Taxibestuurders vas oor onwettige vuurwapens

Argieffoto

Argieffoto

Vier taxibestuurders wat in besit was van drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, is in Woodmead deur die Johannesburgse metropolisie in hegtenis geneem.

Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar is die taxibestuurders Donderdagoggend omstreeks 10:30 tydens ʼn gesamentlike poging deur die metropolisie en die SAPS in hegtenis geneem. “Die operasie volg na taxigeweld sedert Maandag in die gebied, waarin een taxi verbrand is,” het hy gesê.

Die taxibestuurders sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

boer ·

Ek wonder of hulle die maksimum straf opgele gaan word? Want as dit nouweer blankes was,
was dit GROOT nuus. Dan was hulle seker besig met n ver regse komplot of iets?????

Hierdie bestuurders het die wapenwet oortree en moet tronkstraf opgele word,maar soos ons weet sal dit nie gebeur nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.