong meisies en weereens is daar geen wittes teenwoordig om hulle stemme te laat hoor oor geregtigheid nie. Ek vra maar net…..

JohanL ·

Genoeg, ek wil dit ook weet. Inherent is ons blankes te beskaaf om oor te gaan tot sulke (gewoonlik) geweldadige aksies. Maar ek moet erken ek is ook al keelvol (die beskaafde woord anders plaas MM dit nie) vir die geweldadige, rassistiese lawaai wat deur veral EFF lede by howe geskree word. So punt is – miskien moet ons blankes ook oorgaan tot sulke optrede.

Ek dink net die blankes kort iemand om sulke goed te organiseer, want die DA sal dit nie doen nie. Ek gebruik die DA as voorbeeld bloot omdat die EFF wat agter die swart optrede sit, ‘n politieke party is en ek dus ‘n politieke party gebruik as voorbeeld. Maar so ‘n organisasie kan net sowel spontaan onstaan met mense in elke groot sentrum wat sulke dinge moet reel. Met sosiale media kan mens baie vermag.

Esta venter ·

Was dit andersom sou die skuldige nie borgtog gekry het ni. Baie snaaks!

Dries du Toit ·

Cherokee daar is menige maniere om belasting te weerhou. Deur net enige lisensie gelde te weerhou gaan n harde slag vir die regering wees. Kom ons ondersteun net die beginsel en los die beraming van sulke planne vir die politici

Weier belasting ·

Ek stem saam – kom ons begin met weerhouding waar dit die maklikste is: TV-lisensies en tolgeld. Dit doen ek al dekades lank. Ons kan dan verdere manier identifiseer om nie die regime te sterk in sy kwaad nie, want onthou, hulle gebruik daai geld om ons te onderdruk en als gaan vir ander volke – ons mense kry feitlik niks nie!

Natascha ·

En daar kom die man weereens skotvry daarvan af, was dit nou andersom, het hy gesit. Dan is daar afgebrand en geplunder. Nee wat die wet is beslis nie aan ons kant. En in die land is geregtigheid nie baie belangrik, veral nie op sekere individee nie.
DIT GELD NET VIR SEKERE MENSE.
Hoekom sit hy nie ook,hoekom het hy van die toneel weg gehardloop, was hy besope>???

Johan ·

Blanke lewens beteken niks in die land nie. Als deel van die ANC en Cyril ‘witmense-hanteer-soos-om-n-pappa-in-water-te-kook’ Ramaphosa se plan om ons van alles te ontneem, selfs ons menswaardigheid.

honourable member ·

Ek is amper seker dat as dit n blanke bestuurder was wat 2 swartes se dood veroorsaak het sou hy nie eers n kans op borg gekry het nie. Hierdie land se wette is duidelik diskriminerend en wittes moet maar net altyd tevrede wees met dit.

Stripes ·

Uit gebeure in die verlede waar taxi’s paaie afsper ens het ek tot die slotsom gekom dat die taxi-bedryf eintlik die liggaam is wat padverkeer in die land regeer. Hulle doen wat hulle wil, waar en wanneer hulle wil en kry altyd hul sin, sonder enige reperkussies. Daarom verwag ek ook nie dat daar in hierdie geval enigiets sal gebeur nie

Leeu ·

Tyd dat ons ook by die hof begin staak, en die hof dwing om die swaarste straf te gee…en as hul vrylaat sal ons ook die dorp afbrand.

Laetitia ·

Tragies. Innige simpatie aan die familie.
Tot tyd en wyl ons wetstoepassers nie begin by die basiese bekamping van oortreders nie sal daar nie ,n einde aan kom nie.
Enige persoon wat ,n rooi lig verontagsaam, verkeer op ,n geel streep verbygaan ens moet daar en dan in hegtenis geneem word.
stywe boetes moet opgele word.
Dit help nie dat daar net met Paas en met die Fees seisoen duisende rande spandeer word op padveiligheid bewusmaking nie. Die verkeerspolisie moet ten alle tye sigbaar wees.
bring meer kameras aan by verkeersligte wat hierdie persone afneem en vervolg.
Dit is nou of nooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.