Taxibestuurders keer polisielede aan oor dwelms

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Minibustaxibestuurders het Vrydag verhoed dat polisiebeamptes ʼn taxistaanplek in Vereeniging verlaat nadat die beamptes glo dwelms op die perseel verkoop het.

Die voorval het tot die inhegtenisneming van ses polisielede gelei.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê plaaslike polisielede en lede van die Sedibeng-distrik was Vrydag saam met die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die gebied toe hulle by die taxistaanplek aangekom het.

“Die taxibestuurders was besig om twee ongemerkte polisievoertuie te verhoed om die perseel te verlaat,” sê Muridili.

“Hulle het die polisiebeamptes daarvan beskuldig dat hulle dwelms by dié staanplek verkoop.”

Die twee polisievoertuie wat aan die Sedibeng-distrik se openbare polisiëringtaakspan behoort, is deursoek en daar is op ʼn aantal dwelmmiddels afgekom.

“ʼn Houer met mandrax, crystal meth, dagga en 62 pakkies van die dwelmmiddel nyaope is in die motors gevind, asook verskeie motorregistrasienommers.”

Ses polisielede – ʼn sersant en vyf konstabels – is by die staanplek in hegtenis geneem.

Volgens Muridili sal hulle vir die handel in dagga en die besit van dwelms aangekla word.

Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Anton ·

Vergeet dit. Lyf straf op daai selfde staan plek toegedien deur lede van die publiek

Jacobus ·

Vergeet dit. Hulle gaan bevorder word en n kursus down om nie weer gevang te word nie.

AW ·

Bitter selde, dat daar skuldig bevindings Sal wees, maar tyd sal leer !!!

Misky ·

Net sodra mens dink jy het nou die ergste gehoor, dan duik so berig op en mens kan nie glo wat jy lees nie!!!! En ek wed julle, daai dwelms is nog bewysstukke in ander sake.

Jacques ·

Welgedaan aan Taxibestuurders. Die algemene taxidrywer het nie aldag die land se padverkeerswette onder die jnie nie maar so nou en dan bereik hulle ook maar breekpunt met wetteloosheid.

Elize ·

Verval moet erken word as Taxi bestuurders meer daartoe bydra om die land te beskerm as die polisiemag. Ek verwys ook na die Julie opstande laas jaar.

Adri ·

Wat is besig om in ons land te gebeur? Lede van die publiek wat normaalweg nie as die edeles in die gemeenskap beskou word nie, arresteer manne (en vroue?) van die gereg wat veronderstel is om misdaad te voorkom! Ons is ver heen.

Strandloper ·

Hulle begin wet en orde mis. Hooplik volg meer sy goeie voorbeeld.

Carel ·

Skielik het ek meer respek vir taxibestuurders! Mooi man, hulle verdien almal ‘n Bells!

JohanR ·

Nou word polisie voertuie gebryk om dwelms uit te verkoop! Goed soe taxi bestuurders.

SjN ·

Die lede kwalifiseer seker nou vir bevordering, hul voldoen aan Cele se minimum vereistes.

Waarnemer ·

Hou daardiem polisie lede dop…binnekort gaan hulle aan die hoof van die polisiemag staan…bevordering want hulle voldoen aan die regering se minimum vereistes…word n krimineel en kry n kabinterspos.

Yvonne ·

Wow taxi bestuurders meer integriteit as van die polisie lede…..aikona hier is nie meer salf te smeer nie

Hettie ·

Dis ‘n kwade dag wanneer taxibestuurders moet intree om onwettighede vas te vat. Ons land is besig om heeltemal te verval.

Miena ·

Goeie werk. Ek sien daagliks in die area waar ek woon die taxi-bestuurders en eienaars staan op teen sekere vorme van geweld en oortreding en sorteer die dinge dan en daar uit. Bewaar die een wat verkeerd gedoen het… want jy gaan kom les opse wanner die taxi-brigade jou aan die hande kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.