Taxidrywer skuldig aan verkragting van jong passasier

Argieffoto

’n Taxibestuurder is Woensdag in die streekhof in Port Elizabeth skuldig bevind aan die verkragting van ’n 14-jarige passasier meer as vier jaar gelede.

Die tienermeisie het in Maart 2016 saam met haar twee jong sibbe ’n taxi vanaf hul ma se huis in die omgewing van Port Elizabeth na dié van hul ouma geneem.

Hoewel die kinders se ouma ook in die omgewing woon, het Mongameli Jojo (34) hulle nie na haar huis vervoer nie, maar eerder na die begraafplaas waar hy die tienermeisie ten aanskoue van haar sibbe verkrag het. Die kinders het onophoudelik gedurende die verkragting gehuil.

Jojo het die tienermeisie boonop van haar tekkies beroof en gedreig om haar te skiet, hoewel hy nooit ’n vuurwapen op haar gerig het nie. Hy het daarna al drie kinders by hul ouma gaan aflaai.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak teen Jojo is tot 26 November uitgestel sodat ’n voorvonnisverslag en slagofferimpakverklaring opgestel kan word.

Jojo is in Maart 2016 kort ná die verkragting in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dries ·

Vier jaar later?? Dis goed dat hy ten minste in aanhouding was in die tyd, maar kan iemand asseblief vir my verduidelik hoe party sake so lank vat om af gehandel te word? (ek wil regtig graag weet, so ek hoop iemand met meer kennis oor die gereg kan vir my lig op die saak werp).

Danny ·

Tragies. Hoekom het dit so lank geneem vir die saak om afgehandel te raak? Die staat faal tot sy eie mense!! Skande! Jammer vir die jong kinders wat dit moes deurmaak.

Frank ·

NA 4 jaar moet daar nog ‘n voorvonnisverslag en slagofferimpakverklaring OPGESTEL word……..!!
Daar moet dringend ‘n waghond aangestel word sodat die howe vervolg kan word agv nalatigheid/onbekwaamheid/noem-dit-wat-jy-wil. Horner se een mordenaar was al 16 keer in hegtenis geneem tevore. Moordenaars word op borgtog vrygelaat, maar die Senekal boer kry nie borg nie. Malema was nog nie ‘n dag in die tronk nie, nieteenstaande al sy haatspraak ens ens. Ons Regstelsel is pateties verby!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.