Taxibestuurders se ‘roekelose gejaag’ veroordeel

Argieffoto

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Maandag die gedrag en roekelose wyse waarop taxibestuurders in Gauteng bestuur veroordeel.

Dit volg ná ʼn video op sosiale media aan die lig gekom het waar taxibestuurders in Kyalami, noord van Johannesburg, jaag en hul passasiers om hulp skree. Een sosialemediagebruiker het egter gesê dit was nie ʼn versnelren tussen die taxibestuurders nie, maar een taxibestuurder wat wou wegjaag omdat hy ʼn roete gebruik het wat nie sy roete was nie.

Nkosi-Malobane het in ʼn verklaring motoriste, veral operateurs van openbare vervoer, versoek om versigtig op te tree om padveiligheid ʼn prioriteit te maak ná die voorval.

“Ek is baie kwaad en baie geskok oor hierdie roekelose bestuur en die gedrag van ons taxibestuurders op paaie in Gauteng. Ek veroordeel hierdie kinderagtige optrede ten sterkste.”

Hy het gesê ondanks verskeie padveiligheidsmaatreëls, is daar steeds ʼn toenemende aantal voorvalle van roekelose bestuur in Gauteng wat tot noodlottige ongelukke lei. “Die veiligheid van ons passasiers in ons openbarebestuurstelsel bly ʼn prioriteit vir wetstoepassersagentskappe.”

Nkosi-Malobane het gesê sy sal seker maak dat wetstoepassersagentskappe onverpoosd werk om die saak te ondersoek en seker maak dat die oortreders aangekla word van roekelose of nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

o ·

‘kwaad en baie geskok’ Siestog, ALMAL weet hoe taxis bestuur en nou is die LUR vir gemeenskapsveiligheid geskok. Word seker elke dag deur ‘n chauffeur oral rondgeneem en kyk nie links of regs om te sien hoe dit regtig in die verkeer gaan nie. Maak my naar

Snoefels ·

Dis moeilik om links en regs te kyk as jy vasgegom is aan jou iPhone/Samsung se skerm hehehe

snoefie ·

nie net in GP nie kangwyd. nege uit ti en minibus-taxibestuurder bestuur roekeloos. hulle is nog twee blokke weg dan kan hulle harde musiek al gehoor word. hoe hulle passasiers die geraas kan uitstaan gaan my verstand te bowe.

Vryheid ·

Ja wragtig wie is nou geskok om dit te lees. Word wakker man my magtig is julle blind.

Maya Roon Joubert ·

Al jare lank word daar so roekeloos bestuur Dank Vader uiteindelik ‘n lewendige passasier sê iets! Hopelik word daar aksie gevat- intussen kan ons die gedrag net werd versprei laat passasiers klagtes indien en sodoende die maniakke van ons paaie afhaal!

Danie ·

Wil jy nou meer hy gaan die wetstoepasseragentskappe vra om ondersoek in te stel. 80% van hulle is die eienaaars van die taxis. Dit is waarom daar so min of geen vervolging is.
Kyk maar na die ongelukke. 9 uit die 10 keer hardlooop die bestuurder van die taxi weg van die toneel af en niemand ken hom of kan hom op spoor. Hy het geen geldige bestuurs lisensie. Dogter was in botsing met taxi. Toe ek hom vra vir sy lisensie vir assuransie eis toe toon hy my n lisensie van iemand anders wat 2 jaar terug verval het.

Jan ·

Wetteloosheid. Pas die verkeersreëls toe. Ek sien 50 oortredings soggens voor ek 4 km gery het. En ruim 47 daarvan kom van minibus taxis.

Johan ·

Hoekom daar nog nie dieselfde sisteem as England met verpligte assuransie en punte teen jou bestuurderslisensie is nie gaan my verstand te bowe. Daar ry jy ordentlik want dit kos jou andersins.

Boertjie ·

Johan, alles goed en wel, maar hoe gaan jy dit toepas? Wetsgehoorsame motoriste is nie die probleem nie, maar die oorlaaide, onpadwaardige minibusse se bestuurders en eienaars gaan hulle nie steur daaraan nie. Hoeveel van dié het tans versekering, en wettige lisensies?

Schalk ·

Die Geagte LUR moet gerus ‘n draai kom maak vroeg oggend in DF Malan Rylaan in Pretoria
Daar is elke oggend ‘n wedren aan en Metro Polisie dra kennis daarvan..

wielie ·

Wonder onder watter klip die LUR weg gekruip het dat hy dit nou eer opmerk??

Bokkie ·

Ek het al die JMPD geskakel en gekla dat daar nie een enkele taxi by rooi verkeersligte stop in die oggende in Sandton, Katherine straat nie. In die middae as ek huistoe ry, maak hulle ‘n staanplek regby die verkeerslig waar ek moet indraai by Rivonia. Ek het verlede week vir die een bestuurder gevra of dit nie ‘nuwe’ staanplek is en hy sê toe vir my ‘ja’ en wat daarvan! ‘This is OUR country now”. En ek lieg nie. Ek het die Sandton Chronicle ook hiervan laat weet en hulle sou dit ‘ondersoek’. Let wel: die taxi’s staan regby die verkeerslig in die baan waar ons wil oor. Hulle staan nie uit die pad uit nie – en almal ry maar net verby hulle. Dis seker die beste, want jy weet nie wanneer jy geskiet gaan word nie. Dis jammer dat ons medeburgers so ‘wetteloos’ is.

Bokkie ·

Hi julle, wat my bekommer is, hoeveel van hierdie taxi’s het versekering? hulle veronagsaam ALLE rooi verkeersligte veral in Sandton. Hulle maak staanplekke BY die indraai van Katherinestraat in Rivonia! en almal ry maar net verby, asof hulle nie daar staan nie! dis verregaande!

Bokkie ·

NIEMAND gaan enige-iets hieromtrent doen nie. GEEN, nie een enkele taxi stop by EEN verkeerslig in die oggende vanaf Rivonia tot onder in Katherinestr nie. As ek namiddag huistoe ry, maak taxi’s hulle staanplek by die verkeerslig en almal ry maar verby want as ons iets sê, gaan ons sekerlik geskiet of met panga’s aangeval word. JMPD sal in elk geval ‘bribes’ vat sou hulle taxi-bestuurders stop. Dis mos die norm

Snoefels ·

NOU praat jy ! Ek eendag vir n geel lig gestop en iemand ver agter het getoot vir iets, ek nie geregistreer dit was vir my nie. In elk geval, twee blokke later sny n taxi aspris voor my in en my van die pad af gedwing voor hy verder aangejaag het, en net omdat ek vir n geel lig gestp het… scary stuff, dankie tof ek was in die werk bakkie en nie in my patetiese 1 liter karretjie nie, hy sou nie die offroad goed gevat het nie hehe

Scalla ·

die lur het geskruk en was geskok, as hy weer skruk, dan moet hy wakker skruk. Wat is nuus hiieraan, dit is gegewe feit dat hul so jaag.

foxi ·

Geel kantlyne is NET vir taxis…..sypaaitjies is NET vir taxis…..om mense af te laai by hoeke van robotte is NET vir taxis. Nood flikkers is NET vir taxis om te stop waar hulle wil. Om kos en pakkies uit te gooi by die vensters is NET vir taxis. Om op jou g……t te ry en jou aanspoor om vinniger te ry is NET vir taxis. Om aanhoudend toeters te blaas dat jy voel jy wil iemand se nek omdraai…is NET vir taxis. En om n moordenaar te wees en mense se lewens in gevaar te stel is NET vir taxis. Om sonder n bestuursliksensie en geen motor liksensies te hê nie en om met onpadwaardige taxis te ry…is NET vir taxis. So, waarom kla almal? KRY VIR JOU N TAXI……..probleem opgelos!

Hettie ·

Kry klaar om die taxi se sleutels by taxibestuurders te vat, as hulle roekeloos / verkeerd pad bestuur!!!! Want hulle is ongehoorsaam aan pad se reëls! Maak mens kwaad, wat hulle gedoen het!

Magda ·

Maroela, kan julle nie bietjie n artikel plaas waarin julle die Metropolisie se kommentaar vra nie? spesifiek oor die Taxis se onwettelooshied? Hulle ignoreer links en regsdraaibane in geheel en ry doodeenvoudig net voor die ander motors wat soos wetsgehoorsame burgers hulle beurt afwag, in en oor die robotte. En dan staan die metropolisie reg agter die oortreder, sonder om iets daaraan te doen. Ons almal is te bang om iets te doen of te sê want die massas heers mos

SARIE VAN HEERDENS ·

Ek stem met alles saam oor die roekelose ryery van taxi’s MAAAAAAAAAAAR wat van die regeringsmotors wat erger is. Verlede week het 10 (TIEN) swart voertuie met blou ligte van voor gekom, my van die pad gedruk en links en regs BY MEKAAR verbygery. Wie is so belangrik dat hy/sy TIEN veiligheidsmotors benodig?

PADGEBRUIKER ·

Geen wetstoepassing nie. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid moet ‘n beleidsverklaring uitreik wat die situasie deeglik aanspreek. My mening.

Theresa ·

Mr Sizakele – it is difficult to understand your shock about this. It has been proved many, many, many times on a daily basis, that the whole country is burdened by the extremely bad behaviour of these drivers. Taking the lives of all inside the taxi, as well as other’s on and in the roads as nothing to respect. I witness this hooligan behaviour more than 10 times daily – just going to and from work. Passing on the left; driving down a very busy road on the right side of the solid white line; cutting into long lines of traffic; driving over red robots; passing cars to turn into that lane in front of them; speeding; not using indicators; screaming and swearing at drivers not able to give way or not willing to disobey the law; actual hitting on my car’s roof because I cannot go anywhere stuck in traffic and the law breaker wants to move in from the left side – him speading off on the sidepath like a mad person! No, Mr Sizakele – don’t be shocked – just ask the Metro to give you the info. We are shocked that they are allowed to rule like this.

Leo ·

“Kwaad en geskok” ?? Regtig?? Dan ry hy duidelik nie elke dag in Gauteng waar roekelose en nalatige bestuur en wetteloosheid deur Taxi’s ‘n alledaagse verskynsel is nie. Jy durf nie iets doen of sê of wys nie, want dan word ‘n vuurwapen op jou gerig of jy word van die pad gedruk of geintimideer.

Annette Stander ·

Geskok? Nie net in Gauteng nie, oor die hele land! Hulle is almal doodskiste op wiele. Hulle minag enige padtekens en reels. Sperstrepe en zebrastrepe het vir hulle geen betekenis. Hulle prop die bussies vol, party mense sit op die vloer. Hulle jaag soos mal goed!

verwonner my ·

Ek is net te dankbaar om elke oggend lewendig by die werk te kom. Gelukkig werk ek elke aand laat en vermy die middag angs rit .
Die busse ry net soos taxis. En so volg die gewone gepeupel agterna…. Want wat klaarblyklik reg is vir een deel van die populasie…. Volg die volgende een blindelings na….. So ALMAL ry al soos taxis……

Kan daar nie beter “toesig” wees by groot besige interseksies, soos Sandton, Menlyn?

Ek noem dit BloedChaos

Teen die tyd wat ek by die werk kom wil ek eers klappe uitdeel…. Dis nie Wie ek is nie

Kobus ·

Maak nie saam waar in die land nie almal jaag so onverskillig. Enige manier om dit te stop is om die taxi association’s strafregtlik aan te kla vir hul lede se optrede en die mafia bewind stop te sit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.