Taxidrywer vas vir moord op polisieman

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Taxibestuurder is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn Oos-Randse polisiebeampte.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisiebeampte, konst. Matsi Jacob Manabile (30), was van diens af toe hy na bewering Sondagaand in ʼn rusie met die taxibestuurder in Diepsloot betrokke geraak het.

“Die verdagte het ʼn mes uitgeruk en die polisiebeampte daarmee in die bolyf gesteek. Die beampte is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het. Die taxibestuurder is op die toneel in hegtenis geneem,” het Dlamini gesê.

Die oorsaak van die rusie is nie bekend nie en word ondersoek.

Manabile was verbonde aan die Norkempark-polisiestasie in Kempton Park.

Die taxibestuurder verskyn Dinsdag in die Randburg-landdroshof op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bruno Stef ·

Ek is bly dat die wapen nou by name genoem word en nie weer as n skerp voorwerp beskryf word nie want n mes rig baie aan.Die “Weapon of choice” is gewoonlik n “OKAPI” knipmes het baie van dit afgeneem by misdadigers in my tyd.

Asjas ·

Ek het ook nie die woordjie “vermeende” gelees nie? Nou twyfel ek … het hy nou of het hy nou nie iemand dood gesteek met ‘n skerp voorwerp nie?
Op ‘n ernstiger noot, ek het in my jong dae nie geskroom om ‘n taxi wat my te na gekom het van die pad af te trek en uit te trap nie. Sal maar in die vervolg die pad woede wat hulle so daagliks aanvuur probeer beheer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.