Taxidrywers vas wat glo metrobeampte aanrand

Argieffoto

Drie taxibestuurders is in hegtenis geneem vir die beweerde aanranding van ’n beampte van die Johannesburgse  metropolisie (JMPD) ná ’n woordewisseling oor padversperrings.

Xolani Fihla, woordvoerder van die JMPD, sê beamptes het Donderdag in Delversstraat en Albertina Sisuluweg in die Johannesburgse middestad gepatrolleer toe hulle opgemerk het dat die verkeer opeenhoop.

Nege minibustaxi’s het in dié stadium in die pad gestaan en sodoende die pad versper.

“Die beamptes het die taxibestuurders genader en versoek om hul voertuie te skuif sodat die verkeer weer kon vloei. Die taxibestuurders het uiters aggressief geraak, gevloek en gedreig om die beamptes te skiet.”

Volgens Fihla het drie taxibestuurders toe een van die beamptes begin aanrand, skop en selfs sy wapen by hom probeer afneem.

Die beampte se hemp is in die voorval geskeur.

Die beamptes het nog hulp ingeroep aangesien die taxibestuurders in dié stadium van die ander taxibestuurders nader geroep het.

Die drie taxibestuurders is gevolglik in hegtenis geneem vir die aanranding van ’n wetstoepassingsbeampte. Die nege taxi’s is ook geskut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Wens hulle kan hierdie taxi’s van die pad verwyder, want hulle doen net wat hulle wil en kom weg met dit! Die regering is mos te bang vir hulle. Hoop van harte die klomp gaan ‘n voorbeeld van gemaak word! Net aanranding? Hulle dreig om jou te skiet en probeer wapens af vat. Nee wat die klagtes MOET erger wees en daar moet ‘n voorbeeld van hulle gemaak word

Sarel ·

Taximense … gaan niks gebeurnie en sal ook hulle Tzxis terug kry. Regstels is vir die Taxi mense

My siening ·

Hulle leer dit by Zuma’s en Malema want hulle weet hulle kom niks oor.

annie ·

Die kongressie met taxi-bestuurders gaan geen hond haaraf maak nie. Hulle sit op die ANC se kop en na bewering ook agter die grootskaalse treinvernietiging. Die spul gaan die land betaal-betaal vinnig reguit na die afgrond… en oor die kant.. help.

Eugene ·

En Fikile wil vir hulle ‘n subsidie gee? Moet ook nie die taxis skut nie, vernietig hulle

Car ·

Wat gaan hier verder gebeur. Sekere persone in ons land is ongelukkig bokant die wet en regstelsel

Nico ·

Vandat die taxi’s op die paaie toegelaat is, is daar net probleme hulle dink mos die paaie behoort aan hulle. Baie kom los deur ‘n bripe.

Hennie J ·

Die taxi kroonwild het nou te ver gegaan. My voorspelling is dat daar dadels gaan kom van die sake teen die drie want iewers gaan n ondersoekbeampte van hoedman se brigade of n aanklaer sy/haar blaas leegskrik vir n ‘boodskappie’ van nerens.

Veronika ·

Mooi so, dit sal hulle leer, hul dink mos hul kan die verkeer regeer, stop en ry soos hulle wil!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.